Archive | August 28th, 2009

Stemming the onslaught by rhino poachers

Hennie Pauw

THABAZIMBI – Amidst a nationwide onslaught by rhino poachers, rhino owners of Thabazimbi and surrounding areas held a workshop last week in the hope of stemming the flood of rhino killings.
Over 60 rhinos have been poached already this year in South Africa. In the 10 days preceding the meeting 5 rhinos were killed in the Limpopo Province – two of them in the Rooiberg area and more poaching activities were observed, in that area.
The impact of these poachers and the syndicates behind them are referred to as a “tsunami” and “a much bigger problem than most realize”.
The effort and co-operation that rhino owners must put into a joint resistance operation was compared to safeguarding gold coins by stowing it in a safe place, by Pelham Jones, one of the conveners of the meeting. You will not leave your valuable gold coins lying around to be stolen, he said.
From the meeting it was clear that the time has expired for farmers to think it was beneficial to divulge as little information as possible about their stock. It is clear enough by now that the poachers know of the existence and position of most of the rhinos in the country and that the best way to fight these informed organizations, is to build up a proper database and communication system amongst rhino owners in a specific area.
At the workshop, which follows after a high profile workshop in the Kruger National Park with Ken Maggs, well-known anti-poacher, it was decided that private rhino owner hubs will be created throughout the country, each with its own communication and operations network.
The Thabazimbi hub will be the first to be created in this fashion in South Africa. In a radius of 120km around Thabazimbi the area will be divided into four sub-sections. The Bela-Bela, Dwaalboom, Brits and Lephalale roads will form the boundaries of the four sections. In each of these four sections rhino owners will organize themselves and be on stand-by to communicate and act if and when poachers strike, but primarily be more pro-active in the protection of this threatened species.
Jones said it was important for all farmers to have telephone numbers of neighbouring rhino owners, police, nature conservation officials, veterinary surgeons and all other concerned parties handy at home, in the car and wherever. Intelligence must be shared.
A Johannesburg security company will assist in getting the communication network going by providing to each subscriber, for R85 per month, relevant information on rhino poaching activities and risk periods.
In turn the rhino owner, when a rhino has been poached on his farm, must submit all relevant information to the network, such as police case numbers, type of vehicles spotted, information on tracks and snares etc.
It is important for farmers and neighbours to bury longstanding differences, said Jones, since the network will only be as strong as its weakest link. The “all for one and one for all” approach must be applied since it has been proven that on their own rhino owners are not capable of protecting their valuable livestock, and indeed are very vulnerable.
The workshop was attended by specialists, game capture experts, rhino owners, facilitators, veterinary services, nature conservation and members of the police.
Anybody who is interested in joining the rhino owner network can contact Pelham Jones on 082 299 3161,  Rubin Els on 082 371 5083 or Trevor Roberts on 083 655 1315.

Posted in Nature0 Comments

kudu

Kudu Bull under the hammer

This 63” kudu bull was sold for a record price of R96,000 at the Renken Game Pens on Saturday 22 August in Lephalale.

This 63” kudu bull was sold for a record price of R96,000 at the Renken Game Pens on Saturday 22 August in Lephalale.

LEPHALALE – There was a palpable sense of excitement in Ellisras (Lephalale) on Saturday 22 August 2009 at the Renken Game Pens when auctioneer, Corne du Plessis from CDP Auctioneering Services achieved the highest price yet for a 63” Kudu bull. The kudu sold for a record price of R96,000.  Game farming is big business, it is estimated that more than $1.5-billion dollars has been invested by private landowners in game farms occupying over 11-million hectares. A range of specialist services including; game capture units, auctioneering, specialist breeders, helicopter services and wildlife consultants have been established to support the industry and together these services are rumoured to generate an annual turnover exceeding $100-million.
Keeping the crowd entertained while urging the audience to place their bids is all in a day’s work for auctioneer, Corne Du Plessis. Corne’s gregarious and engaging personality has made him well known among Lephalale residents. He always has time to “kuier ‘n bietjie” with the locals. He started off using his auctioneering skills at auctions held by churches, businesses and other institutions and in 2007 he developed his own auctioneering company, CDP Auctioneers.
Corne brings to the auction his great sense of humour and honour, making the auction an enjoyable and successful event.  “I love the interaction and the excitement as the bids build,” says Corne. “Being an auctioneer requires resourcefulness as well as motivation. You need to have excellent people skills in order to monitor the crowd’s feelings and simultaneously be able to entertain an audience while trying to extract bids from serious buyers.”

Posted in General0 Comments

willie van jaarsveld

Limpopo se Toyota Jongboer aangekondig

Agri Limpopo se nuwe Toyota Jongboer van die Jaar vir 2009 is Vrydagaand aangewys (vlnr): Willie van Jaarsveld (beoordelaar en seremoniemeester), Mariana en Kerneels Hatting (wenner) en dr Theo de Jager (vise-president van Agri SA) besig om hom geluk te wens.

Agri Limpopo se nuwe Toyota Jongboer van die Jaar vir 2009 is Vrydagaand aangewys (vlnr): Willie van Jaarsveld (beoordelaar en seremoniemeester), Mariana en Kerneels Hatting (wenner) en dr Theo de Jager (vise-president van Agri SA) besig om hom geluk te wens.

Elana Greyling

“Ons is trots op ons jongboere en wil hulle soos kosbaarhede oppas,” was die gevoel van mnr Francois van den Berg, president van Agri Limpopo.
Die Toyota Jongboer van die Jaar vir Limpopo is op Vrydag, 21 Augustus in Polokwane aangekondig.
Die wenner, Kerneels Hatting is vanjaar afkomstig van Burgersfort waar hy werk as plaasbestuurder vir Fanie en Willie Potgieter. Kerneels het begin as werktuigkundige en het later by Fanie oorgeneem. Hy was aanvanklik verantwoordelik vir grane en droë bone, maar hanteer tans die sitrusafdeling op die plase. Hy het drie Bosvelders uitgestof vir die titel, Corne du Plessis wildbboer en entrepreneur van Lephalale), Andries van der Waltt besproeiingsboer) en Koos van Wyk van Maasstroom (Voerkraal en beesboerdery).
Die wenner ontvang ‘n kontantprys van Agri Limpopo ter waarde van R 10 000.
Die beoordeling, onder leiding van mnr Willie van Jaarsveld, ‘n landbou-ekonoom, was streng en elkeen van die vier finaliste is persoonlik besoek en vir meer as vier ure besig gehou. Die proses is op film verewig deur mnr Gerhard Vos, voormalige Jongboer van Lephalale, wat ‘n dokumentêre DVD opgestel het.
Dis reeds die sesde jaar dat Agri Limpopo in samewerking met Toyota die kompetisie aanbied. Mnr Deon Viljoen, van Limpopo Toyota, het die jongboere geloof vir hulle vernuf, kundigheid en het Agri Limpopo gelukgewens met die hoë standaarde van hul jong boere. “Die landbou bly vir ons ‘n prioriteit en Toyota help graag om jong boere by te staan om innovering en gesonde bestuurspraktyke in hul boerdery te kry,” beloof Viljoen. Elke finalis het ‘n pakkie van Toyota ontvang.
Hatting dring nou deur na die nasionale vlak van die kompetisie waar ‘n Toyota Hilux op die spel is.

Posted in Agriculture0 Comments

lee-ann

Jong kinderlaggie gestil

Lee-Ann Vorster, die klein “wonderwerk” dogtertjie van die Vorster-gesin is op 8 Augustus oorlede.

Lee-Ann Vorster, die klein “wonderwerk” dogtertjie van die Vorster-gesin is op 8 Augustus oorlede.

