Categorized | Sport

Kurper Bonanza lok goeie deelname

Gavin Henrico het ‘n karp van 8kg, die grootste nóg hierdie seisoen by die Konsentratordam, tydens die Kurper Bonanza uitgetrek. Ongelukkig tel hierdie mooi vangs nie by ‘n kurper-kompetisie nie.

Gavin Henrico het ‘n karp van 8kg, die grootste nóg hierdie seisoen by die Konsentratordam, tydens die Kurper Bonanza uitgetrek. Ongelukkig tel hierdie mooi vangs nie by ‘n kurper-kompetisie nie.

NORTHAM – Die Kurper Bonanza op Sondag 23 Augustus, aangebied deur die Northam Hengelklub by die Konsentratordam, was ‘n groot sukses en het selfs hengelaars van Rustenburg getrek. Die weer het saamgespeel en hengelaars was reeds om 06:00 by die dam om in te skryf en penne te trek. Daar was altesaam 42 hengelaars wat 184.31kg se kurpers ingeweeg het. ‘n Pragtige karp van 8kg, die grootste nóg hierdie seisoen uit die Konsentratordam, is ook tydens die Kurper Bonanza uitgetrek deur Gavin Henrico. Die vis is geweeg en nie te lig bevind nie, maar kon natuurlik geen bydrae maak tot die kurpervangs nie. Die kompetisie, wat van 07:00 tot 15:00 geduur het, se wenners is bepaal deur die drie persone wie se nette die swaarste geweeg het. Die Geldenhuys broers het met ‘n eerste en derde plek weggeloop. Jaco Geldenhuys, met ‘n sakgewig van 25.115kg, was die eersteplekwenner, Dawie van der Merwe (sakgewig van 20.618kg) tweedeplekwenner en Nico Geldenhuys (sakgewig van 18.825kg) die derdeplekwenner.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Boogklub Landbou Paragliding Kumba Nationals Thabazimbi Vloed 25.gif Paragliding Kumba Nationals Dewside beer miss_teen_expo_2007.jpg Thabazimbi Vloed 39.gif 4x4

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:56 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

September 2009
M T W T F S S
« Aug   Oct »
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools