Besige naweek vir HFM.

THABAZIMBI- ‘n Besige naweek is agter die rug weens verskeie wintersportsoorte wat die afgelope naweek beoefen is.
Die naweek is geopen met ‘n vriendskaplike Skaaktoernooi teen Hoërskool Ellisras Vrydag 15 Mei te Hoërskool Frikkie Meyer. Die skole het gelykop geëindig met 12 punte elk. Die volgende leerlinge was almal bordwenners op die dag, Gustav Swart, Nadine Robbertse, Charles Niemand, Lizaan van Wyk, Scholtz le Roux (Gr6 Laerskool Thabazimbi) en Hannelie van Rensburg (Gr7 Laerskool Thabazimbi). Die hokkiespanne van HFM het vergoed vir hulle swak vertoning van die vorige byeenkoms teen Piet Potgieter, en het teen Ellisras baie beter gevaar. Daar was ‘n totaal van 5 wedstryde gespeel waarvan HFM 3 gelykop gespeel het en 2 gewen het, die Tweedespan span wen 5-0 en die Eerstespan wen 3-1, die o/14 A, o/15A en O/16A het almal gelykop tellings gehad. Die seuns hokkie speel ‘n vriendskaplike wedstryd maar verloor die stryd teen Ellisras met ‘n eindtelling van 1-2. Die Rugbyseuns het ook net so goed vertoon. Van die 8 wedstryde wat gespeel is wen die o/14A 29-7, die o/15A wen 21-19, die o/15B wen 17-7 die Derdespan wen 20-12 en die Eerstepan speel ‘n skitterende wedstryd en wen met ‘n telling van 16-6. Die Netbaldogters het baie goed gevaar en van die 10 wedstryde wat hulle gespeel het was daar net 4 wedstryde verloor. Die o/14 B wen 13-8, die o/15A wen 27-8, die o/15B wen 15-13, die o/16A wen 23-16, die o/16B wen 17-7 en die o/19A wen 33-9. Die o/14 A, o/17A, o/17B en o/19 B het hul wedstryde verloor.
Daar was ook leerlinge van HFM wat aan die Eisteddfod te Pretoria deelgeneem het in die Sang-afdeling. In die Duet-afdeling het Amanda Venter en Rickert Marais ‘n A+ behaal en in die Solo-afdeling behaal Amanda Venter ‘n A en ‘n A++.