THABAZIMBI – Klein Lee-Ann Vorster, die “prinsesmeisiekind” van Melt en Daleen Vorster het op 8 Augustus 2009 gesterf.
In ‘n briefie aan haar dogter skryf Daleen: “Ons meisiekind, ons het die Here gevra vir ‘n meisiekind, Hy het jou spesiaal vir ons uitgesoek, want jy was so spesiaal. Jy het ons van liefde geleer want jy het ons altyd van jou liefde verseker deur net in jou ogies te kyk, en ook om baie na aan Hom te leef, want jy was van dag een af wat jy by ons was ‘n wonderwerk. Ons Prinsesmeisiekind ons sal jou nooit vergeet nie. Lief jou altyd tot ons weer ontmoet.”
Lee-Ann is op 13 Augustus uit die AGS Kerk Thabazimbi begrawe. Haar plekkie in die Vorster-gesin is nou leeg. Graag bedank die gesin die volgende instansies, familie, vriende vir hulle ondersteuning en hulp tydens hul engel dogtertjie se afsterwe: Doves vir hul professionele diens wat hul gelewer het, Emanuel gemeente vir die voedsel en bystand wat hul voorsien het, Pastoor Enslin vir die gebruik van die AGS kerk en fasiliteite, Pastoor Danie Breedt en Annatjie vir hul bystand en diens wat hul gelewer het, Kumba Iron Ore personeel vir die ruiker en ondersteuning, Eric Marx Prokureurs/Arora Eiendomme vir die ruiker en ondersteuning, Bets Snyman van AnnaBeth vir die pragtige kis en kerk ruiker.
Ook vir dr Buys, dr Blignaut, Alta Graham, Danie en Medhof apteek se personeel vir hul bystand en bemoediging. ‘n Spesiale woord van dank word teenoor al die vriende, familie uitgespreek wat hul so baie ondersteun het in die moeilike tyd en nogsteeds tydens die lyding wat haar leë plekkie meebring.

Posted in General0 Comments

TFPA

Grondeienaars kan verantwoordelik gehou word vir vure

Die uitvoerende bestuur van die TFPA is (voor van links) Johnny Motaung Brandbeskermingsoffisier), Gert Gouws (Kromdraai), Jaap Barnard (TFPA voorsitter) en Leofwin Erasmus(Zimthabi). Agter staan Phillip Nel (Rooiberg), Renette Lategan (TFPA sekretaresse), Joggie van Bruggen (Northam), Jan Fourie (Cumberland) en Jan Viljoen (Sentrum).

Die uitvoerende bestuur van die TFPA is (voor van links) Johnny Motaung Brandbeskermingsoffisier), Gert Gouws (Kromdraai), Jaap Barnard (TFPA voorsitter) en Leofwin Erasmus(Zimthabi). Agter staan Phillip Nel (Rooiberg), Renette Lategan (TFPA sekretaresse), Joggie van Bruggen (Northam), Jan Fourie (Cumberland) en Jan Viljoen (Sentrum).

Hennie Pauw

THABAZIMBI – Grondeienaars wat daarin gebreke bly om hul verantwoordelikhede na te kom ten opsigte van voorkoming, uitbreek en verspreiding van vure, kan finansieel aanspreeklik gehou word vir skade aan eiendom.
Hoewel baie vure verlede jaar in die omgewing voorgekom het, was daar geen skuldigbevindings nie. Dit beteken egter nie dat dit vanjaar weer die geval sal wees nie, het Jaap Barnard, voorsitter van die TFPA (Thabazimbi Fire Protection Association) gesê tydens Thabazimbi Brandbeskermingsvereniging se jaarvergadering onlangs.
Twee boere in Mpumalanga is deur die hof gelas om meer as R27m skadevergoeding te betaal aan ‘n plantasie-eienaar. As gevolg van nalatigheid en gebrek aan brandstroke op die boere se eiendom, het ‘n vuur versprei na die plantasie.
Thabazimbi se brandbeskermingsvereniging (oftewel TFPA) is tydens ‘n 2008-oudit beskryf as die vereniging wat landswyd die beste groei getoon het en as een van die bes funksionerende verenigings landwyd.
Aangesien die TFPA nog maar jonk is, en die gevaar van brande groot uitdagings bied in ons omgewing, is dit van kardinale belang dat die ontwikkeling van die TFPA volgehou word, lidmaatskaptal groei en strukture en stelsels in plek gestel word.
Van die belangrikste maatreëls waarvan individuele grondeienaars bewus moet wees, is brandstroke op plase, die minimum brandtoerusting, beskermingsdrag vir brandslaners en opleiding van brandslaners.
Boere moet tydens die brandseisoen bewus wees van die brandindeks en weerstoestande wat brande kan laat versprei. Wetgewing is belangrik en bure, die TFPA en Dept van Landbou moet in kennis gestel word as ‘n boer beplan om te brand. Beserings wat brandslaners opdoen tydens vuurbevegting kan ‘n boer ook duur te staan kom. Dit is dus belangrik dat ‘n werkgewer bewus is van voorskrifte ten opsigte van die gebruik van werknemers om vure te blus.
Aan lede van die brandbeskermingsvereniging word ‘n aksieplan beskikbaar gestel en ook die prosedures wat gevolg word indien hulp met brandslanery benodig word. Die Working on Fire(WoF)-span by Marakele, is, teen koste, beskikbaar om vure te help blus indien grondeienaars nie self daarin kan slaag nie. Lede van die TFPA betaal laer kostes vir die uitroep van WoF-spanne.
Ander sprekers tydens die jaarvergadering was Brian Homewood, Vuuradvisieur van die Departement Landbou, Bosbou en Visserye, en Shaun Eastes, provinsiale koördineerder en Versendingsbeampte van WoF, Gauteng.

Posted in Agriculture0 Comments

bosveld akademie

Bosveld Akademie beplan vooruit

Twaalf, ses bo en ses onder, van die 19 beplande klaskamers van Bosveld Akademie is hier in aanbou.

Twaalf, ses bo en ses onder, van die 19 beplande klaskamers van Bosveld Akademie is hier in aanbou.

THABAZIMBI – Altesaam 19 klaskamers is tans in aanbou vir Bosveld Akademie, wat tans hul leerders in die AP Kerk onderrig.
Dié groot uitbreidings kan net beteken dat die skool ‘n groot toename in getalle verwag. Tans verskaf dit opleiding aan 71 leerlinge van Gr R tot 12. Die sportveld en pawiljoen is reeds voltooi en 2 netbalbane word vir die nabye toekoms beplan.
Vier van die 19 klaskamers maak voorsiening vir junior opleiding wat ‘n  kleuterklas, vóór Gr R, insluit.
Die geboue vir die skoolsaal, administrasie, ablusies en ‘n rekenaarsentrum, is ook reeds voltooi. Die materiaal wat gebruik is vir skool is twee lae chromadek (ook vir plafonne) met polistereen-insulasie in die middel. Dit verseker hitte in die winter en koelte in die somer, vertel skoolhoof Danie Nortjé.
‘n Optimistiese en opgewonde mnr Nortjé  meen dat sy kantoor reeds in Oktober sal kan betrek.

Posted in School News0 Comments

roland van tonder

Roland van Tonder: Uit een koppie

Roland van Tonder is vir 'n dekade en 'n half reeds voorsitter van die Koedoeskop Besproeiingskema en voel sterk oor boere en hul waterregte.

Roland van Tonder is vir 'n dekade en 'n half reeds voorsitter van die Koedoeskop Besproeiingskema en voel sterk oor boere en hul waterregte.

Elana Greyling

KOEDOESKOP – Roland van Tonder is ‘n bekende besproeiingsboer in die Koedoeskop-omgewing.
Hy is ernstig oor sy water, soos elke besproeiingsboer behoort te wees. Hy is reeds ongeveer vyftien jaar voorsitter van die Koedoeskop Besproeiingsraad en het by die eerste voorsitter, wyle oom Koos Meintjies van Assen, oorgeneem. Roland was ook voorsitter van die plaaslike boerevereniging ‘n hele paar jaar gelede.
Hy is as meganiese ingenieur gekwalifiseer, maar boer reeds 34 jaar. Sy groot liefde is sy vliegtuie. Sy boerdery loopbaan het begin toe hy lugbespuiting begin doen het. Deesdae plant hy koring en sojabone, verwerk sy eie voer, vlieg oorsese toeriste Okovango Delta toe en boer ‘n bietjie wild in die Kalahari. Hy skryf sy sukses toe aan die kwaliteit van sy span. Hy glo as ‘n mens jou met kwaliteit mense omring, kan jy net suksesvol wees.
Roland is baie bekommerd oor die impak wat beplande ontwikkelings deur ESKOM, Exarro en SASOL op die Bosveld sal hê. Die watervoorsiening vir die beplande projekte in die Steenbokpan-omgewing raak die KBR direk. Water vanaf die Hartebeespoortdam moet vanaf Thabazimbi per pypleiding na die gebied gelei word. Dit sal ‘n direkte en dramatiese impak hê op die water wat vir die KBR boere beskikbaar is. Die gebied het die afgelope twee jaar ‘n goeie seisoen beleef en daar is tans geen probleme nie, maar drie jaar gelede het die KBR nie genoeg water vir hul eie behoeftes gehad nie. Almal wat die Bosveld ken, weet water is maar altyd ‘n probleem, meen hy. Met planne van die Departement Waterwese en Omgewingsake (die voormalige DWAF) moet ‘n situasie vroeër of later ontstaan dat boere en industrieë moet meeding om dieselfde water.  “Ons drink almal uit dieselfde koppie,” waarsku hy. Dit sluit besproeiingsboere bo die Hartebeespoortdam in, wat nie onder ‘n besproeiingsraad georganiseer is nie, die Hartebeespoortdam besproeiingsboere, boere bo Roodeplaatdam, die KBR, die Mogol Besproeiingsraad word almal geaffekteer. As boere en industrieë om dieselfde water meeding, sal die industrie altyd wen, waarsku hy. Boere in die KBR produseer tans koring in die winter en sojabone in die somer. Die opbrengs hiervan beloop ongeveer R 1,1 biljoen op 40 000 hektaar. Huidig het boere nog vertroue in die gebied en besproeiingsgrond word tans verkoop teen R 100 000/hektaar.
Sonder ‘n redelike waarborg van konstante watervoorsiening, is die pryse egter nie moontlik nie. Hoewel konsultante boere verseker dat hul waterregte nie onteien sal word, twyfel boere egter of daar genoeg water vir almal kan wees. Met verwagte verhoogde afvloei van Hartebeespoort af, moet die water opgedam word, volgens Roland.
Die KBR se plan is duidelik: verhoog Klipvoor- en Mokolodamme en bou stuwalle by Vlieepoort en Boschkop. Dit behoort genoeg water te kan opvang gedurende die somermaande om voorsieningsprobleme op te los. DWAF het egter in twee jaar se tyd nie op hierdie voorstel gereageer nie. Argumente is dat damme sal toeslik. Roland glo dis ongegrond, omdat bestaande damme nie toeslik nie.
Boere het tans 130 miljoen kubieke meter water nodig en met verliese in die rivier, benodig die Krokodil-Wes skema ongeveer 200 miljoen kubieke meter water om produktief te kan funksioneer. Die aanvraag van die industrieë  is ook soveel en die behoefte verdubbel dus.
Roland glo die voorstel kan werk.. “Hierdie hele Medupi-projek van Eskom is een van die grootste bouprojekte in Suid-Afrika en as hulle nog ‘n paar rand ekstra sou spandeer, kan dit ‘n wen-wen situasie wees. Indien nie sal hulle die kos uit boere se mond vat en daarmee saam voedsel sekuriteit bedreig.”
Gedurende die tyd dat Roland voorsitter van die KBR was, was alle besluite binne die Raad konsensus-besluite. Selfs in tye van waternood, is probleme op ‘n vredeliewende wyse opgelos. “Ons beskerm mekaar se belange, omdat ons voortbestaan vir mekaar belangrik is,” vertel hy. Hy sal nie graag wil sien dat hierdie bestaan bedreig word deur kortsigtigheid in die naam van vooruitgang nie.

Posted in Agriculture0 Comments

Munisipaliteit aanvaar nie dispuutverklaring

Hennie Pauw

THABAZIMBI –Die tweede dispuut wat deur die TVF teen die Thabazimbi Munisipaliteit verklaar is vir die 2009/10 finansiële jaar is nie aanvaar nie, aangesien die feite, volgens die Munisipale Bestuurder se mening, ongegrond is.
Die TVF het reeds `n dispuut verklaar in Mei 2009 ten opsigte van die 2008/09 begroting. Dié dispuut is nog nie aan gespreek deur die munisipaliteit nie.
‘n Tweede dispuut is verklaar teen die begroting vir 2009/10, op grond daarvan dat die insette van die publiek geïgnoreer is ten opsigte van die begroting, dat geen publieke konsultasie plaasgevind het ten opsigte van die implementering van die belastingbeleid en dat die huidige finansiële jaar se begroting nie op werklike uitgawes gebaseer is nie, maar op die vorige jaar se begroting.
Die munisipaliteit ontken hierdie aanklagte. Volgens die munisipaliteit, indien ‘n belastingbeleid, met enkele wysigings ooreenstem met die vorige jaar se belasting beleid, word ‘n volle proses van vergadering en publieke konsultasie nie benodig nie.  Die munisipaliteit is van mening dit die geval met die huidige  belastingbeleid is.
Die vorige begroting is goedgekeur saam met ‘n belastingbeleiddokument wat nooit ter insae van die publiek was nie. ‘n Belastingbeleid  is wel versprei en kommentaar daarop ontvang vir die 2009/10 begroting. Die dokument wat egter goedgekeur was tydens die 2009/10 begrotings proses, was verskillend van die goedgekeurde een van 2008/09 en verskil wesenlik in inhoud.
Vir goedkeuring van die finansiële begroting tydens die Raadsvergadering, word dit deur wetgewing vereis dat, alvorens die Munisipale Raad `n besluit kan neem om die begroting goed te keur, alle insette wat die publiek gelewer het, deur die burgemeester aan die Raad moet openbaar. Slegs na bespreking van die insette deur raadslede, kan die Raad `n beslissing maak oor die begroting. Hierdie voorgeskrewe prosedure is nie deur die burgemeester gevolg nie.
Groot ongelukkigheid bestaan by die TVF omdat die munisipaliteit in gebreke bly om die ware finansiële toedrag van sake bekend te maak aan die mense van Thabazimbi.
Na ‘n lang gesukkel om dokumentasie te bekom oor die werklike uitgawes van die munisipaliteit en hoe dit met die huidige begroting vergelyk, blyk dit daar verskeie diskrepansies is in die inligting wat aan die publiek verskaf word. Die verskil is as gevolg van die vergelyking van begrote syfers van die vorige finansiële jaar, sonder die inagneming van die werklike uitgawes tydens die selfde periode.
Ten opsigte van die vorige jaar se begroting is daar met R1,8m oorspandeer op die salaris-begroting. Die voorspelde 41% verhoging (wat voorsiening maak vir die aanstelling van 40 nuwe werknemers) in vanjaar se begroting is bereken op die vorige jaar se begrote bedrag. Op hierdie manier, meen die Voorsitters Forum, word die oorspandering verdoesel of “minder persone word aangestel om die oorspandering goed te maak”.
Die “begroting op begroting” dui ‘n verhoging van 23% aan, maar die werklike verhoging, gemeet aan werklike uitgawes, na beplande uitgawes is 31%. Dit blyk ook dat die inkomste volgens begroting met 23% verhoog, maar die werklike verhoging van inkomstes 37% is.
Dit is onduidelik waarom die werklike verhogings nie in die begroting aangedui is nie of in die persverklaring van die burgemeester bekend gemaak is nie.
Dit blyk dat die grootste persentasie nie-betalers van dienste en belasting in Regorogile is (41,6%), dan Northam (amper 20%), landbou (12,8%) en Thabazimbi (16,6%). Dit blyk dat daar ‘n bedrag van meer as R48,5m se skulde is wat agterstallig is. Van die bedrag verteenwoordig Regorogile se uitstaande skuld R20,5m. Die totale gelewerde rekening maandeliks vir dienste en eiendomsbelasting vir Regorogile beloop om en by R600 000 per maand.
Ernstige vrae word ook gevra oor die rede waarom myne soos Northam Plats, Amandelbult en Swartklip se belasting wat hulle moet betaal, nie op die inkomstestaat aangetoon word nie en of hulle wel betaal. Daarenteen het PPC Sement meer as R16m meer betaal as die R6,2 waarvoor begroot is, sonder enige verduideliking waarvoor die addisionele betaling is.

Posted in General0 Comments

Ellisras Toyota Vuurwapenfees Saterdag

ELLISRAS – Die jaarlikse Ellisras Toyota Vuurwapenfees vind hierdie naweek, op Saterdag 29 Augustus vanaf 08:00 te Ellisras se Knapskoot Skietbaan plaas.
Die toegang tot die Vuurwapenfees is gratis. Daar is egter deelnemersfooie vir elke item betaalbaar. Skuts registreer teen R20 vir die dag, en skryf dan vir die verskillende items in. Verversings sal te koop aangebied word en geen alkohol word deur die dag toegelaat nie. ‘n Prysuitdeling word na die verrigtinge gehou, gevolg deur ‘n wildsvleisete, gratis vir almal wat dit bywoon. Deelname aan die Vuurwapenfees kan as bewys dien dat vuurwapeneienaars hul vuurwapens aktief gebruik en sal help met herlisensiëring. Bring dus u logboeke, en laat dit deur die baanoffisier teken. Vir meer inligting besoek www.vuurwapenfees.co.za, of skakel Willie Barnard by  083 292 5419.

Posted in General0 Comments

Uitslae Tarentale Jukskeiklub – Opedag

MOKOPANE – ‘n Baie geslaagde Opedag het op Saterdag 15 Augustus te Mokopane plaasgevind ter viering van die Klub se 70ste bestaansjaar.
Vir Fanie en Nettie Genis was dit ook ‘n groot dag met die herdenking van hul 62ste Troudag, hulle is ook die ouers van die huidige voorsitter, Fanie Genis. Die klub is oorspronklik deur ‘n Genis gestig en gooi die vierde geslag nou al skeie vir die Tarentale-klub. Volgens die organiseerders was die opkoms goed en 34 spanne het meegeding in Afdelings A, B en C. Uitslae is as volg:
A-Afdeling – (11 Spanne) 1ste Pretoria wen ‘n kleur TV-stel, 2de “Die Vier” van Boksburg en 3de “Jan se Span” van Pretoria.
B-Afdeling – (11 Spanne) 1ste Steenbokke van Polokwane wen ‘n mikrogolfoond, 2de Soutpan van Louis Trichardt en 3de Thabazimbi.
C-Afdeling – (12 Spanne) 1ste Tarentale stap weg met ‘n DVD-speler, 2de “Haak-en-Steek” van Klerksdorp en 3de Steenbok. Daar was ook pryse vir die spanne wat in die 2de en 3de plek geëindig het. Graag wil die klub die volgende borge vir hul bydrae bedank:
Jan Wurm van Mokopane vir die 2 kleur televisiestelle, PP Rus Makelaars, Waterberg Makelaars en Coty Pompe, almal van Mokopane.
Op 28 Augustus 2009 om 14:00 word die Skole-liga aangebied en op Saterdag 29 Augustus is die Junior Keuring vir die Bondedag op 10 Oktober te Krugersdorp. Die Liga en Keuring is op die bane te Polokwane.

Posted in Sport0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 11.gif Lugvertonings Thabazimbi Vloed 46.gif Oppikoppi Thabazimbi skole Thabazimbi Vloed 14.gif Wit leeus SDC12119 Die shuttle?

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:38 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

August 2009
M T W T F S S
« Jul   Sep »
 12
3456789
10111213141516
17181920212223
24252627282930
31  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools