Posted on 25 September 2009.

Pick n Pay Thabazimbi will participate in the national annual Toy Run. Toys as well as non perishable food or some toiletries can be donated, look for the Toy Run bin in store.
THABAZIMBI – The annual Charity Toy Run® has become known, far beyond the motorcycling community, as one of South Africa’s most significant charity events.
It’s an awesome motorcycle procession and the biggest biker party of the year – but most of all it is the day when the country’s loudest minority opens their hearts to its most silent. More than 50 000 motorcyclists will turn out across the country with toys of all shapes and descriptions festooning their bikes, to make Christmas a little brighter for disadvantaged children up to 18 years old of all races in orphanages, shelters, homes and hospitals in our communities.
The Toy Run® is open to any licensed rider on a licensed and roadworthy motorcycle, provided they donate toys, collected in the trailers at the end venue. The toy, or toys, is both an entrance fee and a ticket to the end destination for this year which will take part on 29 November 2009.
Pick n Pay Northern Region in partnership with Bikers that Care, Steelwings, HOG and Bakwena will participate in the National Toy Run this year, as they embark on one of the biggest events in the biker’s community in South Africa to assist with this worthy cause.
Pick n Pay Thabazimbi has placed a bin in store for any donations for children of any age, up to 18 years, as well as non perishable food and/or some toiletries for the older children.
Posted in General
Posted on 25 September 2009.

Dit blyk dat die Opel Kadette ‘n Datsun bakkie aan die regterkant wou verbysteek terwyl dié besig was om regs te draai na die Thabazimbi asgate.
THABAZIMBI – Nooddienswerkers is op Dinsdagmiddag omstreeks 12:00 na die toneel op die R510 suid van Thabazimbi by die Dwaalboom afdraai ontbied nadat twee motors in ‘n botsing betrokke was.
Volgens die polisie op die toneel het die bestuurder van die blou Opel Kadette die Datsun bakkie verbygesteek wat op sy beurt besig was om regs te draai na Thabazimbi asgate.
Die motors het gebots en die bestuurder van die Opel Kadette het beheer oor sy voertuig verloor, die voertuig het deur die omliggende doringdraad gery en op sy regtersy te lande gekom. Die Datsun bakkie het ook die pad verlaat en langs die pad, nie ver van die ongelukstoneel, tot stilstand gekom. Niemand is in die ongeluk beseer nie en geen name is bekend gemaak nie. ‘n Klag van roekelose bestuur word ondersoek.
Posted in General
Posted on 25 September 2009.

Juffrou Cecile Venter het die spoed terdeë geniet, hier stoot Gr 7 leerlinge haar om die baan.
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het op Dinsdag 22 September hulle jaarlikse kaskar dag aangebied.
Die leerlinge het voor die nuwe kwartaal kaskar-borgvorms ontvang ter fondsinsameling vir die skool. Die leerlinge moes kyk hoeveel rondtes hulle in ‘n bepaalde tyd kon doen met tye wat verskil van graad tot graad. Die Gr 1 tot 4 het 20 minute gehad om so veel moontlik rondtes te kon aanteken, die Gr5 en 6 het 25 minute gekry om te stoot en die Gr 7 het ‘n halfuur gekry.
Van die skool se leerkragte kon ook hul kaskarkragte ten toon stel, en heelparty onnies het die spoed en die wind in hul hare terdeë geniet.
Terwyl van die leerlinge besig was met die kaskarre het die ander leerlinge lekker op die waterwurm , meganiese bul en springkastele gespeel.
Die wenners van die verskeie groepe is as volg: Gr 1 – 1/56, Gr2 – 2/72, Gr3 – 3/53, Gr4 – 4/36, Gr5 – 5/29, Gr6 – 6/31 en Gr 7 – 7/65.
Posted in School News
Posted on 25 September 2009.

TBZ Junior operette 1,2,3: Die kleurvolle Pannekoekland van die junior fase se operette.
THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi het vanaf 17-20 Augustus hul jaarlikse Operette aangebied.
Die operette het bestaan uit die Junior fase met die Gr R, Gr 1-3 en Senior fase wat die Gr4-7’s ingesluit het. Die junior operette, genaamd Pannekoekland het gehandel oor die slegte “Faffie” ‘n vetkoekfeëtjie wat Pannekoekland toegesluit het sodat niemand meer pannekoek kon eet of bak nie. “Eddie” die eierkedompie het by koning “Torello” die towenaar gepleit om pannekoekland oop te sluit, waarna die kinders eers ‘n paar vrae oor pannekoeke moes beantwoord voordat die koning vir Pannekoekland oopsluit. “Faffie” die vetkoekfeëtjie is toe verander na ‘n goeie fee, naamlik ‘n gouestroopfeetjie en mensekinders kon nou weer pannekoek bak en eet.
Die senior fase se operette, Karnallies in die ruimte het gehandel oor 3 mensekinders wat in ‘n vlieënde piering wat op een van die mensekinders se plase gevind is, geklim het. Hulle peuter toe met die knoppies en daar styg die piering op en word hulle deur marsmanne na die planeet mars ontvoer waar koning “Pingpolius” navorsing op hulle doen. Die drie kinders wou net huis toe kom en was baie ongelukkig omdat hulle nie kon terugkeer aarde toe nie. Die robotte beplan om vir mars oor te neem en die monsters probeer hulle keer. Gelukkig sien koning “Pingpolius” wat aan die gebeur is en stop die geveg waarna die koning ‘n ruimtefees aanbied. Na die ruimtefees word die kinders weer huistoe gestuur en word hulle baie opgewonde ontvang deur hul verlangende ouers.
Posted in School News
Posted on 25 September 2009.

Vlnr Marie du Buys, Marietjie van der Merwe, Susan du Preez, Pam Botha, Liz van Tonder, Martie Stander, Jakkie Vos en Zalita Fourie by Letlapa Pula kwekery.
THABAZIMBI – Die lede van VLU Thabazimbi het op Donderdag 10 September by Letlapa Pula organics, ‘n organiese groente kwekery naby Koedoeskop, besoek afgelê.
Peter Cramer, wat die kwekery bestuur, het die dames meer ingelig oor die organiese produkte. Volgens Peter lê die verskil aan die besondere produkte in die maak van hul eie kompos wat geen gifstowwe bevat nie.
Daarna het die dames vergader in die tuin van Hannelie Botha. Die gasvrouens, Hannelie Botha en Janie Breedt het gesorg vir ‘n heerlike middagete met vrolike gedekte tafels wat die regte lente atmosfeer geskep het. Marietjie van der Merwe van Aandrus Kwekery, het ‘n Apiesdoringboom geskenk wat in Hannelie se tuin geplant is. Die tak se volgende vergadering is op 8 Oktober om 09:00 by die KunsteGrot.
Posted in Agriculture
Posted on 25 September 2009.
Hennie Pauw
THABAZIMBI – Binne twee weke nadat twee rowers vir 20 jaar tronk toe gestuur is vir inbrake by juwelierswinkels, vermoedelik ook by Sterns in Thabazimbi, is dié winkel weer beroof op 7 September vanjaar.
Drie gewapende rowers het op Maandag 7 September die perseel van Sterns Thabazimbi betree toe hulle hulle as klante voorgedoen het. Volgens die bestuurder, Beverley van Wyk, was hulle deftig geklee.
Hulle het beheer geneem van die afstandbeheer oor die toegangshek en aan die Sterns werknemers beveel om slegs voor hulle te kyk en sekere juwele te verwyder van die uitstalkussings en in ‘n sak te plaas.
Ringe, manskettings, horlosies, oorbelle en selfone ter waarde van sowat R108 000 is gesteel.
Volgens die Thabazimbi Polisie is die saak oorhandig aan die Ernstige Geweldsmisdaad Eenheid in Polokwane. Nog niemand is in hegtenis geneem nie.
Die dag voor die inbraak in Thabazimbi is daar by Sterns Rustenburg ingebreek, maar die modus operandi het heelwat verskil van die inbraak by Thabazimbi. Toegang is tot die perseel verkry buite werksure deur die dak.
In ‘n onlangse berig in die Kwêvoël is daar berig dat twee mans, Ronald Mabunda en Peter Mavamba, in Augustus tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis is na ‘n vlaag van inbrake by Sterns en American Swiss juwelierswinkels, meestal in Limpopo.
Een van die inbrake, in Mei 2006, was by Sterns Thabazimbi.
Posted in General
Posted on 25 September 2009.
Elana Greyling
VAALWATER – Die Waterberg Wildsfees wys vanjaar groter, is beter. Die Fees wat drie jaar terug ontstaan het, bars vanjaar behoorlik uit sy nate. Met spogkunstenaars, gesinsvermaak en ‘n ten toonstelling van Waterberg talent, van skoonhede, sangers tot die mooiste wild en vee, sal te siene wees. Daar is ook elke dag pitkos vir wild- en veeboere.
Al die winste van die Fees word verdeel tussen twee skole en vier kerke. Dis waarlik ‘n fees deur en vir die gemeenskap. Die Feeskomitee bestaan uit leiers in die gemeenskap.
Die amptelike opening van die Waterberg Wildsfees was Woensdagaand, 23 September met ‘n formele Bosbanket. Pieter Koen was die gaskunstenaar en seremoniemeester wat gaste vermaak het terwyl hulle getrakteer is op ‘n vyfgang maaltyd. Elke tafel het sy eie sjef, en die omliggende lodges, wat met ‘n mandjie of drie bestanddele hul verbeelding en vaardigheid moes inspan om hul gaste te bederf. Kenwood Chef het fantastiese pryse in hierdie kompetisie om die Waterberg se beste sjef te kroon geskenk.
Donderdag het ‘n groep beoordelaars na die mooiste Bosveld bokkies gekyk en word Mej Bosveld gesoek wat gekroon is nadat Lianie May feesgangers vermaak het. Die aand se vermaak is afgesluit met Bok van Blerk en laat-aand deur Prop, ‘n plaaslike kunstenaar.
Vrydag, 25 September, behoort aan die rooivleis produsente. Vanaf 08:00 vir twee dae is daar ‘n vee en kleinvee uitstalling. Vleissentraal kom help met krale opslaan vir die stoetbeeste en skape. Vanaf 09:00 bied die RPO ‘n inligtingsdag vir veeboere aan.
Die Bosveld se baaskokke kan reeds vanaf 08:00 begin bou aan die beste potjie vir die Potjiekos-kompetisie met reuse pryse van onder meer ‘n Braaiman wat ‘n vlekvrye staal braaier as eerste prys aanbied.
Doempels en Bessie en ‘n mini-sirkus en -pretpark sal die kinders besig hou. Net ingeval iemand nog skoon is, word daar ‘n babakompetisie vanaf 14:30 gehou en mnr en Mej Bosbokkie word ook aangewys.Alle talente word beoordeel, met die Waterberg Idols wat later aan uitdunne deelneem met professionele beoordelaars. Hulle vorm die ideale voorprogram vir die bekende, Amore (19:00) en Pieter Smit (11:00). Hennie en ka-ly-do sorg tot laat vir dansmusiek.
Saterdag is die sterre wat die dag se program begin, van 08:00 die Gynkamna en perdeskou. Terwyl ruiters en perde hul beste voetjie voor sit, kan wildboere die wild van die laaste wildveiling van die jaar in die wildhokke besigtig. Die veiling aangebied deur Waterberg Game Dealers begin om 11:00. Die manne wat vier wiele bo vier pote verkies kan namiddag deelneem aan LA Sport 4×4 kompetisie om hul senuwees en remme behoorlik te toets.
Die vermaak-program is ook vol. Die oggend se vermaak word afgeskop deur Lydia van der Merwe (10:00). Die Idols finaliste wys vanaf 17:00 waarom hulle beroemd behoort te wees, net voor Wynand en Cheere. Na die duo word die Waterberg Idol wenners aangekondig. Om 21:00 is dit die beurt van die hoof kunstenaar van die aand, Kurt Darren, met Hennie en Ka-ly-do wat lekker skoffel-musiek sal verskaf.
Kosstalletjies word deur die kerke en skole beman en beloof om die beste van Bosveld lekkernye voor te sit. ‘n Groot verskeidenheid stalletjies sal ook beskikbaar wees om almal besig en aan die koop te hou.
Die Fees word Sondag afgesluit met ‘n gesamentlike erediens in die markiestent.
Enige navrae oor die Fees kan gerig word aan Denise by 0834420877. Navrae rakende die RPO Inligtingsdag kan gerig word aan Marinus van Dyk en die wildveiling aan Waterberg Game Dealers by 014-7553626.
Posted in Entertainment
Posted on 25 September 2009.
The recent crime statistics are unacceptable for the country as a whole, but in particular for the agricultural community there is reason for concern.
Note has been taken of the decline in murders, but the reduction is insignificant. Fifty murders daily are not acceptable in any civilized community.
TAU SA’s President, Mr Ben Marais, says TAU SA is concerned about the fact that farm murders have not been dealt with in its own category. “Farm murders and farm attacks need to get special attention. TAU SA is still of the opinion that farm attacks are incited by emotional aspects, like restitution, land reform and racism. The fact that these issues are not dealt with, does not mean they do not exist,” says Marais. “Farm attacks are in most cases, executed by military accuracy and that is why these murders need to be investigated different from others murders.
“In this regard TAU SA is slightly excited about the statement of police commissioner, Bheki Cele, that the closing of the specialist investigation two years ago, was a mistake. TAU SA pleads with the commissioner to establish a special investigation unit, perhaps under command of the Eagles, to investigate farm attacks,” says Marais.
At the same time TAU SA calls on the commissioner to strengthen the stock theft units with well trained manpower and equipment in their struggle to combat stock theft. “Stock theft does not only affect the farmer, but also the consumer. If farmers, due to stock theft, provide less meat to the markets, the consumers will pay more. If the tendencies of increasing stock theft will continue in forthcoming years, it will threaten food security.
Meanwhile TAU SA calls on farmers and the community as a whole to get themselves trained in self protection. The police and government had forsaken their duty to ensure safety en security for 15 years. But TAU SA will continue to remind government of its Constitutional responsibility to create a safe environment for the country’s inhabitants. But it is useless to remind government of something which is not receiving proper attention while people’s lives and property are jeopardised. We will have to look after our own safety and our own assets.
“The question is asked more frequently: what is government doing with our tax money? Is government still entitled to taxes if it neglects its Constitutional duties? These issues need to be discussed with government very urgently,” says Marais.
Posted in General
Posted on 25 September 2009.
“Invasive Alien Species (IAPs) consume vast amounts of water; more than 7% of all water run off is lost to alien plants. That’s some 3, 3 billion cubic meters of water in excess of that used by indigenous vegetation every year. Aquatic weeds pose significant environmental, economic and social problems,” said Debbie Sharp, Deputy Director of the Working for Water Programme Northern Cape.
Sharp was speaking ahead of Working for Water’s Weedbuster Week Campaign which this year spouts the Theme of “My River My life”. The theme highlights the issues around water bodies and the impacts that IAPs have on catchments areas as well as how it affects the communities around theses water bodies.
Working for Water is Government’s flagship Expanded Public Works Programme. The clearing of invasive alien plants during the 2006/7 financial year has yielded an estimated release of 48-56 million cubic meters of additional water for alternative uses annually. Over 30 000 previously unemployed beneficiaries receive employment and training through the programme annually.
According to Sharp, “The Working for Water programme has also spearheaded a massive catchment rehabilitation programme of more than 300 clearing sites, in addition to work on aquatic weeds and the use of biological control agents and has established programmes in eight fire-prone regions of South Africa”.
WeedBuster Week represents the annual culmination and highlight of the ongoing campaign aimed at the management and containment of invasive alien plants and invasive aquatic weeds. The campaign is a multi-departmental initiative led by the Department of Water and Environmental Affairs through the Working for Water (WfW) programme, and supported by various partners and stakeholders. The South African campaign has previously been linked bi-laterally to invasive plant control initiatives by countries such as Australia and New Zealand, and multi-laterally to the broader Global Invasive Species Programme (GISP) and other structures and frameworks.
Sharp said, “Floating aquatic weeds form dense mats which keep sunlight out, thus destroying the aquatic biodiversity; deoxygenates the water at night and when decaying blocks canals, pumps and turbines and increases siltation, thus aggravating floods. It restricts access for fishing, river transport and recreation, increases water loss by evapo-transpiration, causes cattle to drown and provides breeding sites for disease vectors such as mosquitoes and bilharzia-carrying snails.
Two of the worst Aquatic weeds to be found in our water resources are Water Hyacinth (Eichhornia crassipes) and Hydrilla (Hydrilla verticillata). We want to encourage communities to adopt a local river or water body. We need to all adopt the theme of “My River My Life”.
Tips on How to combat Invasive aquatic weeds
This WeedBuster you can contribute to the sustainability of your local river by:
* Talking to your neighbours, so that your land is not invaded as a result of “seed pollution” from invasive alien plants on your neighbours’ land.
* Not buying invasive alien plants from nurseries and other outlets.
* Not bringing foreign plants or animals into our country (or take our plants and animals to other countries).
* Joining a volunteer clearing (“hacking”) group, and adopting a piece of land to keep it clear.
* Encouraging your local authority, agricultural union, school, church, community bodies and others to work with the WfW programme.
* Remembering that a “stitch in time saves nine” – the sooner the work is done, the less it will cost, and the lower the damage.
* Contacting the WfW programme on 0800 005 376, for advice on invasive alien plants and how best to remove these species.
Posted in Agriculture
Posted on 25 September 2009.
THABAZIMBI – Nog ‘n faset word by die aktiwiteite van die KunsteGrot gevoeg met die aanbieding van ‘n maandelikse Kunstemark.
Behalwe vir die dans-en dramaklasse en die maandelikse kunstenaarsoptredes, gaan daar nou elke eerste Saterdag van die maand ‘n heerlike kunste-oggend aangebied word, waar uitstallers se outentieke ware besigtig en gekoop kan word. Daar sal ‘n teetuin wees met die heerlikste verversings om die innerlike ook te versterk.
Diegene wat handige hande het en pragtige dinge vervaardig, kan hulle gerus kontak en dalk deel word van dié grootse poging om nog iets spesiaals vir ons mense aan te bied. Onthou net, dis nie ‘n vlooimark nie. Die eerste beplande datum is Saterdag, 7 November. Dit is die ideale geleentheid om solank te kom kyk vir kersgeskenke.
Daar is nog net ‘n paar plekke beskikbaar vir die optrede van NaviRedd op 24 Oktober. Bespreek maar vinnig indien u hierdie manne met die ongelooflike stemme wil ervaar. Die besprekings vir Mathys Roets op 25 November het reeds geopen – doen uself ‘n guns en bespreek gou!
Vir alle navrae aangaande die Kunsmark asook vir teaterbesprekings, kontak Rita by 083 7448559
Posted in Entertainment