Posisie, potensiaal en prys in ‘n neutedop!

Die kombinasie van puik ligging, pragtige tuin en moderne sandsteen afwerking maak van hierdie woonhuis ‘n wenner!  Geleë in ‘n gevestigde woonbuurt op ‘n baie mooi erf met ‘n tropiese tuin wat min onderhoud verg.  Die huis is onlangs opgeknap en die netjiese sandsteen afwerking  verleen ‘n unieke karakter tot die lekker leef-stoep.
Ontspan sonder voorbehoud by die pragtige swembad wat lekker privaat in die skaduryke tuin geleë is.  Die hoë siersteen heining verhoog die privaatheid en veiligheid van hierdie eiendom.  Die tuin grens aan die park waar wildsbokkies ongesteurd vanuit jou tuin dopgehou kan word.
Drie addisionele vertrekke bied geleentheid vir ruim kantoorgeriewe of gastekamers.  Twee van die vertrekke is toegerus met lugversorgers.  Aangesien dit  op die eerste vlak is, maak dit  nie inbreuk op die privaatheid van die woonhuis nie.
Vier ruim slaapkamers waarvan twee met skuifdeure aan die stoep verbind is, is ook toegerus met lugversorgers en dakwaaiers.  Die houtvloere in die kamers verleen ‘n gevoel van warmte en styl vir die kieskeurige koper.