Laerskool Borgdag suksesvol

THABAZIMBI – Laerskool Dwaalboom se borgdag verlede Saterdag was ‘n groot byeenkoms. Met meer as 80 spelers op Thabazimbi Gholfklub se baan het dit broekskeur gegaan om die spel te laat vloei veral met die baie verversingspunte wat daar was. Almal het darem voor donker klaargemaak. Met die prysuitdeling het elke paar wat die dag gespeel het met ‘n prys weggestap.
Drie pare eindig saam met 47 punte elk naamlik L de Beer en S Denton; Piet Venter en Gawie Hendriksz; W Olivier en D Steenkamp. Nita en Johan Barnard en Alta Venter en Henry Bredenkamp met 44 punte was ook onder die voorlopers.
Namens die Thabazimbi Gholfklub word die  personeel en bestuursraad van Dwaalboom se Laerskool bedank vir die moeite wat hulle gedoen het om die dag op so’n groot skaal aan te bied. Baie dankie veral aan al die borge wat bygedra het tot die sukses van die dag. Sonder die goeie gesindheid van borge kon die dag nie so suksesvol afgeloop het nie. Die heerlike eetgoed wat gehelp het om die dag so lekker te maak is deur ons restauranteur, Corné, voorgesit.
Elke Woensdag se Sonsakker word nog steeds deur Pick n Pay geborg. Mark Lee se Joleen sorg dan ook dat daar elke keer ‘n speler is wat hulle gelukkige trekking wen.
Saterdag 23 Mei is dit weer liga op Naboomspruit. Die tuisblyers speel Vlagspel.
Saterdag 30 Mei is dit Beurtspel (Greensomes).