Posted on 11 September 2009.
Hennie Pauw
POLOKWANE – After carrying out a brazen spree of robberies on numerous jewellery stores, including, presumably, Sterns Thabazimbi, Ronald Mabunda (35) and Peter Mavamba (34) were eventually brought to justice and sentenced to an effective 20 years imprisonment on 26 August 2009 in the Polokwane Regional Court.
On 15 May 2006 Sterns in Thabazimbi was robbed by two black male adults using the same modus operandi and matching the same description as Mavamba and Mabunda. However, the Thabazimbi case was not added due to logistical problems, and the local case, which was referred to Serious Violent Crimes, has therefore, technically, not been resolved.
The Court heard that during 2006 and 2007 numerous jewellery stores had been robbed at gun point by the robbers. The robberies came to an end when the two were arrested in April 2007 when they tried to rob jewellers at Savanah Mall in Polokwane.
Witnesses as far afield as Bronkhorstspruit and Makhado recounted how they had been tied up by the robbers before the store was robbed. They further told of the brutality of the robbers and near asphyxiation when, with their hands tied behind their backs, they could not breathe as tape had been wound over their mouths and noses by the robbers. One victim was eight months pregnant, but she too was forced to lie on the ground.
The Magistrate heard that although only 6 cases had been brought before the Court, other stores had also been robbed under similar circumstances. The Jewellers had not only lost thousands of Rands of jewellery to the robbers, but in addition hundreds of man hours had been wasted due to the robberies and the extended period the trial took to come to finality.
Posted in General
Posted on 11 September 2009.

Wind het die verwoestende brand wat Dinsdag en Woensdag naby Rooiberg geword het, aangeblaas.
Hennie Pauw
ROOIBERG – ‘n Algehele verbod op die maak van enige veldbrande is die afgelope week afgevaardig deur die Thabazimbiese Brandbeskermingsvereniging (TFPA). Dit volg op ‘n reusebrand wat Dinsdag en Woensdag op, onder andere, die Elandsberg Natuurreservaat en beoogde Meletse Gholflandgoed gewoed het. Die verbod duur tot die eerste reëns val.
Die brand het ontstaan nadat daar vermoedelik voorbrande gemaak is wat buite beheer geraak het. Groot gedeeltes van Elandsberg Natuurreservaat, asook ‘n vakansiehuis van een van die eienaars het afgebrand. Ook Meletse Gholflandgoed het baie skade opgedoen.
Die vakansiehuis, en dakke van buitegeboue, van dr Alan Kok in die Elandsberg Natuurreservaat, is deur die vuur verwoes. Die bome rondom chalets op Tembe Lodge (op die Nylstroompad) is afgesaag om te verhoed dat die grasdakke aan die brand slaan.
Dinsdagnag is daar dwarsdeur die nag gewerk om die vuur te beheer aan die suidefront. Die vuur, wat deur die wind aangeblaas is, het egter later weer opgevlam en aan twee fronte gebrand tot Woensdagaand laat.
Spanne uit verskeie oorde het bystand verleen met die brandbestrydingoperasie. Verdrag Polisiekollege het spanne gestuur om uit te help, Mabula Lodge het gehelp, plaaslike en brandbeskermingspanne van Bela-Bela het gehelp, sowel as spanne van Working on Fire (Marakele). Woensdagnag het Thabazimbi Brandweer daarin geslaag om die vuur op Tembe te help blus.
Teen Donderdagoggend was die brand pas onder beheer gebring en die omvang van die skade nog nie bepaal nie.
‘n Klag van brandstigting sal waarskynlik deur die polisie ondersoek word.
Buiten die huis op Elandsberg Natuurreservaat is heelwat skade aan die kleinwild (en moontlik grootwild) en infrastruktuur in die omgewing aangebring. Heinings het baie skade gely. Kragdrade, transformators, pompinstallasies, kabels en plastiese pyplyne by heelwat wonings sal vervang moet word.
Teen Woensdag het Eskom reeds begin met herstelwerk aan die hooflyne. Die hitte van die brand was so intens dat die teer in Eskompale vuurwarm geword het en omhulsels van kragdrade weggesmelt het, verduidelik Philip Nel, satellietleier van die Thabazimbiese Brandbeskermingsvereniging in Rooiberg.
Ironies genoeg is Rooiberg tans in die proses om hul kommunikasiestelsel te verbeter en Donderdag sou ‘n netwerk en radiokanaal ingestel word waarop alle lede kan inskakel. Dit sal die logistiese beplanning in tye van nood baie verbeter, sê inwoners, en het net te laat gekom (of die vuur te vroeg!).
Die gebrekkige kommunikasiestelsel met selfone en slegte radio-ontvangs in dié bergagtige deel het die beheer van hierdie vuur baie bemoeilik, sê Nel. Daar is egter skenkings bewillig vir die opstel van seinversterkers wat beter radioverbindings tot gevolg sal hê. ‘n Oproepkamer word ook binnekort op Rooiberg op die been gebring.
Volgens Nel is ander faktore wat die effektiewe hantering van die brand benadeel het, boere wat nie lede is van die TFPA nie. Gevolglik kan daar nie met grondeienaars kontak gemaak word en kommunikasiestelsels in plek gestel word nie. Toegang kan nie tot plase verkry word nie. Daar is dus geen hulp, en ‘n groot mate van onbetrokkenheid, by die vuurbestryding.
Daar is ook baie grondeienaars wat nie kennis dra van die bepalings van die wet nie en in gebreke gebly het om voorbrande en brandstroke te maak. Voorts is daar boere wat nie, soos wettiglik vereis word, bure betyds in kennis stel wanneer daar wel voorbrande gemaak word nie.
Die teensy van die situasie is egter ook waar, sê Nel. Daar is lede van die brandbeskermingsvereniging wat uit hul eie hulp aangebied het. Van hulle, sommige is slegs op besoek daar, het bystandspanne op die been gebring. Goeie bande met aangrensende brandbeskermingverenigings was ook van groot waarde.
Wildboere wie uitstekende brandvoorsorg getref het met nodige toerusting, brandpaaie en toegang, vergemaklik weer die beheer van wegholveldbrande en teenoor hulle is hy baie dankbaar.
Een van die probleme wat ondervind is dat nooddiensvoertuie nie toegang kan verkry tot plase nie, as gevolg van die grootte van die hekke. Volgens Renette Lategan, van Thabazimbi Rampbestuur, moet grondeienaars hierdie faktore in ag neem wanneer toegang tot die plase beplan word.
Posted in General
Posted on 11 September 2009.

Die wenners van Northam Hengelklub se maandelikse kompetisie was (agter van links) Judith Pretorius, Mariëtta Botha, Gerald Burger, Ronaldo du Toit, Willie van den Berg, Armand Pretorius, Charl le Roux en Demsie du Toit. Voor is Alicia Jacobs en Johan Niemann. Afwesig: Ellen Evert.
NORTHAM – Die Northam Hengelklub het die afgelope naweek sy maandelikse kompetisie in sonnige weer by die Konsentratordam gehou. ‘n Paar grotes is uitgetrek.
Die wenners is bepaal deur die drie grootste spesies. Die hengelaar met die grootste barber is eerste, met die grootste kurper tweede en met die grootste karp derde.
Die Seniors Afdeling is gewen deur Gerald Burger, tweede was Demsie du Toit en derde Willie van den Berg. Die Dames Afdeling is gewen deur Mariëtta Botha, met Ellen Evert in die tweede plek en Judith Pretorius in die derde plek.
In die Juniors Afdeling het Ronaldo du Toit beide eerste en tweede plekke verower met Charl le Roux derde. Armand Pretorius was die wenner in die Penkoppe Afdeling, Alicia Jacobs was tweede en Johan Niemann derde.
Daar is altesaam 649 visse gevang met ‘n gewig van 416.77kg deur die altesaam 41 deelnemende hengelaars.
Posted in Sport
Posted on 11 September 2009.

Leon van der Watt, op wie se plaas die Wildbelangegroep se praatjie oor passiewe vangkrale plaasgevind het, het ‘n meer permanente vangkraal opgerig teen relatiewe lae koste.
Hennie Pauw
THABAZIMBI – Passiewe vangkrale stel wildboere in staat om self wild te vang en baie meer selektief te werk te gaan ten opsigte van die wild wat gevang word.
Dit was een van die hoofboodskappe by die onlangse vergadering van die Thabazimbi Wildbelangegroep in Sentrum op Woensdag 26 Augustus op die plaas van Leon en Selma van der Watt. Die hoofspreker was dr Wilhelm Schack.
Volgens dr Schack kan ‘n meer bekostigbare en selektiewe manier van wildvang ‘n nuwe era inlei wat ‘n “kultuurverandering” in die wildbedryf teweeg mag bring. Wildboere kan, onder meer, ‘n reusebydrae maak tot proteïenverskaffing aan Afrika. Die goedkoper vang en vervoer van wild bring ook ‘n groter finansiële lewensvatbaarheid vir die bedryf. Natuurlik wil die wildvangers hom kruisig, sê Schack.
Daar is egter baie om te leer en elke spesie se gedrag verskil. Passiewe vang van wild is ‘n tydsame proses, van die opstel van die kraal tot die kondisionering van die diere. As dit goed hanteer word, word min stres op die wild geplaas en min verliese vind plaas.
Die vangkraal, wat gewoonlik vir ‘n ruk in die veld is sodat diere daaraan gewoond raak, word naby ‘n water-, voer of lekpunt opgestel met pale, kabels, gordyne en hek. Dit is min of meer tregtervormig met soveel as moontlik natuurlike plantegroei binne en gordyne en afskortings binne die gang. Met die nodige afskorting kan die diere gesorteer word in, byvoorbeeld, manlike en vroulike groepe en ongewensde individue kan losgelaat word. Dit is meestal beter om manlike en vroulike diere apart te vervoer.
Die beginsels is om elke dier so vinnig moontlik in ‘n klein donker plek te besorg, te kalmeer (met nodige middels), te sorteer en in ‘n spesifieke rigting te laat beweeg.
Vangkrale moet só ontwerp word dat hanteerders die wild van bo-af kan besigtig en hanteer.
Vir enige verdere navrae oor die Thabazimbi Wildbelangegroep kan die sekretaresse, Jenny Rossouw, by Ekowild geskakel word op 014 777 1814.
Posted in General
Posted on 11 September 2009.

A brown hyaena bathing
THABAZIMBI – A British student, Louisa Richmond-Coggan, has chosen to come to South Africa to live, work and study the brown hyaena.
The brown hyaena has become absolutely fascinating to Louisa, who’s currently conducting her three year Ph.D. on them, in collaboration with the University of Pretoria, over the past year. The project covers a vast area from Rustenburg and Pilanesberg National Park to Madikwe Game Reserve and the most importantly of all, the farmland in the area surrounding Thabazimbi and across the Limpopo Province.
The aim of the project is to understand the difference between the brown hyaena inside protected areas and the ones that roam free throughout the farmland of the Limpopo and Northwest Provinces. There have already been three hyaena collared using GPS collars inside Pilanesberg National Park with one soon to be put on a brown hyaena inside Madikwe Game Reserve.
The brown hyaena is an intriguing animal that is very secretive, rarely seen and scavenges 95% of its food. It is nature’s waste disposal unit getting rid of all the rotten meat and bones. The brown hyaena only hunts 5% of its food and even then is highly unsuccessful as it lacks the necessary hunting skills that other predators posses. It is listed as a protected species under the South Africa Biodiversity Act of 2004. Conserving the brown hyaena across the farmland is vitally important as less than 10% of South Africa’s land is officially designed as a protected area. There is very little known about the movements of the brown hyaena outside protected areas. This is why by putting on GPS collars, which can be tracked using the internet, Louisa will be provided with an exclusive opportunity to enhance our understanding of the species. The key to the project is getting the remaining four GPS collars on brown hyaena within the farmland. For this reason Louisa is looking for farmers who currently have or will have any metal cage traps out on their land to let her know if they catch a brown hyaena. It is very difficult to capture a brown hyaena therefore Louisa is looking for farmers to become involved and in turn be part of an extended network of traps. By contacting her with this information she would be extremely grateful as it helps her to achieve her goal of increasing the amount of scientific knowledge we currently have and in turn completing the project.
Through meeting many farmers in the area she has seen that remote digital cameras are being used as a tool to monitor the level of game stock. As part of the project Louisa is very interested in collecting any brown hyaena photographs that anyone may have captured.
The reason being is that Louisa is using a new technique to identify individuals using their front right and left leg strip pattern, so far it has proven very successful.
If anyone has any cage traps on their land or would like to know more about the project please contact Louisa on 0837579212.
Photographs can be send with contact details and the location of where they were taken to email: loulourc@hotmail.com.
Posted in Nature
Posted on 11 September 2009.

Op die foto vlnr: Professor Erasmus van Northam Boereverening, Malcom Moody beoordelaar van Vetvee veiling saam met Erich Herholdt, wenner van 6 kategorieë en die eienaar van die os wat die SAMIC Nasionale Slagos kompetisie gewen het.
Mari Meintjies
NORTHAM – Die Northam Boerevereniging het op 19 Augustus hul jaarlikse vetveeveiling te Northam aangebied.
Erich Herholdt, van die plaas Swellendam in die Dwaalboomdistrik asook die plaas Snowy-River, Koedoeskop, waar hy met wild en beeste boer, het feitlik in al die kategorieë eersteplekke verower. Die afdelings wat deur Erich Herholdt gewen is, is Beste Slagkoei, Swaarste Slagbees, Enkel Bees Ongewissel, Enkel Bees Gewissel, Groep van 4 Gewissel en Groep van 4 Ongewissel.
Nog ‘n besonderse prestasie het hom te beurt geval, Erich stap weg as wenner van die SAMIC Nasionale Slagos kompetisie waar sy os die hoogste punte in die geskiedenis verwerf het. Die os was die eerste os wat in die Noordelike Provinsie as wenner aangewys is, met ‘n inskrywingstal van 17 000 osse. Dié os het 99.7 uit 100 punte verdien.
Posted in Agriculture
Posted on 11 September 2009.
Die 0/10 Krieketspan van Laerskool Thabazimbi het as Ligawenners uit die stryd getree, nadat hulle op 8 September 2009 hulle laaste wedstryd hier op hulle tuisveld gespeel het. Hulle het daarin geslaag om Laerskool Warmbad in ‘n naelbyter te klop. Die span het ook met Krugerpark afgereken deur met 6 paaltjies te wen. Die uitblinkers met die kolf was: Zander Azar, Francois Buys, Francois Cilliers en Wilhelm Pistorius. Cobus Coetzee het die wenpunte aangeteken. Met die boulwerk was Francois Buys, Zander Azar, Willem vd Merwe en Wilhelm Pistorius uitblinkers. Op die foto is die O/10 krieketspelers agter vlnr: Wilhelm Pistorius, Adriaan Koekemoer en Francois Cilliers. Middel vlnr: Quiton Sadler, Kobus Coetzee, Heinrich Hermann, Michael van der Linde en Dawie de Jager. Voor vlnr: Willem vd Merwe, Francois Buys, Zander Azar en Dylan Hayes.
Posted in School News
Posted on 11 September 2009.
Geen water by nuwe uitbreiding
Gedurende 2009 het ons ‘n huis gekoop in Uitbreiding 37, verby Obaro, agter die Eskom store.
Ons het op 27 Junie 2009 by hierdie huis ingetrek en vir die eerste 5 tot 6 weke water met wonderlike waterdruk in ons huis gehad. Vanaf 7 Augustus het die water egter soggens begin verdwyn.
Met ons eerste navraag by die munisipaliteit is daar tegnici uitgestuur om ondersoek in te stel – sonder enige sukses. ’n Dag later is ons in kennis gestel dat daar ’n probleem met die waterpompe by die pompstasie was en probleme ondervind is om die opgaardam vol te maak en vol te hou.
Die probleem het egter voortgeduur en daagliks tussen 8 uur soggens en 8 uur saans was ons (en al die ander inwoners) sonder water.
Die munisipaliteit het verduidelik dat die opgaardamme nie vol gepomp kan word nie, aangesien daar net een werkende pomp was. Inwoners van die dorp maak blykbaar hul tuine nat en swembaddens vol en die probleem kom slegs in die lente en somer maande voor, nie gedurende die wintermaande nie.
Dié toedrag van sake duur nou reeds vir vier weke. Ons kla feitlik daagliks by verskillende persone in die munisipaliteit, maar niemand kon ons nog help nie.
Al die moontlik oplossings, soos ’n nuwe of ekstra pyplyn, nuwe pompe by die pompstasie, nuwe opgaardamme en ekstra boorgate is alles langtermynprojekte en gaan nie die probleem dadelik aanspreek nie. Daar word nou daagliks water aan ons voorsien met ’n waterkar.
Ons was genoodsaak om ’n watertenk en drukpomp aan te koop en aan die waterstelsel van die huis te koppel om wasgoed te was en water te hê vir bad ensovoorts. Ons nuwe tuin kry egter baie swaar.
Die verkoper, eiendomsagent deur wie ons die huis gekoop het en ontwikkelaar het basies hulle skouers opgetrek. Die agent en verkoper het enige kennis van probleme ontken en die ontwikkelaar het gesê dat alle ingenieursertifikate afgeteken was en dat die probleem dus by die stadsraad is en nie by die ontwikkeling nie.
Slegs vyf huise word bewoon in hierdie uitbreiding. Volgens die “ouer” inwoners kom hierdie probleem voor reeds vandat hulle daar ingetrek het. Twee van die bewoonde huise het boorgate gesink om die probleem aan te spreek.
Bo en behalwe die slegte watertoevoer tot die eiendomme, is daar ook geen watertoevoer tot enige van die brandkrane in die uitbreiding nie. Dit hou ’n groot risiko in as daar ‘n brand sou uitbreek hetsy in die veld om ons of by enige van die huise.
Dis die eerste maal dat ek ’n nuwe eiendom koop en het vanselfsprekend aangeneem dat daar water is. As ons enigsins bewus was van die waterkrisis in hierdie area, sou ons waarskynlik nie die huis gekoop het nie.
JC Havenga
Posted in Letters
Posted on 11 September 2009.
Pick n Pay het onlangs ‘n kompetisie geloods waarin ‘n Karet Road Buddy sleepwaentjie gewen kon word. Lede van die publiek moes slegs Enrista koffie koop en hul betaalstrokie in die kompetisiehouer gooi. Die gelukkige wenner van die waentjie is Mnr Louis Downie van Leeupoort. Op die foto saam met hom is J J du Randt van Pick n Pay Thabazimbi en mede werknemers van dié tak.
Posted in General
Posted on 11 September 2009.
THABAZIMBI – Verlede Saterdag 5 September het HFM se 1ste span teen Piet Potgieter meegeding in hul laaste liga wedstryd vir die seisoen.
HFM verloor die loot en word gevra om eerste veldwerk te doen. Piet Potgieter word uitgeboul in die 24ste beurt vir 139 lopies. Beste boulers op die dag was Juandré du Toit met 4 paaltjies vir 27 lopies in 6 boulbeurte, Jacques Payne neem 2 paaltjies vir 23 lopies in 7 boulbeurte, Bruce Stevens neem ook 2 paaltjies vir 35 lopies in 4 boulbeurte. HFM begin kolf en slaan die wen lopies in die 18de beurt. Le Roux Bodenstein teken 66 lopies aan, nie uit nie en Ettiene Marais teken 41 lopies aan. HFM wen die wedstryd met 7 paaltjies.
Posted in School News