Archive | April 17th, 2009

Suid-Afrika se jong musiek legende Bok van Blerk te sien by Thaba Expo 2009

Die geografiese wonderwerk Thabazimbi, met sy bosveld vlaktes en berg landskappe bied hierdie jaar die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo vanaf die 30ste April tot die 2de Mei 2009 aan. Besoekers kan staat maak op ‘n aksie belaaide familie naweek op die ideale perseel van Thaba Park in die Limpopo Provinsie.
Van Blerk het met sy treffer , De La Rey, meer as 200 000 kopieë verkoop wat hom die top verkoper van 2007 en 2008 gekroon het. Die verkope het ook gesorg dat Bok Goud en Platinum status bereik het in Suid-Afrika. Met sy gesig wat op die voorblad van die New York Times gepryk het, het hy beslis sy merk in die musiekbedryf gemaak. Kunstenaars wat sy musiek inspireer sluit Bruce Springsteen, Dire Straits, Koos Kombuis en Valiant Swart in en gee beslis vir ieder en elk net nog meer rede om na hierdie Afrikaanse Legende by die Expo te kom luister. Bok sal ook optree saam met ‘n reeks kunstenaars soos Steve Hofmeyr, Robbie Wessels en DJ Ossewa om maar net ‘n paar te noem.
Die jaarlikse Koedoe Quad Fun Run sal plaasvind op Vrydag 1 Mei 2009 by Koedoeskop Laerskool. Die registrasie fooi beloop R200 wat voorafbetaalbaar is of R250 wanneer daar eers op die dag geregistreer word. Die resies begin om 8:00. Deelnemers sal die ongelooflike natuurskoon sien en beleef soos wat hulle vordering deur die resies maak. Maak seker niemand mis uit op hierdie aksie nie. Vir verdere navrae of informasie kontak gerus: Nelmarie: 073 164 5105
Ander fantastiese aktiwiteite om na uit te sien oor die loop van die naweek sluit in, ponie ritte op die Vrydag en Saterdag vanaf 13:00 tot 17:00 vir slegs R10 ‘n rit. Daar is ook ‘n perdeskou kompetisie op Saterdag 2 Mei 2009 wat net so lekker is om na te kyk soos wat dit is om deel te neem, dit begin om 08:30 Saterdag oggend. Vir verdere informasie of navrae kontak gerus: Monica: 082 377 5009.
Op 2 Mei vanaf 9:00 – 17:00 sal die manne van die Cobra motorklub ook hul speelgoed kom uitstal. Daar sal ongeveer 15 prag Cobra sport voertuie te sien wees. Ma’s word gewaarsku om Pa se beursie eerder vas te hou tydens die vertoning…
Ook op Saterdag 2 Mei vind ‘n ope lug Roofvoël vertoning plaas omstreeks 12:30 op die Thaba Spar Verhoog. ‘n Verskeidenheid van Roofvoëls sal te sien wees onder ander uile, valke en arende. Dié Roofvoël organisasie is ‘n nie-winsgewinde bedryf en donasies vir die rehabilitasie van die voëls sal baie waardeer word tydens die vertoning. Die vertoning sal ongeveer 45min tot ‘n halfuur duur en is gratis. Deur die loop van die Expo, sal daar ook ‘n stalletjie wees wat deurlopend lewendige uile op vertoning sal hê
Na al die aksie, vind die gewilde Wildsbokafslagkompetisie in die groot biertuin op die rugbyveld plaas. Moet dit nie mis loop nie. Hou die program dop vir die tye.
Dan om die Saterdag mooi af te sluit sal daar weer Wildsritte na Marakele Nasionale Park aangebied word. Gaan besoek hulle staanplek in Koedoe Laan gerus vir verder inligting.
Expo boekies sal daagliks by die Expo uitgedeel word wat die volledige dag se program bevat asook ‘n aanduiding van waar jy jou gunsteling stalletjie kan vind. Pa’s moet beslis gaan inloer by ons groot 4×4 en kampeer toerusting hoekie wat geleë is reg langs die paviljoen.

Kaartjie Informasie:
Die kaartjies kan gekoop word voor en tydens die Expo teen die volgende pryse:
30ste April 2009 (Donderdag): Volwassenes R50; Kinders (onder 13jaar ): R25; Pensionarisse: R30
1 Mei 2009 (Vrydag): Volwassenes: R60; Kinders (onder 13 jaar): R30; Pensionarisse: R35
2 Mei 2009 (Saterdag): Volwassenes: R60; Kinders (onder 13 jaar): R30; Pensionarisse: R35
Vir verder informasie oor die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo kontak asseblief vir Ingeborg Keyser by 012 327 6163/6601 of Ingeborg@oppikoppi.co.za. Vir enige media navrae kontak asseblief vir Tess Manders, tessm@oppikoppi.co.za.

Posted in General0 Comments

Paragliding

Sweef saam met die aasvoëls

Die groot storie, en sekerlik ook een van die gevaarlikste aksies, is om te sorg dat die vlerk ten volle ontplloi en vlieg voordat opgestyg kan word.

Die groot storie, en sekerlik ook een van die gevaarlikste aksies, is om te sorg dat die vlerk ten volle ontplloi en vlieg voordat opgestyg kan word.

THABAZIMBI – Die afgelope week was die lugruim bo Thabazimbi die ene aktiwiteit soos die skermsweeftuie al langs die berg op en af gevlieg het met die hoop om ‘n opwaartse lugstroom te kry.
Die geleentheid was die Nasionale Skermsweefkampioenskappe wat sedert Vrydag 10 April hier plaaslik aangebied word. More, Saterdag 18 April, sal die laaste kompetisievlugte plaasvind voor die uiteindelike uitslag later die dag by Thaba Nkwe bekend gemaak word.
‘n Totaal van 53 inskrywings is vir hierdie kompetisie ontvang. Saam met die families en ander helftes wat die deelnemers vergesel het was dit meer as 100 mense wat vir dié tydperk van die gasvryheid van Thabazimbi gebruik gemaak het. Heelwat van die deelnemers het hul tentjies kom opslaan terwyl ander eerder verkies het om van die meer gemakliker verblyfplekke gebruik te maak.
Thabazimbi se ligging naby aan die hoëveldstreek maak dit hierdie tyd van die jaar uiters geskik vir ‘n kompetisie soos hierdie en is dit ook een van drie plekke wat vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Skermsweefkampioenskappe geïdentifiseer is. Faktore wat in aanmerking geneem word is natuurlik dat daar ‘n berg moet wees waarvandaan die vlieërs gelanseer kan word, die dorp moet oor voldoende infrastruktuur beskik om die toename in besoekers te kan hanteer en daar moet darem so ‘n paar vermaaklikheidsplekke wees waar die deelnemers na ‘n dag van vlieg kan terugsit en ontspan.
Die nasionale kampioenskappe word drie keer per jaar aangebied. Gedurende Junie vind dit op Baberton plaas en gedurende Desember is Porterville in die Wes Kaap die aangewese plek.
Skermsweef, alhoewel dit ‘n avontuursport is, is nie net vir die avontuur-junkies nie maar is daar heelwat gevalle waar meer as een persoon in die familie saam vlieg. Pa en ma sal miskien tandem vlieg, waar die passasier aan die vlieënier vasgegespe word, en boetie vlieg met sy eie vlieër.
Om kompetisie te vlieg beteken nie dat jy sommer van die begin af hieraan mag deelneem nie. Aangesien dit ‘n redelike mate van vernuf vereis word die kompetisie dan ook in vyf klasse verdeel.
Die beginner of Novice klas is vir deelnemers met tussen 80 en 180 vlugte agter sy/haar naam. Hier gebruik hulle ‘n DHV1/2 vlieër wat meer stabiel is maar waar jy minder lugtyd het.
Die volgende klas is die intermediêre klas vir deelnemers met heelwat meer vliegondervinding. Hulle gebruik hier ‘n DHV1/2 vlieër met beter sweefvermoë en is ook vinniger terwyl dit steeds stabiele en vir oorlandse vlug geskik is.
Die sportklas is seker die gewildste en meeste deelnemers vlieg in hierdie klas. Die populêrste vlerk hier is die Sky Antea DHV2 met meer spoed en verbeterde sweefvermoë wat dit uitstekend maak vir oorlandse vlugte sonder om enige van die veiligheidskenmerke van afstand te doen.
Vir die vlieëniers wat die kompetisie ernstig opneem is daar die DHV2/3 klas. Dit is ‘n vinniger vlerk maar minder stabiele as enige van die vlieërs wat in die laer klasse gebruik word en bied dit ook beter penetrasie. Vir diegene wat gereeld aan internasionale kompetisies deelneem is daar die ope-klas wat die DH3 vlerk gebruik. Dit is egter net die hoogs ervare vlieëniers wat in hierdie klas vlieg.
Die vliegtoestande was nie elke dag ideaal soos mens dit wou gehad het nie.
Saterdag en Dinsdag se vlugte was die eerstes wat vir die kompetisie in aanmerking geneem is. Die kompetisie behels die vlieg van ‘n voorafbepaalde roete. Al die vlieëniers is met ‘n GPS toegerus wat elke paar sekondes ‘n lesing neem. Hierdie inligting word dan in ‘n rekenaar gevoer en die deelnemer se vlug word op die skerm uitgegooi. Deelnemers word ook net ‘n sekere vensterperiode gegee om in die lug te kom en die regte hoogte te bereik om seker te maak dat die roete voltooi kan word. Hierdie roetes wissel van 30km tot meer as 180km en kan beteken dat die vlieënier meer as vier ure in die lug deurbring.
Met behulp van die rekenaar word die wenner, met ander woorde, die persoon wat die spesifieke roete in die vinnigste tyd voltooi het, bepaal.
Daarby moet die deelnemer ook verseker dat hy lank genoeg in die 400m sirkel, wat as draaipunt op sy GPS ingevoer is, vertoef om vir sy GPS geleentheid te bied om ‘n lesing te neem.
Die kompetisies vind onder die wakende oog van die Suid-Afrikaanse Hang- en Skermvlieërs Vereniging (South African Hang gliding and Para gliding Association) plaas en baie streng veiligheidsmaatreëls word tydens die vlugte gehandhaaf.

Posted in Sport1 Comment

Quad

Koedoe Quad Fun Run tydens Thaba Expo

Hierdie jaar se Koedoe Quad Fun Run-baan is ietwat verander teenoor verlede jaar se roete met meer spruite wat getrotseer moet word.

Hierdie jaar se Koedoe Quad Fun Run-baan is ietwat verander teenoor verlede jaar se roete met meer spruite wat getrotseer moet word.

THABAZIMBI – Die jaarlikse Koedoe Quad Fun Run word weereens deur Laerskool Koedoeskop, Skool van Kampioene, tydens die Thabazimbi Expo op 1 Mei 2009 aangebied.
Geen “ off-road biker” wat sy sout werd is, behoort hierdie Fun Run mis te loop nie. Dis pret, en tog waaghalsig genoeg. Al jou sintuie moet vir die hele roete ingestel wees op al die “obstruksies” wat daar kan wees. Die roete is klein bietjie verander teenoor verlede jaar se roete met meer spruite wat getrotseer moet word, nie lang “straights” nie, baie meer draaie en swaaie en dit gaan plek-plek deur die veld – die kenners meen dis nog ’n beter en lekkerder roete as tevore. Die bedrewe manne gaan die roete beslis geniet en onthou. Dit is raadsaam om al die benodigdhede vir moontlike pap wiele saam te bring.
Vir die kleintjies wat in pa en ma se voetspore volg gaan daar ook ’n baan wees – nie so vreeslik vol hindernisse nie, maar net lank genoeg om hulle besig te hou.
Elke deelnemer ontvang ‘n spesiale medalje en daar is weereens goeie pryse op die spel. ‘n Professionele fotograaf sal gedurende die Fun Run op strategiese plekke op die baan foto’s neem wat na die tyd te koop sal wees.
Nooi al u vriende en familie om die dag saam te kom geniet. Navrae kan gerig word aan die organiseerders: Gustav Grobler – 083 792 4698 (gustav@koedoeskop.com),
Carl Vos – 082 467 1807 (carlvos@koedoeskop.com) en Nelmarie Schutte – 073 164 5105 (nelmarie.schutte@kioltd.com).

Posted in General0 Comments

Amanda Phefo

Northam resident strikes gold in Gauteng

Northam resident Amanda Phefo who won herself a set of new wheels, a brand new Chevy Spark, from Altech Autopage Cellular.

Northam resident Amanda Phefo who won herself a set of new wheels, a brand new Chevy Spark, from Altech Autopage Cellular.

NORTHAM – Local resident Amanda Phefo might work for Northam Platinum Limited but she recently struck gold in Gauteng after travelling to Joburg to collect the keys to a brand new Chevy Spark from Altech Autopage Cellular Managing Director Stephen Blewett.
Both Amanda and Gideon Kukard from East London travelled to Gauteng on Thursday, 9 April as the first and second prize winners in Altech Autopage Cellular’s recent national ‘Surprize Surprize’ competition.
There were smiles all round as Mr Blewett and several directors of the country’s largest independent cellular service provider, handed over Amanda’s prize of the Chevy Spark and Gideon’s prize of a holiday in Zanzibar at the Altech Autopage Cellular headquarters in Midrand.
“This is probably one of the most satisfying aspects of my job. Few things are as pleasant as being able to give something back to happy customers,” commented Mr Blewett. The two prize winners clearly felt they were in a surreal world as they celebrated with champagne in the company of the Altech Autopage Cellular team while Amanda held her new car keys tightly and Gideon daydreamed about cocktails and sunsets.
According to Amanda, “For someone from the small mining town of Northam it’s great to be in the big mining town of Joburg as the winner of such an amazing prize!” Gideon, as a coastal dweller, felt his prize was entirely appropriate. “I love the sea and I’m really looking forward to taking a dip in warm water for a change,” he joked.
With 150 retail outlets nationwide, Altech Autopage Cellular is South Africa’s largest independent provider of cellular, fixed mobile and broadband solutions for MTN, Vodacom, Cell C, iBurst and Neotel. Altech Autopage Cellular is a wholly owned subsidiary in the telecommunications division of Allied Technologies Limited and specialises in providing individual and corporate customers with tailor made voice and data cellular solutions.

Posted in General0 Comments

Boere kan groot brande te wagte wees vanjaar

THABAZIMBI – Tydens ‘n vergadering van die  Thabazimbi Brandbeskermingsvereniging se uitvoerende komiteevergadering op 1 April het dit duidelik geblyk dat boere weer vanjaar “groot en vernietigende brande” kan verwag.
By die vergadering het dit duidelik geblyk dat grondeienaars die nodige voorsorg moet tref om die gevare tot die minimum te beperk.
Indien ‘n veldbrand ontstaan wat nie deur die grondeienaar beheer kan word nie, kan die brandweer geskakel word by 083 687 1883, wat die diens sal lewer teen die  vasgestelde fooie. Indien ‘n brand op iemand se plaas ontstaan moet alles moontlik gedoen word om die aangrensende eienaars sowel as die voorsitter van die Thabazimbi Brandbeskermingsvereniging, Barries Barnard by 082 572 6228, of Satelietstasie-leiers, in kennis te stel.
Die Brandbeskermingsoffisier van die Thabazimbi Munisipaliteit, Johnny Motaung, het van sy take gedelegeer na die Satelietstasie-leiers. Hulle is in die proses om aangestel te word en hul besonderhede sal eersdaags bekend gemaak word. Volgens die Brandwet is hierdie leiers by magte om die grond te betree en inspeksies uit te voer. Hulle sal egter eers afsprake maak met grondbewoners.
Definitiewe voorskrifte bestaan ten opsigte van die maak van voorbrande en moet noukeurig gevolg word om eise en vervolging vry te spring. Tydens die vergadering is daar baie klem gelê op wetstoepassing, boetes en hofsake.
Die wette om te bestudeer is die Nasionale Wet op Bosbrande (1998) en Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid (No 85 van 1993). Dit handel hoofsaaklik oor die werkgewer se verantwoordelikheid om toe te sien dat die nodige toerusting beskikbaar is en dat werknemers opgelei is vir die taak, asook dat hulle voorsien is van die nodige beskermende klere om die werk veilig uit te voer. Beskermende klere sluit in oorpakke, kopbedekkings, stofmaskers en stewels wat nie sal smelt van die hitte nie.
Gevaarsituasies wat kan lei tot veldbrande moet vermy word en alle plaasbewoners moet van hierdie gevare in kennis gestel word. Braaivleisvure op die oop grond moet so ver moontlik vermy word en brandende sigaretstompies moet nie uit voertuie of deur voetgangers neergegooi word nie. Voertuie moet nie in lang gras luier nie en leë bottels moet nie in die veld gelos word nie. Waar moontlik moet alle bottelstukke in die veld opgetel word. Verseker ook dat alle elektriese kabels in en om die huis en in die veld by pompe goed geïsoleer is en nie kortsluitings sal veroorsaak nie.

Posted in General0 Comments

Plaaslike gholfklubs help veg teen kanker

Plaaslike gholfklubs help veg teen kanker
THABAZIMBI – Vier plaaslike gholfklubs, Rooiberg, Amandelbult, Thabazimbi en Swartklip gaan oor die volgende drie maande elk ‘n kompetisie (formaat: individuele Stableford) hou as deel van die Sanlam Kankeruitdaging Klubkompetisie. Alle fondse wat ingesamel word, gaan aan KANSA.
Op Saterdag 25 April vind die eerste van die vier plaaslike kompetisies plaas by Rooiberg Gholfklub, op Saterdag 6 Junie by Amandelbult Gholfklub en op Saterdag 13 Junie by Thabazimbi Gholfklub. Nog geen datum is vasgestel vir die kompetisie op Swartklip nie.
Die doel van die gholfkompetisies is om ‘n gesamentlike poging tussen gholfspelers, gholfklubs, Sanlam en CANSA te loods waarin gepoog word om landswyd sowat R2,5 miljoen in te samel in die stryd teen kanker.
Dit is die 17de jaar wat hierdie gesamentlike poging aangewend word en verlede jaar was daar ook vier kompetisies in die Thabazimbi-area aangebied as deel van altesaam 771 Sanlam Kankeruitdaging-kompetisies landswyd. Verlede jaar is daar amper R2,3 miljoen ingesamel met altesaam 34 598 spelers wat deelgeneem het.
Inskrywingsfooie vir die kompetisie beloop R55 per persoon en pryse vir beide die mans- en vrouewenners in elke klubkompetisie is ‘n duffelsak (eerste plek), steakmes-en-vurkstel (tweede plek) en ‘n dubbelwynsak van leer vir die derde plek-wenner. Daar is ook ‘n lootjiewenner wat ‘n strandstoel kan wen en TaylorMade gholfballe vir die afslaanhou wat die naaste aan die vlag land.
Wenners van die klubkompetisie kwalifiseer vir ‘n streeksfinale in Augustus en die streekswenners kwalifiseer weer vir ‘n landswye finale by San Lameer Country Club aan die KwaZulu-Natalse suidkus. Sertifikate word later in die jaar oorhandig aan die klubs in elke streek wat die meeste geld ingesamel het.
Die tema van vanjaar se Sanlam Kankeruitdaging is gesondheid onder mans, sê Sue Janse van Rensburg, nasionale uitvoerende direkteur van KANSA. Hiermee beoog hulle om beter bewussyn te kweek van die mees algemene kankers onder mans. Volgens haar veroorsaak longkanker die dood van amper 5 000 mans jaarliks. Vel- en prostaatkanker kom ook algemeen onder mans voor. Testikulêre kanker is nie so algemeen nie, maar dit kom meer onder jonger mans voor. Die belangrikste, sê Janse van Rensburg, is egter dat vroeë opsporing in ‘n groot kans op herstel bied.
Na afloop van elke plaaslike gholfkompetisie vind daar ‘n wildveiling plaas en spelers word versoek om nie hul beursies en tjekboeke by die huis te los nie. Alle bydraes is ten bate van KANSA. Verlede jaar is ‘n verskeidenheid van wild, soos blouwildebeeste, rooibokke en vlakvarke opgeveil. Enigeen wat wild wil skenk vir dié goeie doel kan die organiseerder by Sanlam, Linda Prinsloo, by 014 772 3066 X4 of 082 416 8059 skakel.
Enigeen wat belangstel om aan die eerste van die vier Sanlam Kankeruitdaging Klubkompetisies, by Rooiberg, deel te neem, kan die Rooiberg Gholfklub skakel by 014 734 1725.
Volgens Linda Prinsloo, die plaaslike organiseerder van die Sanlan Kankeruitdaging Klubkompetisie, is dit Sanlam se doel om by die gemeenskap betrokke te raak en sodoende kliënte se portefeuljes of testamente te hersien, finansiële beplanning te help doen asook konsolidasies aan te beveel. Sanlam se adviseurs help ook die sake-ondernemers om hul besighede se testamente in plek te kry.
Sy sê hulle besef dat, met die marktoestande en stygende lewenskoste, daar drasties na finansiële beplanning gekyk moet word om die beste vir elke individu vir die toekoms te bewerkstellig. Die Sanlam-adviseurs bied hierdie dienste gratis.

Posted in Sport0 Comments

Nuwe bier bekendstelling by Expo

THABAZIMBI – ‘n Nuwe bier wat binnekort op Thabazimbi gebrou gaan word, word vanjaar tydens die Thabazimbi Wild en Toerisme Expo aan die gemeenskap bekend gestel.
Die bier sal onder die unieke naam van Dewside bemark word en anders as ander bier wat kommersieel beskikbaar is, bevat dit geen chemikalië wat die brouproses bespoedig nie en word daar ook nie preserveermiddels gebruik om die raklewe te verleng nie. As gevolg hiervan moet die bier verkoel bly. Dit beteken dat hierdie bier uitsluitlik in die Thabazimbi omgewing by deelnemende kroeë en drankwinkels beskikbaar gaan wees.
In die kroeë sal dit “on tap” in draught beskikbaar wees terwyl dit in een liter plastiekbottels in die drankwinkels te koop aangebied gaan word. Sodra die brouery in werking is, sal lede van die publiek teen ‘n vasgestelde toegangsfooi, die bier by die brouery kan proe en sommer ook sien wat die hele brouproses behels.
Dewside sal ook die amptelike borg wees van die wildspotjiekoskompetisie wat tydens die Expo deur Die Kwêvoël aangebied word. Kontantpryse van R1000 vir die eersteplek, R700 vir die tweede- en R300 vir die derdeplek is hier op die spel. Die bier sal ook op “tap” beskikbaar wees by die sateliet biertent naby die terrein waar die potjiekoskompetisie aangebied word. Die bier is ‘n Ale, met sy unieke smaak. Dit is nie algemeen beskikbaar nie aangesien die meeste bierdrinkers Lager verkies. Soos die brouery groei sal ook ander tipes bier, insluitende die donkerder ”Stout-tipe” asook Lager gebrou word.
Indien u wil inskryf vir die potjiekoskompetisie, skakel gerus Die Kwêvoël kantoor by 014 777 1621. Inskrywingsvorms is by Die Kwêvoël kantoor beskikbaar.

Posted in Entertainment0 Comments

4×4 Modderritte by Expo

THABAZIMBI – Vierwielaangedrewemotor-liefhebbers kan oudergewoonte op Saterdag 2 Mei naderstaan vir die jaarlikse 4×4 “morsige”-ritte.
Die 4×4 modderrit organiseerders het verlede jaar die modder beperk, maar weens die laat reënbuie kon sommige 4×4-manne heerlik kleitrap.
Die kompetisie vind plaas by die 4×4-baan, vir diegene wat nie weet waar dit is nie, ry verby Pick n Pay in ‘n oostelike rigting. Draai dan na die tweede afdraai pad regs in Hamerkopstraat in. Draai links by Delta/Excel vulstasie en volg die aanwysers.
Die hekke open om ses uur en inskrywings vind plaas vanaf sewe uur. Skakel die organiseerder, Francois Styl by 083 703 2334 vir meer inligting.

Posted in General0 Comments

Mr and Miss Thabazimbi Expo 2009

THABAZIMBI – It is that time of the year again for the ever popular Mr an Miss Thabazimbi Expo beauty competition. Thaba Spar together with Studio III modelling academy is hosting this competition on Friday the 1st of May 2009. This competition is open to all boys and girls from any area, race, creed and religion. Registration for the preliminary round will commence at 11:00 at the Thaba Spar stage and the competition will officially start at 12:00. Age categories for the girls are 5-7, 8-11, 12-14, 15-17 and 18-24. There is only one age category for the boys which is 13-24. The dress code for the preliminary round is semi formal. During this round the contestants will each get an opportunity to walk on the ramp and show the judges how it is done. Entry forms are available at Thaba Spar and the entry fee amounts to R250 per contestant which does not include the entry fee at the gate. The final event starts at 16:30 but we ask that the contestants be dressed and ready by 16:00. Please keep in mind that the evenings are rather cold and that it will be wise to bring along a jacket. Big prizes are up for grabs as well as sashes and crowns. The compare to entertain the contestants on the stage and the spectators this year is Johrne van Huyssteen who is the co presenter of the program on Kyknet, Gons, together with Hannes van Wyk, Krynauw from Egoli. Be sure not to miss this event. For more information Peter de Beer can be contacted at 073 452 6878.

Posted in General0 Comments

Bosoorlog Veterane Vereniging in die lewe geroep

SABOV, oftewel die Suid-Afrikaanse Bosoorlog Veterane Vereniging, is ‘n nuwe organisasie gestig deur gewese Suid-Afrikaanse Weermag soldate vir die vergete soldate van die Bosoorlog. Dit is ‘n nie-winsgewende, nie-party politieke en nasionale vereniging wat tuiste sal bied vir die vergete soldate van ‘n belangrike deel van Suid-Afrika se geskiedenis.
SABOV beywer hulle hoofsaaklik om die behoeftes en belange van die gewese Suid-Afrikaanse Weermag soldate te bevorder deur ‘n aantal aksies.  SABOV wil graag as platform dien waardeur die unieke identiteit van die soldate waardeer en erken sal word.  Hulle beoog om as spreekbuis op te tree vir alle relevante sake met betrekking tot soldate.
Die vereniging bied ook ‘n unieke kommunikasie kanaal waar soldate die geleentheid gebied word om mede soldate op te spoor, verhale van die oorlog te vertel en sodoende ‘n positiewe, opbouende beeld van die soldate uit te dra. Hulle is ook in proses om ‘n struktuur daar te stel vir soldate wat fisiese en of emosionele skade opgedoen het tydens die oorlog.
“Die bosoorlog mag ongewild gewees het, maar nie die soldate nie.  Ons was elite soldate wat een van die beste onkonvensionele weermagte in die wêreld beleer het.  Na 23 jaar wil ons die stilswye verbreek deur te verenig in kameraderie en die erkenning, respek en waardering wat ons as die oorwinnaars toekom, ons eie maak.”, se Robert de Vries, nuutverkose voorsitter van die Vereniging.
De Vries brei uit:  “Die vereniging het reeds byval gevind.  Honderde oud dienspligtiges het reeds geregistreer as lede en meer as 17 000 persone het reeds die webtuiste besoek.  Lede kommunikeer met mekaar en sukses is reeds bereik met die opspoor van inligting van gesneuwelde soldate vir familielede.  Vir die eerste maal is daar nou ‘n oop platform vir ons om ons ondervindinge en wedervaring te deel met wie ookal wil luister.”
SABOV het reeds voelers uitgesteek om takke landswyd te stig om alle lede toegang tot die vereniging te bied.
Alle belangstellendes kan die webtuiste www.sabwv.co.za besoek, of Robert de Vries by 076 909 9354 of Kobus du Plessis by 072 218 0345 skakel.

Posted in General19 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Landbou Thabazimbi Vloed 29.gif 4x4 Thabazimbi Expo 4.JPG Golf Paragliding Kumba Nationals SDC12098 Olifant Visvang kreef_hotel_expo_2008.jpg

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:32 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools