Archive | August, 2009

Jag in Zimbabwe – Professionele jagters gemaan tot versigtigheid

Professionele jagters is gemaan om versigtig te wees en deeglik navorsing te doen voordat kliënte na Zimbabwe geneem word.
Volgens mnr Jan Viljoen, Voorsitter TLU Noord, het die Hofuitspraak wat in Windhoek gelewer was, duidelik aangedui dat die grond-gryp deur die regering in Zimbabwe onwettig was en as blatante diefstal gesien moet word. Die hofuitspraak was duidelik en het verreikende implikasies vir enige persoon of persone wat op die gesteelde grond woon, werk of van die hulpbronne gebruik maak.
Viljoen het gesê dit is belangrik dat Professionele jagters hulself moet vergewis van die wetlike implikasies van die SAOG Hofuitspraak. Indien Professionele jagters kliënte na plase in Zimbabwe neem wat gesteel was, kan hulle hulself en hul kliënte blootstel aan moontlike vervolging. Die wettige eienaars kan moontlik later eise instel vir skadevergoeding asook eise ten opsigte van die verlies van inkomste. Ooreenkomste met huidige sogenaamde bevoordeeldes is geen waarborg dat daar nie later eise ingestel kan word nie. Eise teen die wat deur die diefstal gebaat het, maar ook eise teen die jagters en hul kliënte wat deur die transaksie finansieel bevoordeel word, kan later verwag word.
Viljoen het klem daarop gelê dat Suid Afrika een van die ondertekenaars is van die SAOG Multilaterale Ooreenkoms (SADC Treaty) en daarom is Suid-Afrikaanse burgers ook aan die ooreenkoms gebind. Meer nog, die Suid-Afrikaanse regering moet kennis neem van die implikasies van die Ooreenkoms en die implikasies vir landsburgers. Die Suid-Afrikaanse regering behoort die inhoud van die SAOG Ooreenkoms deeglik onder die aandag van elke landsburger te bring. Die vraag kan gevra word of die Suid-Afrikaanse regering plig versuim om nie burgers van die inhoud van die SAOG Ooreenkoms in te lig nie en wat die regsimplikasies is indien Suid-Afrikaanse Burgers van die beginsels oortree en later aangekla word.
Dit word meer en meer duidelik dat die natuurlike hulpbronne in Zimbabwe geplunder en gestroop word. Suid-Afrikaanse burgers word gewaarsku om nie aan die stropery deel te neem nie. Wildsplase en selfs bewaringsgebiede word van wild wat oor dekades heen opgebou is, gestroop. Indien Suid-Afrikaanse burgers standpunt inneem om nie aan die stropery deel te neem nie, kan dit ‘n duidelike boodskap stuur aan die sogenaamde bevoordeeldes dat diefstal nie geduld sal word nie. Op die manier sal Suid-Afrikaners ook nie later verantwoordelik gehou kan word vir die vernietiging van hulpbronne wat oor ‘n lang tyd opgehou was nie.
Viljoen het gesê dat beide die Suid-Afrikaanse Jagters en Wildbewarings organisasie en die Professionele Jagters vereniging per brief ingelig is en hy hoop en vertrou dat hulle hul lede spoedig sal inlig.

Posted in General0 Comments

Roll ‘n Ride for Shawn at Thaba Park

THABAZIMBI – The Roll ‘n Ride fun day which is scheduled for Saturday 5 September to raise funds for Shawn de Jager will now be hosted at Thaba Park. The organisers, the Steelwings Harley Davidson motorcycle club of Thabazimbi, changed the location of the event to accommodate more people and to include entertainment for all.
The Roll ‘n Ride will commence at 08:00 and includes a wors roll and a Harley Ride. There will also be a guest singer, Theonette, a jumping castle, flower spray, big screen rugby, “bulletjie” cricket and a cash bar on the premises. All funds will go to Shawn de Jager who is suffering from brain cancer.

Posted in General0 Comments

Speelgoed benodig vir SAP slagoffers

THABAZIMBI – Speelgoed vir kinders tussen die ouderdomme van 7 en 12 jaar  word benodig vir die nuwe Slagoffer Bemagtigingsentrum by die Thabazimbi Polisiestasie.
Inspekteur Corney Myburgh van die Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortreding Eenheid en konstabel Karlien Greeff van Misdaadvoorkoming, Thabazimbi versoek bydraes en ondersteuning van die gemeenskap vir hul projek om speelgoed en klere vir misdaadslagoffers bymekaar te maak.
Die items sal gebruik word om slagoffers by te staan om ‘n gevoel van selfvertroue en sekuriteit te gee wanneer hulle in die hof moet verskyn. Die items sal ook gebruik word om die nuwe Slagoffer Bemagtigingsentrum by die Thabazimbi Polisiestasie in te rig.
Sommige slagoffers was nog nooit in die bevoorregte posisie om hul eie klere of speelgoed, wat baie kinders as vanselfsprekend aanvaar, te besit nie.
Daar word dus ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om hierdie poging ‘n sukses te maak deur items na die polisiestasie te bring. Vir enige verdere navrae kan konst Greeff geskakel word op 014 777 3525/3500.

