Vir menige Bosveld-oord inwoner, is nog ‘n luukse, naamlik die onafhanklikheid om self na die Thabazimbi Sakesentrum te stap ook nou iets van die verlede nadat die bruggie oor die spruit wat ‘n gerieflike kortpad dorp toe gebied het, se uitloop langs ‘n ry sakepersele toegebou is. Die inwoners van Bosveld-oord word nou genoodsaak om met Steenbokstraat af te stap, in Elandstraat in en daarna links te draai in Vanderbijlstraat, amper ‘n kilometer verder as wat dit normaalweg sou wees. Enigiemand of besigheidsinstansie wie die senior burgers kan uithelp met ‘n vervoersisteem, sal ‘n groot verskil in hul lewens maak.


Ek is bestuurder by ‘n tehuis vir
bejaardes in die karoo met die dorp se naam Loxton. Ek soek instansies besigheidsmense,assuransie maatskappye wat ons kan help om kamers te bou vir bejaardes – ons het groot grond hier by ons Tehuis. Skakel my 053 381 3130 of selfoon 078 281 0135