Afsterwe van Ria Burger

Ria Burger, bekende inwonder van Thabazimbi is op 5 Mei in The Little Company of Mary hospitaal oorlede.
Ria Burger, bekende inwonder van Thabazimbi is op 5 Mei in The Little Company of Mary hospitaal oorlede.

THABAZIMBI – Ria Burger, ‘n bekende inwoner van Thabazimbi, is Dinsdag 5 Mei oorlede in die Little Company of Mary hospitaal.
Ria het lewer kanker gehad en het sedert die begin van April komplikasies gehad. Sy laat haar man Dries en twee kinders, Dries en Charlotte, agter. Dries Snr was voorheen werksaam by Kumba Resources te Lephalale en het in 2001 na Thabazimbi verhuis. Ria is Maandagoggend 11 Mei vanuit die NG Kerk ter ruste gelê.
Die gesin wil graag die volgende persone bedank: die gemeenskap van Thabazimbi vir al die ondersteuning en bystand tydens die afsterwe van my vrou en ons ma, Nelmarie Schutte met die hulp van al die reëlings, Arina van den Brink en Nika Bense vir julle bystand,dr’s Buys en Benade en al die boodskappe en telefoon oproepe van vriende en kennisse asook Thabazimbi Myn vir al die ondersteuning.
Dit is in swaar tye dat ‘n mens besef wat jy in ander mense het, die Thabazimbi gemeenskap is werklik ‘n ervaring om te beleef! Dries, Dries (jnr) en Charlotte Burger.