Posted in General0 Comments

Week 35 – 28 August 2009

Week 35 – 28 August 2009

Posted in Download0 Comments

4×4

Panelbeating Unlimited Rebel 4X4 Rock Crawl 2009

Lukas and Bert, on their way to 1st place in the Super Truck Class. Total points scored for day 55.18 (Photo by Stephan Hatting)

Lukas and Bert, on their way to 1st place in the Super Truck Class. Total points scored for day 55.18 (Photo by Stephan Hatting)

By Ciska Duraan
RUSTENBURG – When it comes to extreme off-road, nothing comes close to the sheer exhilaration of the South African Rebel Rock Crawl event. And to add to the excitement, the Rebel 4×4 Team has decided to host this event at Moegatle – a rough-and ready course with obstacles ranging from technical tiptoeing to foot-to-the-floor action.
On Saturday, 5 September, 4×4 enthusiasts will be treated to a four-wheel spectacle where drivers will push their vehicles to the limits in three different categories. The Production Trucks will start the proceedings on the Gymkhana Speed Trail, usually accompanied by a roaring applause from the spectators. The Modified Class won’t have to wait long for their share of the dirt, and they’ll be followed by the roar of the awesome Super Trucks. Every challenge promises to have onlookers in amazement, whether it’s witnessing drivers lending each other a hand by pushing vehicles back on their wheels, cheering co-drivers on when they run after spare parts and tyres, or simply cringing when the machines start crushing boulders.
The course at Moegatle guarantees to test every driver and vehicle’s ability to the maximum. And our dedicated team of marshals will ensure that every safety measure is in place to make this day an accident-free success. The tight-knit Rebel team is proud to invite young and old, 4×4 fans or not, to come and join in the fun, because they know, it’s not what you drive, but how you drive it that matters!
So come kick up some dirt with us and bring the whole family to the next Rebel 4×4 Rock Crawl at Moegatle on 5 September 2009. You can contact Lukas Holtzhausen on 082 765 3418 / Hannie Holtzhausen 0820473061 or email events@rebel4x4.co.za for an application form, or visit www.rebel4x4.co.za for more information. Entries R200 per truck. Closing date for entries is 2 September 2009. Gate entries per adult is R30 and R15 per child. Camping available at R100 per stand per night at Moegatle 4×4 pre-booking must be done by email at events@rebel4x4.co.za. There will also be beverages and food available on the day. We’re taking ‘crawling’ to the extreme!

Posted in Sport0 Comments

ruiters

Ruiters in die Limpopo Span

Die groep Thabazimbi ruiters wie Limpopo verteenwoordig het by die Inter-Regionals, voor vlnr: Liandi Pienaar en Lindie de Beer. Agter vlnr: Gillian Trollope, Melissa de Beer en Monica Willats.

Die groep Thabazimbi ruiters wie Limpopo verteenwoordig het by die Inter-Regionals, voor vlnr: Liandi Pienaar en Lindie de Beer. Agter vlnr: Gillian Trollope, Melissa de Beer en Monica Willats.

PRETORIA – Die 2009 Inter-Regionals vir perdespring het vanaf 14-16 Augustus te Kyalami Equestrian Park plaasgevind.
Die spanne van Oos, Wes, Suid, Noord, Sentraal Gauteng en Limpopo het meegeding. Thabazimbi ruiters wat Limpopo verteenwoordig het, was Monica Willats met Wes Maki Saki (Adults 90cm), Melissa de Beer met Opressor (Adults 90cm), Gillian Trollope met Corn Time (Adults 1m), Liandi Pienaar met Solar Princess (PR 80cm) en Lindie de Beer met Wairwolf (1.1m).
Volgens die Thabazimbi ruiters was die kompetisie baie mededingend en voltooi die kompetisie met die volgende uitslae:
Monica Willats met Wes Maki Saki verower twee derdeplekke, ‘n vierdeplek en haar span ‘n derdeplek. Melissa de Beer met Opressor wen ‘n tweedeplek, Lindie de Beer met Visa ‘n tweedeplek, Gillian Trollope met Corn Time se span behaal ‘n tweedeplek en Liandi Pienaar met Solar Princess se span behaal ‘n vierdeplek.

Posted in Sport0 Comments

womans day

Celebrating Women’s Day

The Tambotie Medical Centre was presented with a food processor by a third group of Kumba ladies, celebrating Women’s day, who also handed out toiletries to the Helpende Hande organisation.

The Tambotie Medical Centre was presented with a food processor by a third group of Kumba ladies, celebrating Women’s day, who also handed out toiletries to the Helpende Hande organisation.

THABAZIMBI – On 7 August 2009 the Kumba ladies celebrated their day by giving back to the young and old.
One group of employees put on their overalls to brighten up Thabang Place of Safety; they painted the main gate in bright colours, sanded down and varnished tables, and painted the wall at the main entrance on the Rustenburg road.
Another group assisted the feeding scheme teams at the Istores, Ysterberg and Deo-Gloria Primary schools in Thabazimbi to prepare food and dish up. They also handed out water bottles filled with sweets, chocolates and soup packets.
A third group presented the Tambotie Medical Centre with a food processor and mixer and spent some time with the elderly. They also handed out chocolates to patients at the local hospital that were involved in the bus accident the previous day. A donation of groceries was made to Diakonia Centre, a charity that supplies needy children with one meal a day. The ladies also handed out toiletries to Helpende Hande, an organisation that looks after the terminally ill and cancer victims.
Yet another group visited the Sonskyn and Bosveld old age homes to donate care packages to the residents. The packages included biscuits, dried fruit, juice, and cookies.

Posted in General0 Comments

rugby

Klein botteltjie met groot gif

Die O/11 rugbyspan van Laerskool Koedoeskop het gedurende die rugbyseisoen gewys dat hulle die span is wat gewen moet word. Op die foto saam met die span is hul afrigter mnr Gustav Grobler, hoof van Laerskool Koedoeskop.

Die O/11 rugbyspan van Laerskool Koedoeskop het gedurende die rugbyseisoen gewys dat hulle die span is wat gewen moet word. Op die foto saam met die span is hul afrigter mnr Gustav Grobler, hoof van Laerskool Koedoeskop.

KOEDOESKOP – ‘n Ou gesegde onder ons volk. Kyk ons na die afgelope rugby seisoen en na die O/11 Rugbyspan van die Laerskool Koedoeskop word die gesegde weereens bevestig.
Met ‘n baie sterk en goed gemotiveerde span, wat teen medium skole gespeel het terwyl hulle in die klein Skole afdeling moet speel, onder die wakende oog van hulle afrigter mnr Gustav Grobler, Hoof van Laerskool Koedoeskop, het die mannetjies vanaf die eerste wedstryd gewys dat hulle hierdie jaar gewen moet word. Met mannemoed en deursettingsvermoë het hulle elke wedstryd met hernude ywer aangepak en ‘n sukses daarvan gemaak. Tydens die liga wedstryde het Laerskool Koedoeskop as naas wenners geëindig in Limpopo. In die provinsiale kompetisie speel hulle teen Drakenstein en wen 34-5, die tweede wedstryd was teen Eugene Marais en hulle wen 29-5. Tydens die Bondedag in Volksrust, natuurlik baie kouer as waaraan ons Bosvelders gewoond is verteenwoordig deur Koedoeskop Limpopo en hul speel soos volg:
Eerste wedstryd teen Blou Bulle, Bergsig wen Koedoeskop 24-12; die tweede wedstryd teen die Luiperde wen Koedoeskop 29-5; Finaal teen Mpumalanga – Malalaan speel Koedoeskop gelykop 0-0 en deel die Trofee.
Aan al die Koedoeskopspelers, ouers en onderwysers, wens Laerskool Koedoeskop se O/11 borg, Thabazimbi Motors hul geluk met die prestasie. Dis ‘n span waarop almal kan trots wees.

Posted in School News0 Comments

Road side ads to be removed

Hennie Pauw

THABAZIMBI – A meeting with all businesses in Thabazimbi, Northam, Rooiberg, Leeupoort and Kromdraai will be held on Wednesday 9 September at 10:00 in the Library Hall in Thabazimbi to discuss the issue of advertisement boards on road sides. All road side advertisement boards must be removed by 30 September 2009.
The municipality requests that all businesses be represented at the meeting from all over the municipal district, especially those who advertise by means of road side advertisement boards. It is, however, important that those who advertise elsewhere (eg wall advertising) and all prospective advertisers be present, says Johnny Motaung, head of Protection Services at the Municipality.
Even though the municipal by-laws control the display of advertisements on the road side, and allow the municipality to remove illegal boards, he would like the process to be inclusive, says Motaung. All the local businesses must own the project and decide together on the shapes, colours and sizes of advertisements, as well as where they are to be displayed.
At the moment, says Motaung, the road reserves are flooded with advertisement boards, and it gives a bad impression to tourists and visitors.
For any further enquiries Liezie le Roux, project organizer, can be contacted on 082 893 4208.

Posted in Business0 Comments

Puik ontwikkeling – Akasia Park

THABAZIMBI – Akasia Park is ‘n puik nuwe ontwikkeling in Thabazimbi, waar die ontwikkelaar werklik moeite gedoen het om sover as moontlik bome behoue te laat bly. Die ontwikkeling het een geplaveide bedieningspad en sal met voltooiing uit 37 eenhede bestaan. Die besonderse rustige omgewing asook die uiters realistiese pryse maak hierdie ‘n uitstekende proposisie vir beleggers, afgetredenes, asook eerste kopers. Voordele van Akasiapark sluit die volgende in: Elektriese omheining vir sekuriteit, kitsgras vir elke woning en transportkoste is ingesluit. Alle eenhede is “voltitel”. Vir navrae rakende Akasiapark, skakel Barend Gerber by 082 469 5727 of Bertie Joubert by 082 373 8301.

Posted in General0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

SDC12113 Paragliding Elandskuil Krokodil Marakele Thabazimbi Vloed 18.gif Thabazimbi Vloed 20.gif Marakele Eko roete SDC12104 4x4

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:50 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2009
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools