Categorized | General

Brandgevaar – wees voorbereid

Mnr Philippie De Beer voorsitter van die Potgietersrus Distrik Landbou Unie (DLU)  het gesê dat dit krities belangrik is dat grondeienaars by georganiseerde landbou betrokke moet raak veral met brande wat wydverspreid voorkom. Op Sondag 9 Augustus 2009 het ‘n brand op ‘n plaas uitgebreek. Die DLU is genader om te gaan help al was die persoon nie ‘n lid van TLU SA Noord nie. Daar moet nou oorweeg word om die grondeienaars wat nie ‘n lid is nie, te laat betaal vir dienste gelewer. Die persoon was ook nie ‘n lid van enige brandvereniging nie.
Chris Wagner van Warmbad het pas ‘n Brandvoorkomingshandleiding opgestel. Die sektorhandleiding is vir alle lede beskikbaar. Die sektordoelstelling is om alle Grondeienaars binne die Sektorgebied te organiseer in ‘n effektiewe vereniging wat die negatiewe gevolge van veldbrande beperk deur veldbrande te verhoed deur beplanning en voorkomende optrede asook wetstoepassing, waar nodig. Om waar ‘n veldbrand tog wel ontstaan, dit in die kortste moontlike tyd permanent te blus.
Mnr Jan Viljoen, voorsitter van TLU Noord, het georganiseerde landbou aangemoedig om seker te maak dat die korrekte proses in plek is om brande te voorkom en die brande wat wel ontstaan, so gou as moontlik te blus. Hy het weer gewaarsku dat brande nie noodwendig spontaan ontstaan nie en daarom moet die patrollies wat die Plaaswagte ry, ook as deel van voorkoming gesien word.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Jeep op Bakkerspas Thabazimbi Vloed 14.gif 4x4 Harvard formasie Kudu Quad Run SDC12115 Golf Kudu Quad Run Paragliding Kumba Nationals

Weather Forecast

February 8, 2012, 10:13 am
Sunny
Sunny
26°C
real feel: 29°C
humidity: 58%
wind speed: 0 m/s ESE
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 3 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools