Posted on 04 September 2009.
As part of their efforts to eradicate drunk driving, Toyota Motor Corporation (TMC) and Hino Motors, Ltd. (Hino) have announced that they will jointly test a breath-alcohol ignition-interlock system under development by TMC.
The system, aimed to aid companies and organisations to better manage their fleet-vehicle operations, will be installed on selected trucks and other vehicles of Japanese transport companies and tested from September 1 to November 30.
The tests will verify system functionality, particularly ease-of-use in real-world situations. Tests will include drivers conducting self-breath tests before they operate a vehicle and, after vehicle use, fleet administrators monitoring and verifying the test results automatically recorded on the vehicle’s digital tachograph.
The system features a hand-held unit containing both a breathalyzer that can detect alcohol in a small breath sample and a digital camera that photographs the driver’s face for test-taker identification. If the test result is positive, the system either warns the driver or locks the vehicle’s ignition, depending on the level of alcohol detected.
The system thus prevents drivers from operating vehicles in an inebriated state, while follow-up instructions given by fleet administrators aim to further reduce the possibility of alcohol-related traffic accidents.
In conjunction with the tests to be conducted by TMC and Hino, the Japanese Ministry of Land, Infrastructure, Transportation and Tourism (MLIT) will install the system in a vehicle under lease from TMC and conduct tests during everyday use.
TMC and Hino plan to provide results from the testing to an MLIT council on new technologies to prevent drunk driving, while TMC also intends to apply the test results to improving the system.
Posted in Uncategorized
Posted on 04 September 2009.
Die Jukskei spelers van HFM het op 28 en 29 Augustus aan die Provinsiale toernooi te Pietersburg deelgeneem. Die O/16 gemengde span wen die Ope afdeling en ontvang goue medaljes asook die Fanus Genis wisseltrofee. Die span bestaan uit Daphné Liebenberg (kaptein), Jason Jacobs, Christo Bothma, Wynand Lourens en Christopher Jansen van Vuuren. Die O/19 Seuns Jukskei-span eindig derde in hul kategorie en ontvang brons medaljes. Die span bestaan uit Jaco de Witt (kaptein), Nicholas Lourens, Steven Albrecht, Marius Albrecht en Albert Schwann. Foto: Dié spelers is op Saterdag 29 Augustus gekies om die Limpopo streek te verteenwoordig by die Bondedag wat op 10 Oktober sal plaasvind, hulle is Jason Jacobs (O/16 Seuns Reserwe), Daphné Liebenberg (O/16 Meisies) en Jaco de Witt (O/19 B Seuns).
Posted in School News
Posted on 04 September 2009.
A National Water Forum has been established in Pretoria. This is the result of an initiative of TAU SA, during a conference on water pollution, which was attended by several role players in the food value chain. Several other institutions, including government departments, were invited to this conference.
During the preliminary discussions, the practical and scientific implications regarding water pollution were evaluated, as well as the impact thereof on agriculture and other industries.
It was realised that no information regarding water issues should be withheld from the public, and also that the agricultural sector needs to get its own house in order. The National Water Forum will promote transparency, awareness and education regarding water issues. ?Also those who are guilty of water pollution will be asked to participate in this forum, so that they will become part of the solution, instead of remaining part of the problem,? says Mr Louis Meintjes, Deputy President of TAU SA.
Mr Meintjes also asked for the acceptance of a credo: ?We humbly accept the stewardship of our land and accept the responsibility to preserve the soil, fauna and flora and all our natural resources and to manage it as heritage for the next generation.?
The constituent committee of the National Water Forum, are comprised of Louis Meintjes (TAU SA), Annatjie Moolman (Water Research Commission), Johan Minnaar (General Practitioner), Karen Marx (WESSA), Marie van der Merwe (SANCU), Johann Botha (NBU), Liesl van der Vyver (Hygrotech) and dr Chris le Roux.
An action plan will be developed, then made public and finally implemented.
Posted in General
Posted on 04 September 2009.
THABAZIMBI – Indiwiduele Stableford was verlede Saterdag op die spel by die Thabazimbi Gholfklub. Die opkoms was maar skraps aangesien baie van die lede in ‘n buurklub se borgdag gaan speel het. Die wenners tuis was Jakkie van der Wateren en Piet Venter met 39 punte. Jannie van Graan en Nita Barnard met 35 punte was ook onder die wenners. Verlede Woensdag met die Algemene Jaarvergadering is die volgende lede tot die komitee verkies: Voorsitter: Nico van der Westhuizen; Sekretaris: Ettiene le Roux; Klubkaptein : Johan Barnard; Dames Kaptein: Louise van Graan; Tesourier: Koos Prinsloo; Addisionele lede: Nita Barnard, Esme Behrens, Charlie Penzhorn, Eugene Oberholzer en Sarel Marais. Geluk aan hierdie lede met hulle verkiesing en sterkte vir die jaar wat voorlê. Daar is die afgelope jaar baie gedoen om die baan en klubhuis op te gradeer, ten spyte van die verskeie inbrake waaronder die klubhuis moes deurloop. Die nuwe komitee het daarom talle uitdagings, waarvan die eerste seker die verdere beveiliging van die klubhuis is. Vrydag 4 September is dit weer Interaksie Gholf en spanne word aangemoedig om asseblief voltallig op te daag. Saterdag 5 September speel die dames liga weg en plaaslik sal dit die maandelikse slagspel wees. Die klub se baanmeester Eddie Williams is ernstig siek en is tans in die Harthospitaal in Pretoria waar hy nog toetse ondergaan. Almal hoop dat hy gou gaan herstel en spoedig weer terug by die klub gaan wees.
Posted in General
Posted on 04 September 2009.
THABAZIMBI- Verskeie leerlinge van HFM het in toneel, rugby en krieket presteer. Die toneelgroep het op 28 Augustus deelgeneem aan die Interhoër Toneel by Hoërskool Hans Strijdom te Naboomspruit. Die leerlinge het hul goed van hul taak gekwyt en ‘n algehele 3de plek is aan hulle toegeken. Ben Viljoen was 1ste en Piet Potgieter het die tweedeplek ingeneem. Amanda Venter van HFM is aangewys as die beste aktrise van die streek. Die o/15 krieketspan van HFM het op 29 Augustus 2009 teen Warmbad op hul tuisveld gespeel. Hulle het eerste gekolf en is vir 137 lopies uitgeboul in die 39ste beurt. Warmbad het die wen lopies in die 37ste beurt aangeteken met nog 3 paaltjies staande. HFM verloor dus met 3 paaltjies. Die Eerste krieketspan het in hul wedstryd 220 lopies aangeteken in 35 beurte. Pieter Balami het 45 lopies , Ettienne Marais 42 lopies en Michael Karemaker 40 lopies aanteken. Warmbad word uitgehaal vir 190 lopies. Die beste boulers op die dag was JJ Els met 3 paaltjies vir 42 lopies in 5 beurte, Juandré du Toit neem 2 paaltjies vir 28 in 5 beurte. HFM wen met 3 paaltjies. HFM se rugbyspelers het aan die jaarlikse Tuks Driedruk Reeks deelgeneem. Die wedstryd teen Wonderboom is verloor 2-4, maar dit was met ‘n verswakte span. Die reeks vind elke jaar plaas en skole van regoor die land neem deel.
Posted in School News
Posted on 04 September 2009.
Met die seisoen wat einde se kant toe staan, kan die 0/10 krieketspan van Laerskool Thabazimbi hulself op die skouer klop met die seisoen se puik prestasies. Hierdie span het as ligawenners uit die stryd getree deur, met groot sukses, met Laerskool Krugerpark en ook Warmbad af te reken deur hulle onderskeidelik met 7 en 10 paaltjies te klop. Uitblinkers met die kolf was onder andere Hardus Schoeman, Nimroe Lategan en Tiaan Raubenheimer. Nimroe en Tiaan het ook met hul boulwerk beïndruk deur die ander skool se kolwers behoorlik te laat bont kyk. Op die foto saam met die span is hul afrigter Mnr Hinsbeeck.
Posted in School News
Posted on 04 September 2009.
KOEDOESKOP – The Wes Feeds Thabazimbi Endurance ride which was scheduled for 5 September, will now take place on 25 and 26 September at Allied Farms, Koedoeskop.
The distances of this endurance ride includes 30km, 60km, 80km and the longest being 120km. The distance of the 80km ride is 30km for the first leg, 30km for the second leg and 20km for the third leg. The 120km ride is divided into four legs, with the first leg being 40km, the second leg 30km, the third leg 30km and the fourth leg 20km. Entries and weighing in will be on 24 September at 17:00 with the briefing and drawing of departure times at 20:00. Entry fees for the day riders for 30km ride are R350, and the Stepladder for 30km, 60km, 80km and 120km amounts to R450.
There will be a camping area available with a cafeteria and every rider is responsible for the erection of his horse’s camp. The maximum ride time at the speed of 8.12 kilometres per hour will be 10 hours, with the New Course as handicap. Vetgate is the responsible timekeeping system on the course includes small and rocky, flat and wet areas. A photographer is available during the ride for all photo requirements. Pre-entries can be completed at www.erasa.co.za or contact Leon on 083 675 2289 for more information.
Posted in Sport
Posted on 04 September 2009.
PRETORIA – ‘n Simposium wat die sinergie tussen genealogie, geskiedenis en kultuurgeskiedenis sal ondersoek word deur die Noord-Transvaaltak van die Genealogiese Genootskap van Suid-Afrika aangebied. Die temas wat bespreek word bevat raakpunte op die tereine van die bewaring, instandhouding en toeganklikheid van historiese inligting. Dr Graham Dominy praat oor staatsargiewe en wetlike aspekte rondom die bewaring van dokumente asook vraagstukke rakende elektroniese dokumentasie. Anri van der Westhuizen, argivaris van Unisa, praat oor korporatiewe argiewe. Cecilia Kruger en Riëtte Zaaiman van die Voortrekkermonument se tema handel oor museums as inligtingsbron vir navorsers en wat om te doen met familiedokumente en -erfstukke. Dr Celestine Pretorius is ‘n baanbreker op haar terein. Sy bespreek die wedersydse verryking tussen genealogie, geskiedenis en kultuurgeskiedenis. Daan Potgieter, ervare geskiedenisonderwyser en adjunkhoof van Afrikaans Hoërseunskool is aan die woord met Geskiedenis wat spreek tot die hedendaagse jeug. Die simposium vind plaas op Saterdag 12 September vanaf 08:45 tot 15:00 en sluit ‘n ligte middagete in. Die venue is die Centurion Raadsaal in Basdenlaan. Koste is R110 vir lede van die GGSA en R130 vir nie-lede. Enigiemand met ‘n belangstelling in familiegeskiedenis kan gerus hierdie simposium bywoon. Besprekings moet vooraf by Ellen Harmse by 072 594 9050, 011 391 2146 of eharmse@mweb.co.za gedoen word. Daar sal nie kaartjies by die deur beskikbaar wees nie. Vir meer besonderhede oor die simposium kan Linda Lombard gekontak word by 011 391 3002 of 082 254 8024.
Posted in General
Posted on 04 September 2009.
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi gaan op 22 September heerlik fees vier ter herdenking aan hul 75ste verjaarsdag.
‘n Opwindende kaskarkompetisie en waterkaskenades word deur die oggend vir die leerders aangebied. Die aand kuier almal heerlik saam by die Lapa om die braaivleisvure met Jak de Priester wat saam met ‘n volle orkes gaan optree.
Die skool verskaf die pap en sous, en elkeen bring net sy eie vleisie vir die braai. Die kaartjies sal vanaf Maandag, 7 September by die finansiële kantoor beskikbaar wees en kos slegs R30 per volwassenes en hoërskoolleerlinge en R10 vir laerskoolkinders.
Die skool nooi graag alle ouers, oud-leerders, lede van die gemeenskap en almal wat by Laerskool Thabazimbi betrokke is of was, om die aand saam te kuier. Vir navrae kontak gerus die skool by 014 7771234 / 0147771214 / 083 7448559.
Posted in School News
Posted on 04 September 2009.
THABAZIMBI – Die naweek van 24-27 September beloof om medegelowiges weer geestelik te voed wanneer almal danksegging bring en saam met ander die lekker van God se kind wees, weer opnuut ontdek. Die organiseerders het ‘n verskeidenheid kunstenaars en sprekers genooi sodat almal kan saam sing en kuier tot laat om die kampvuur. Volop pret en heerlike boeresport is ook deel van die verrigtinge. Belangstellendes kan hul tent en blikbeker saambring en hul ete braai of by ‘n kosstalletjie koop. Kontak ons gerus indien jy jou kosstalletjie daar wil parkeer, om ‘n plek te bespreek. Die koste beloop R100 per dag vir ‘n tentstaanplek ongeag hou groot, kostes is nie per persoon nie, maar net vir staanplek en die gebruik van die ablusiegeriewe. Tref asseblief vroegtydig reëlings om staanplek te bevestig. Leraars kan die geleentheid gebruik vir ‘n gemeente naweek. Vir meer inligting kontak Marie Earle by 073 820 0736.
Posted in Entertainment