Categorized | General

Bosoorlog Veterane Vereniging in die lewe geroep

SABOV, oftewel die Suid-Afrikaanse Bosoorlog Veterane Vereniging, is ‘n nuwe organisasie gestig deur gewese Suid-Afrikaanse Weermag soldate vir die vergete soldate van die Bosoorlog. Dit is ‘n nie-winsgewende, nie-party politieke en nasionale vereniging wat tuiste sal bied vir die vergete soldate van ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se geskiedenis.
SABOV beywer hulle hoofsaaklik om die behoeftes en belange van die gewese Suid-Afrikaanse Weermag soldate te bevorder deur ‘n aantal aksies.  SABOV wil graag as platform dien waardeur die unieke identiteit van die soldate waardeer en erken sal word.  Hulle beoog om as spreekbuis op te tree vir alle relevante sake met betrekking tot soldate.
Die vereniging bied ook ‘n unieke kommunikasie kanaal waar soldate die geleentheid gebied word om mede soldate op te spoor, verhale van die oorlog te vertel en sodoende ‘n positiewe, opbouende beeld van die soldate uit te dra. Hulle is ook in proses om ‘n struktuur daar te stel vir soldate wat fisiese en of emosionele skade opgedoen het tydens die oorlog.
“Die bosoorlog mag ongewild gewees het, maar nie die soldate nie.  Ons was elite soldate wat een van die beste onkonvensionele weermagte in die wêreld beleer het.  Na 23 jaar wil ons die stilswye verbreek deur te verenig in kameraderie en die erkenning, respek en waardering wat ons as die oorwinnaars toekom, ons eie maak.”, se Robert de Vries, nuutverkose voorsitter van die Vereniging.
De Vries brei uit:  “Die vereniging het reeds byval gevind.  Honderde oud dienspligtiges het reeds geregistreer as lede en meer as 17 000 persone het reeds die webtuiste besoek.  Lede kommunikeer met mekaar en sukses is reeds bereik met die opspoor van inligting van gesneuwelde soldate vir familielede.  Vir die eerste maal is daar nou ‘n oop platform vir ons om ons ondervindinge en wedervaring te deel met wie ookal wil luister.”
SABOV het reeds voelers uitgesteek om takke landswyd te stig om alle lede toegang tot die vereniging te bied.
Alle belangstellendes kan die webtuiste www.sabwv.co.za besoek, of Robert de Vries by 076 909 9354 of Kobus du Plessis by 072 218 0345 skakel.

19 Responses to “Bosoorlog Veterane Vereniging in die lewe geroep”

  1. markus says:

    ek is n oud soldaat en trots op dit wat ons gedun het,sal dsit weer doen.maar die keer n beter job dun.ons mag nie ons gevalle broers virgeet nie.

  2. skerpskutter says:

    goed gedoen nou wa is al die manne van 6sai 83 -85 a coy

  3. P.S.H. Blaauw says:

    Hallo Manne
    Ek het 'n berig in die koerant gelees van hierdie organisaie.
    Ek dink dit is 'n puik gedagte wat verder bevorder moet word.
    Ek is ook vandag 'n afgetrede offisier wat baie dae terug dink aan die verskeie operasies in die destydse bosoorlog wat ek aan deelgeneem het.
    Ek sal graag weer van julle wil hoor.
    Groete,
    Piet Blaauw, Bellville.

  4. Petey Venter says:

    I was in 2 SAI Walvisbaai in 1976 Bravo Company from where we went up for border duty , eventhough we had a rough time it was very memorable and can never forget the stuff that happened ( still wake up because of it ) but is is something you can never describe to anyone else , if you didn't go through it you just will not understand . I was surprised to see that there are some people out there that still remember us reading “the CENTURION” i would love to hear from the guys that were in my company – The bluff guys , Dave , Greeff , Bobby , die Suidwesters SW, Duppy . Ons het ons plek “Armagedon” genoem . Die ouens wat die tyd nog kan onthou moet asb met my in kontak kom , sal baie graag weer van julle wil hoor .
    Infantrie groete.

  5. aber says:

    Ek was in Kimberly 1974 B Kompanie Majoor Serfontein( later swart hand) se manne SM Smit( rooi gesig) Lt Schreiber (later wildbewaarde in KrugerPark) KplZondag ( van PE) en later Staf Lubbe (grens) wonder wat het van die mense geword.
    Op grens in Omatimba en skuif kamp na Omouni.Van maats wat ek kan onthou; NOEL, GIBBS, TOOTH ,CHATANO, PIENAAR, STEYN,RACHCHE,BOTHA,VAN ROOYEN …..

  6. Christo Schenck says:

    Ek is bly ons het nog manne wat nie vergeet waar hulle wortels lê nie en dit bring baie herrinneringe terug al die lekker en die swaar. Ek was in 6SAI vanaf Julie’79 tot Junie ’81 D-komp.

  7. Arthur Clarke says:

    Ek was in 6 Sai 87-89.Charlie companie, Kaptein Nigrini was ons bevelvoerder, goeie ou dae. was velede jaar by die basis en baie terleurgesteld in die toestand van die plek. Het die tyd op Okankolo, SWA ook baie geniet

  8. Willem Burger says:

    Hierdie is beslis ‘n goeie ding om oud weermaglede bymekaar te kry. Ek was nou wel nie in die weermag nie, maar het my grensdiens in die Polisie gedoen. Wat my egter bekommer is die klomp mense van Koefoet wat hier naby gedamp is nou nou word daar geriefliksheidhalwe van hulle vergeet. Ek was vandag daar by hulle en hulle m,oet in die haglikste omstandighede bly en woon. Wat ‘n skande

  9. chris van zyl says:

    soek tiffieswat op 25 veld oshakati was 1978 junie tot 1979 oktober onthou nog die verf van die tiffie badge op die unimog se bonnet die beste ter wereld

  10. broer says:

    wil graag oud grens saldate uitnooi om in 2011 die 29 mei na die muur van herrinnering te kom waar al die name van soldate wat op die grens gesterf het dit is langs die voortrekker monument in pretoria ons mag hulle nooi vergeet nie nooit nie sien julle daar SILENT SOLDERS

  11. Thys Botes says:

    Ek het my diensplig in 1975 op Rooikop, Walvisbaai (2 SAI) gedoen en was ‘n “gunner” in 43 Battery. Later by die ou Suidwes Gebiedsmag diens gedoen.

  12. Hendrick Joubert says:

    Ja so onthou ons net die goeie van daardie tyd. Ons het makkers verloor en ons het voortgegaan met ons lewens. Ek dink aan die ouers, broers en susters, wat hul geliefdes afgestaan het vir Volk en Vaderland. Daardie gapings was en sal nooit gevul word nie. Hulle is op `n baie beter plek as ons wat agter gebly het, soos ons aan hulle dink, net so moet ons ook aan daardie families dink. HOU KOERS

  13. Hendrick Joubert says:

    Ek wil kontak maak met manne wat in Jan83/Jan85 in 1SDB was. Ek was in B Eskadron. Major C.P. du Toit was ons Bev. Ops Askari was deel van ons lewe.Enige iemand wat my wil kontak kan my by hendrickjou@gmail.com kontak.

  14. Piet van den Berg says:

    Ek wil graag kontak maak met oud Tank Tiffie’s wat betrokke was by OP
    Moduler. My Epos = pietvdb@vodamail.co.za. Oud Tankers is ook welkom,
    Waar is Lid Jonker Surkusleeu(Aubrie) en al die ander?

  15. Ek was SP Wag,Infantrie, Jan80-81,Kaapse Peleton,verskeie grensdiens, Ruacana, Okankolo,Wenela,ens,en mis my pelle, Apie,Mollie, Swannie,Beets, Wiese,Lt Oosthuizen,Blackie, Shrives.Sal nooit daai tyd vergeet nie,en verlang nou nog terug.
    As enige een van SP Wag hier lees, kontak my e-pos mervynt@telkomsa.net
    Woon nog steeds op Uitenhage.

  16. Deon Pheiffer says:

    Sjoe, dit was so laaank gelede………..

    Maar, nou dink ons weer terug na daai dae van swaarkry en goeie tye! Ek sal ook graag met manne in aanraking kom wat saam met my in 1975 by 2 SAI was – Manne soos Trosky (wat die heeltyd sy enigste tape van The Rolling Stones oor en oor en oor en oor gespeel het), Peter McQueen van Pietermaritzburg, Korp Hanson, en menige anderre! Maak kontak, ouens!

  17. Lieb says:

    Ek is opsoek na al die ou Sp WAG lede 1974 en Springs Regiment lede 1975 -1083

    Groete

    Manie Liebenberg

  18. Danie Matthee says:

    Dagsê aan alle ou SAW Oorlogs veterane

    Elkejaar in Augustus op Vroue dag is daar ‘n 50km “Fun Walk” vanaf Memel tot in Newcastle. Ek wil van die geleentheid gebruik maak om alle SAW Soldate wat in die Bosoorlog en Oorlog in Angola gesneuwel het te herdenk/vereer en alle Suid Afrikaners weereens bewus maak van die opoffering wat alle ou SAW Sodate gemaak het om op die Grens en Angola vir hul land te veg. Ons word ook as Oorlog kriminele deur die huidige regering gebrandmerk en die van ons wat NDP’s was word dan ook nie as Oorlog veterane geklasifiseer nie omdat ons nie permanente diens gedoen het nie.

    Hoe ek dit wil doen is om die 50km aan te pak met “full Army Kit” (Browns, Boots, Webbing, boshoed en dalk ‘n nagemaakte R4).Ek wil dan ook van die geleentheid gebruik maak om van die Ouman Plakkers te versprei aan alle “Oumanne” (SAW Oorlog Veterane) wat die dag daar is. Ek het die “go-ahead “ van sommige lede wat Kolonel Jan Breytenbach, Ariel Hugo (61Meg), Vic Sargent (Forgoten Soldiers) en Johan Schoeman (www.warinangola.com) insluit gekry. Kolonel Jan Breytenbach stel voor dat ons dit doen met ‘n paar “oumanne” wat saam in ‘n seksie stap. Dus as daar enige iemand is wat volgende jaar (2012) die 50km vasbyt saam my wil doen kontak my asb per e-pos by http://www.danie.matthee@lanxess.com

    Groete Danie Matthee

    Hi all old SADF War Veterans

    Every year in August on Woman’s Day there is a 50km Fun Walk from Memel to Newcastle.I wants to use this opportunity to commemorate/honor all SADF Soldiers that died in the Bush war and War in Angola. I also want to make the public aware of the offerings all old SADF Soldiers made on the border and in Angola. We are also been burn marked as War Criminals by the present government and all “NDP’s” are not recognise as War Veterans due to the fact that we didn’t served permanently in the SADF.

    The way I want to do this is to do the 50km walk with full Army Kit (Browns,Boots,Webbing, Bushhat and maybe a R4 replica). I also want to use the opportunity to spread some of the “Ouman “ stickers to all “Oumanne” (SADF War Veterans) present that day. I received the go-ahead by some members which include Colonel Jan Breytenbach, Ariel Hugo (61Meg), Vic Sargent (Forgotten Soldiers) and Johan Schoeman (www.warinangola.com)
    Colonel Jan Breytenbach suggested that a few “oumanne” do the 50km walk in a “seksie”
    So if there is anyone that wants to join me in the 50km “vasbyt” next year (2012) please contact me on my e-mail at danie.matthee@lanxess.com

    Greetings Danie Matthee

  19. Henk Niemandt says:

    Haai daar vergete makkers ek is Henk Niemandt ek was in 1 valskerm batteljon Echo kompanie 1986 tot 1988, het erg oor die kaplyn gewerk vanaf Odangwa saam met verkening as bystand vir hulle, sal graag weer van julle wil hoor en of dit wat daar gebeur het ook so onvergeetlik is asof daai spook nie wil wyk nie.

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

4x4 Marakele Thabazimbi Vloed 40.gif Wit leeus Jeep op Bakkerspas Sweef kreef_hotel_expo_2008.jpg Thabazimbi Vloed 29.gif SDC12119

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:33 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools