Encore Poppeteater op Swartklip

Cheeky en Sterretjie, die twee hansworse, het met hul kinderproduksie, “Die Sirkus”, die leerders van Laerskool Platina heerlik vermaak, terwyl hul gefokus het op die ware betekenis van Paasfees.
Cheeky en Sterretjie, die twee hansworse, het met hul kinderproduksie, “Die Sirkus”, die leerders van Laerskool Platina heerlik vermaak, terwyl hul gefokus het op die ware betekenis van Paasfees.

SWARTKLIP – Die Encore Poppeteater Kinderproduksie, “Die Sirkus” het op Donderdag 28 Maart weer vele kinderharte by Laerskool Platina verbly.
‘n Kombinasie van opgeleide hansworse, Sterretjie en Cheeky ‘n groot poppekas, groot poppe asook pragtige musiek is alles deel van hierdie kinderproduksie wat onlangs gekeur is om een van drie produksies te wees wat tydens die Innibos-fees te Nelspruit, Mpumalanga, vanaf 1 tot 5 Julie 2009 aangebied sal word.
Die produksie fokus op morele waardes. Kinders van 4 jaar tot 13 jaar en selfs ouer geniet die vertonings en word betrek by die vertonings deur saam te speel en te dans. Elke kind wat na die vertoning kyk ontspan en vergeet van al die sorge in hul klein lewetjies en gee ook uiting aan al die emosies soos om lekker te lag en net hulself te wees.
Die produksie het ook al opgetree by verskillende skole, by die Pierneefteater in Pretoria asook die “Claerhoutfees” in die Vrystaat vroeër vanjaar. By die Eisteddfod Kunswedstryd van die CarpeDiem Dramaskool behaal hul ‘n uitstekende A+++ (100%).
Met hul produksie op Donderdag 28 Maart was die tema op Paasfees gegrond en die eintlike betekenis van Paasfees is rondom ‘n storie gedoen waar Trysie die volstruis se eier weggeraak het. Was dit dalk die Paashaas wat die eier gevat het, of was dit Cheeky die hanswors? Die morele waardes was dat ‘n mens nie goed mag vat wat nie aan jou behoort nie. Die paaseier laat dink mens aan “eier waar daar ‘n kuikentjie uitkom” en dit is ‘n nuwe lewe. Jesus Christus het vir ons sondes aan die kruis gesterf en gee aan almal ‘n nuwe lewe. Die hansworse, wat Christelik opgelei is, vertel stories met die klem op morele waardes. Vir verdere navrae of besprekings, kontak Esther Loots by 082 876 8463 of per e-pos eloots@vodamail.co.za.