Categorized | Uncategorized

Talent in Thabazimbi

Thabazimbiese skilder, Stephanus Botha, staan hierdie by die kunswerk van ‘n luiperd waaraan hy tans werk.

Thabazimbiese skilder, Stephanus Botha, staan hierdie by die kunswerk van ‘n luiperd waaraan hy tans werk.

Hennie Pauw

THABAZIMBI – Die talent van kunstenaars in Thabazimbi kan gerus beter ontgin word, tot die voordeel van inwoners en besoekers aan die omgewing.
Daar is heelwat kunstenaars in die Thabazimbi omgewing van wie se talente inwoners salig onbewus is. ‘n Mens kan maar hoop dat hierdie groep mense die dorp en toeriste aan Thabazimbi aan hul werk bekendstel deur uitstallings te hou en hul kunswerke vir besigtiging beskikbaar te stel.
Een van hierdie kunstenaars is Stephanus Botha, sy hele lewe lank reeds ‘n inwoner van Thabazimbi en miskien meer bekend vir die naamskilder-besigheid wat hy bedryf.
Tot sowat drie jaar gelede was Stephanus in ‘n heel ander lyn van werk, naamlik vervoer en uitgrawings, maar dit het tyd geword vir verandering en Botha het reeds van kleintyd talent openbaar. Op laerskool (in Thabazimbi), sowat 38 jaar gelede reeds, is sy kuns as voorbeeld gebruik in ander skole.
Botha skilder hoofsaaklik in olieverf. Met sommige van sy kunswerke gebruik hy ‘n tegniek, wat die gebruik van rimpelpapier (crinkle paper) insluit, om ‘n growwer tekstuur te verkry. Sy onderwerpe wissel van wilde diere soos buffels en luiperds tot natuurtonele en stillewes. 
Hy, saam met ander kunstenaars van Thabazimbi, kry reeds vir drie jaar lesse by Elreza Huygen, ‘n kunstenaar van Rustenburg. En die resultate spreek vanself. Hulle het ook al klas geloop by Kobus Moller van Hartebeespoortdam, wat hulle veral van raad bedien het oor die bemarking van hul kuns.
Volgens Botha is kunswerke ‘n vorm van belegging. ‘n Kunswerk stel ‘n kunstenaar in staat om iets of ‘n oomblik vas te vang, vir mense wat nie self die oomblik kon deel nie.
Enigeen wat Botha se kunswerke wil besigtig kan hom kontak by 083 700 3818.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Paragliding Kumba Nationals Thabazimbi Vloed 4.gif Thabazimbi Vloed 15.gif Dewside beer Landbou 4x4 Thabazimbi Boogklub SDC12126 kreef_hotel_expo_2008.jpg

Weather Forecast

May 18, 2012, 3:03 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools