Archive | April, 2009

grafsteen

Kinders beskadig grafstene

Die kopstuk van hierdie grafsteen in die Thabazimbi Begraafplaas is deur kinders wat daar gespeel het, omgestoot.

Die kopstuk van hierdie grafsteen in die Thabazimbi Begraafplaas is deur kinders wat daar gespeel het, omgestoot.

THABAZIMBI – Kinders van Uitbreiding 13, die residensiële woongebied langs die begraafplaas in Thabazimbi, het volgens die begraafplaasopsigters tydens die April-vakansie heelwat skade aan grafstene aangerig terwyl hulle daar gespeel het.
Sewe van die grafstene het skade opgedoen toe die marmerstene heeltemal of half-omgestoot was. Toegang tot die begraafplaas word verkry deur ‘n voetgangerhek wat die begraafplaas met Uitbreiding 13 verbind.
Volgens ‘n munisipale werker wat die gronde versorg, steur die kinders hulle nie veel daaraan wanneer hulle gewaarsku word om die area te verlaat nie. Dit word blykbaar beskou as ‘n gewilde speelplek en daar is weinig sprake van respek vir die grafte of die gevoelens van naasbestaandes.
Aangesien die grond waarop die graf opgerig word, gekoop word, kan hierdie oortreders aangekla word van beskadiging van eiendom.
Die verwagting dat die skade deur boemelaars of Satansaanbidders aangerig word, is meestal nie die geval nie. Hierdie tipe vandalistiese gedrag word hoofsaaklik toegeskryf aan ongedissiplineerde kinders wat bedags daar speel of jongmense wat saans na kroegsluitingstyd hul partytjie in die omgewing van die begraafplaas voortsit, sê Gawie Hendriksz, Senior Superintendent Parke, by die munisipaliteit.
Verlede week is daar in Die Kwêvoël berig van ‘n ander geval van vandalisme toe drie hoërskoolseuns ‘n kennisgewingbord in Rooibokstraat beskadig het.
Volgens Hendriksz beoog hulle om die begraafplaas op te gradeer, die omheining te verbeter en toegang te beperk. In vergelyking met die res van die land lyk Thabazimbi se begraafplaas nog goed, sê  Hendriksz, maar dit verg baie geld en mannekrag om dit in ‘n goeie toestand te hou. Nou moet daar boonop rekening gehou word van probleme wat jong vandale kan veroorsaak.

Posted in General0 Comments

Wiele rol vir KANSA Spinathon

THABAZIMBI – Na baie wik en weeg of die KANSA Spinathon by die Thabazimbi Expo gekanselleer moet word as gevolg van ‘n skynbare gebrek aan belangstelling, is daar die afgelope week  besluit om wel met hierdie groot fondsinsamelingspoging vir KANSA voort te gaan.
Die swakker ekonomie speel waarskynlik die grootste rol in die gebrek aan belangstelling van beide die inskrywers en die borge se kant. Normaalweg word daar tussen R50 000 en R70 000 ingesamel vir KANSA tydens die Spinathon.
Daar is egter ‘n groot beroep gedoen die afgelope week op sportentoesiaste en minder geesdriftige (en minder fikse) fietsryers, sowel as besighede, myne en ander organisasies, om hierdie verdienstelike fondsinsamelingspoging te ondersteun en betrokke te raak .
Daar is besluit om nie die individuele sprintkompetisie aan te bied nie, maar slegs die spankompetisie waartydens spanne van vier meeding om te sien wie die langste afstand kan aflê in ‘n tyd van altesaam 20 minute. Elke spanlid moet 5 minute lank trap.
‘n Verskeidenheid van pryse kan tydens die Spinathon gewen word.
Die rasionaal agter die Spinathon is KANSA se onderskrywing van ‘n fikse en gesonde lewenstyl in die bestryding van kanker. KANSA, oftewel die nasionale kankervereniging, genereer fondse landwyd vir die ondersteuning van kankerpasiënte sowel as die voorkoming van kanker deur bewusmaking en vroeë opsporing.
Deelnemers het nog tyd tot Woensdag 29 April om te registreer. Inskrwyingsgelde vir skolierspanne is R300 en R500 per volwasse span. Die spinathon sal tussen 10:00 en 13:00 Saterdag 2 Mei plaasvind tydens die Thabazimbi Expo op Thaba Park. Deelnemers aan die Spinathon kry gratis toegang tot die Expo Saterdag.
Tydens die Spinathon kan diegene wat KANSA wil ondersteun, maar nie kans sien vir die oefenfietse van die Spinathon nie, hulle hare laat kleur. Dit werk veral goed vir die opsporing van kleuters wat geneig is om in die massas te verdwyn.
Vir enige verdere inligting kan Lize by 082 520 8455 of Veronica by 071 183 6227 geskakel word.

Posted in General0 Comments

Thabazimbi: place of insane and retarded homeless?

Hennie Pauw

THABAZIMBI – A rumour is doing the round that a group of insane and/or retarded homeless people were dropped of in Thabazimbi recently.
Some locals might have noticed a naked man in the vicinity of the Thabazimbi Airfield. He was found by the police who manage to get him clothed, just to see him naked again a couple of days later.
Another retarded person has been “putting up house” in a stormwater pipe emptying into the Rooikuilspruit at the Hamerkop Street bridge. He presumably gets food from rummaging through black rubbish bags which left his “camp” covered in bottles and litter from rubbish bags. The stormwater pipe provided the perfect protection against the elements since it was blocked off  by corrugated iron about two meters from the exit and he made himself a comfortable bed from rubbish and a discarded duvet. For about a 20 m radius around his camp  the grass was burnt down presumable from a fire which got out of control.
A third report was received of a retarded or insane woman who was removed from the premises of a house in Blinkblaar Street where she slept a couple of nights. She was removed from the property by the police who sent her away to a place of safety.
According to  local representatives of the Department of Health and Social Development (DHSD) until recently they dealt with very few cases of homeless people, but this trend has been increasing over the last two years.
The current problem has to be addressed with the co-operation of the whole community, said Mavis Moloto and Sam Madela of DHSD. A homeless person’s whereabouts must be communicated to the DHSD which will locate him/her with the help of the police if necessary. As a temporary measure they must be accommodated in a shelter after which efforts will be made to reunite them with their families.
Unfortunately no place of safety or shelter exists in Thabazimbi and homeless people are normally transported to a centre in Bela Bela, called Exodus, until they are placed permanently.
According to Mavis and Sam there are homeless people who have been retrenched from, for example, mines and have become homeless as a result of losing their jobs. Currently no employment programmes exist locally, such as in Gauteng, by means of which homeless peole could be reintroduced into society.
The Department of Health and Social Development also appealed to churches, NGO’s (non government organizations) and charity organizations to help establish an infrastructure for the homeless in Thabazimbi. There is also always a need for food and clothes for these people.
Anybody who would like to report a homeless person to the Department can contact Mavis Moloto, social worker at the Department of Health and Social Development (Second Avenue, Thabazimbi), at (014) 777 1711/2 or on her cell at 084 724 4401.

Posted in General0 Comments

johan-van-zyl

Toyota SA se President bevorder tot sleutelposisie in die Toyota-Motorkorporasie, Japan

Dr Johan van Zyl, Pres i dent en Uitvoerende Hoof van Toy ota Suid-Afrika, is pas aangewys as ‘n Bestuurshoof van die Toyota-Motorkorporasie (TMK) van Japan.

Dr Johan van Zyl, Pres i dent en Uitvoerende Hoof van Toy ota Suid-Afrika, is pas aangewys as ‘n Bestuurshoof van die Toyota-Motorkorporasie (TMK) van Japan.

Dr Johan van Zyl, President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika, is pas aangewys as ‘n Bestuurshoof van die Toyota-Motorkorporasie (TMK) van Japan. Hy is een van net vyf nie-Japanners wat tot hierdie posisie bevorder is.
Dr Van Zyl se nuwe aanstelling as ‘n TMK-Bestuurshoof sal op ‘n direksievergadering in Junie bekragtig word. Die nuwe pos is bykomend tot sy amp as President en Uitvoerende Hoof van Toyota Suid-Afrika. Die TMK het net 50 Bestuurshoofde wêreldwyd en hierdie nuwe aanstelling beteken in wese dat dr Van Zyl lid word van die maatskappy se globale bestuurspan, wat aan die TMK se direksie rapporteer.
“Ek is besonder opgewonde oor hierdie geleentheid en hoewel ek seker is dat ek voortaan aansienlik meer besig sal wees, gaan sake by Toyota Suid-Afrika onveranderd voort en bly my verbintenis tot die maatskappy net so sterk as voorheen.”
Volgens dr Van Zyl is sy bevordering ‘n pluimpie vir Toyota Suid-Afrika as geheel. “Ek kan my sukses net toeskryf aan die maatskappy en die mense saam met wie ek so nou saamgewerk het in die laaste paar dekades.”
Dr Van Zyl sê hy is reg vir die uitdaging en dat feitlik alles bereik kan word met harde werk, volharding en toewyding. “Afrika was nog altyd ‘n belangrike speler in die TMK se globale strategie en ek hoop dat ek dit selfs verder kan versterk.
“Ek kon hierdie prestasie nie behaal het sonder die volgehoue toewyding en verbintenis van elke enkele werknemer, verskaffer en handelaar van Toyota Suid-Afrika nie. Die maatskappy het sy probleme gehad, maar ons het nog altyd oorleef en die verwagtinge oortref – waarlik ‘n huldeblyk aan die Toyota-gees en ook die Suid-Afrikaanse gees,” sê dr Van Zyl.
“’n Aanstelling van hierdie aard is inderdaad ‘n mosie van vertroue in Suid-Afrikaanse bestuursvaardigheid en ek is trots dat dit behaal kon word sonder dat dit vir my nodig was om die land te verlaat, maar dat ek hier kan aanbly en kan help om hierdie groot land en maatskappy te bou.”

Posted in Business0 Comments

visvang-wenspan

Northam Plats wen Bosveldtrofee

SETARIA – Die jaarlikse Bosveldtrofee-hengelkompetisie tussen Swartklip, Amandelbult en Northam Plats het die afgelope naweek by die Konsentratordam plaasgevind. Northam Platinum het dit vanjaar aangebied én die kompetisie gewen.

Die drie hengelaars van Northam Plats, die wenspan, wat tydens die Bosveldtrofee die swaarste sakke ingeweeg het, was (van links) Tokkie Bur ger (eerste), Ger ald Bur ger (tweede) en Demsie du Toit (derde).

Die drie hengelaars van Northam Plats, die wenspan, wat tydens die Bosveldtrofee die swaarste sakke ingeweeg het, was (van links) Tokkie Bur ger (eerste), Ger ald Bur ger (tweede) en Demsie du Toit (derde).

Altesaam 30 hengelaars, tien van elke span, het deelgeneem. Die wenners is bepaal deur die span wat die meeste punte behaal het. Punte is toegeken op grond van die gewig sowel as die aantal vis wat gevang is – 10 punte per kg en 10 punte per vis.
Die kompetisie, wat geduur het van 07:00 tot 15:00 Sondag, het groot entoesiasme uitgelok en daar is met groot toewyding en spangees gehengel. Met die inweeg het Northam Plats die meeste punte, naamlik 3756, behaal en Swartklip die tweede meeste met 2114 punte. Derde was Amandelbult 1 Skag met 1532 punte.
Daar is ‘n medalje toegeken aan die drie hengelaars van elke myn wat die swaarste sakke ingeweeg het. Die grootste drie spesies vir die dag is gevang deur een hengelaar van elke myn. Coenie Buys van Swartklip het die grootste karp gevang, Elaine Henrico van Amandelbult het die grootste kurper gevang en Demsie du Toit van Northam Plats het die grootste barber gevang.
Die kompetisie is op ‘n hoë noot afgesluit met ’n skaapbraai deur Northam Plats vir die hengelaars en die toeskouers. Die organiseerders (Northam Plats) is dankbaar vir almal wat ‘n bydrae gelewer om die dag ‘n sukses te maak, veral die borge, kosmakers en verversingverskaffers.

Posted in Sport0 Comments

Doelpale geskuif en jonges wen (steeds)

THABAZIMBI – As jy ooit gedink het dat net ‘n politieke party doelpale kan skuif om ‘n gunstige uitslag te verkry moes jy Saterdag gehoor het hoe daar gekonkel is by die Thabazimbi Gholfklub om die Jonges te laat wen, met net een punt. Al moes hulle selfs van die Oues se punte steel om dit reg te kry.
Maar alle grappies op ‘n stokkie, geluk aan die jonges wat met een punt gewen het. Dit is egter net kommerwekkend dat die ouderdom snypunt op 52 moes wees. Waar is al ons mooi, gesonde, sterk en jong gholfspelers?  Henry Bredenkamp was die individuele wenner met 43 punte. Ander goeie punte was die van Billy Pring (37), Chris Bronkhorst (36) en op 35 was daar vier spelers, Vollie Volschenk, Nita Barnard, Johan Barnard en Jeanetta Rall.
Eerskomende Saterdag se spel is ‘n vol Amerikaanse Krabbel (American Scramble). Spelers moet in pare inskryf wat dan in vierballe getrek sal word.
Stadige spel is, afgesien van die voorgee-stelsel, die ander onding wat seker van die bestaan van gholf af ‘n probleem is. Voordat die sogenaamde stadige spel egter veroordeel word moet dit in die regte perspektief gesien word. As ‘n baan se lengte, en die baansyfer teen tyd bereken word is daar net so om en by drie minute tyd om elke hou te speel, as elke hou op die skoonveld is en daar nie na balle gesoek moet word nie. Dit sluit die loopafstande tussen setperk en bof ook in maar nie die halftyd in die klubhuis nie. Dan is vier uur plus vir ‘n rondte vir ‘n vierbal oor 18 putjies baie realisties.
Die goue reël bly egter altyd om die vierbal voor jou altyd in die oog te hou.

Posted in Sport0 Comments

Koedoe Quad Fun Run laaste inskrywings stroom in

THABAZIMBI – Die jaarlikse Koedoe Quad Fun Run word weereens deur Laerskool Koedoeskop, Skool van Kampioene, tydens die Thabazimbi Expo op 1 Mei 2009 aangebied.
Geen “ off-road biker” wat sy sout werd is, behoort hierdie Fun Run mis te loop nie. Dis pret, en tog waaghalsig genoeg. Al jou sintuie moet vir die hele roete ingestel wees op al die “obstruksies” wat daar kan wees. Die roete is klein bietjie verander teenoor verlede jaar se roete met meer spruite wat getrotseer moet word, nie lang “straights” nie, baie meer draaie en swaaie en dit gaan plek-plek deur die veld – die kenners meen dis nog ’n beter en lekkerder roete as tevore. Die bedrewe manne gaan die roete beslis geniet en onthou. Dit is raadsaam om al die benodigdhede vir moontlike pap wiele saam te bring.
Vir die kleintjies wat in pa en ma se voetspore volg gaan daar ook ’n baan wees – nie so vreeslik vol hindernisse nie, maar net lank genoeg om hulle besig te hou.
Elke deelnemer ontvang ‘n spesiale medalje en daar is weereens goeie pryse op die spel. ‘n Professionele fotograaf sal gedurende die Fun Run op strategiese plekke op die baan foto’s neem wat na die tyd te koop sal wees.
Nooi al u vriende en familie om die dag saam te kom geniet. Navrae kan gerig word aan die organiseerders: Gustav Grobler – 083 792 4698 (gustav@koedoeskop.com),
Carl Vos – 082 467 1807 (carlvos@koedoeskop.com) en Nelmarie Schutte – 073 164 5105 (nelmarie.schutte@kioltd.com).

Posted in Sport0 Comments

KunsteGrot – een uit, ander in

THABAZIMBI – Die Melktert Kommissie wat op 16 Mei by die KunsteGrot sou optree, kan weens ‘n probleem in hulle geledere, ongelukkig nie meer kom nie.  Daar sal probeer word om hulle weer volgende jaar te akkommodeer. Maar soos hulle sê: “the show must go on” en nou kom die pragtige rooikop sangeres, Helenè Bester, weer hier kuier.  Besprekings het reeds geopen, so vinnig spring as jy jou sitplek wil verseker.
Die program vir ons Innie Grot verjaardag-konsert op 6 Junie word al hoe meer interessant. So oor twee weke meer hieroor.  Dit is ‘n aand wat u glad nie moet misloop nie.
Net om die lesers solank in te lig. Op 29 Augustus kom Neels van Jaarsveld (Dr Gideon van Binnelanders)  en Zane Meas (Neville van 7deLaan) met die komedie Bure Oppie Bank.  Dit het verlede jaar vol sale getrek by Aardklop en beloof skitterende vermaak te wees. Soos verlede week reeds berig, kom Navi Redd op 24 Oktober.
Die KunsteGrot probeer ‘n verskeidenheid kunstenaars vir u, die gemeenskap, na ons eie teater bring.  Ondersteun, asseblief.
Vir alle navrae en besprekings, kontak Rita by 083 7448559

Posted in Entertainment0 Comments

Amandelbult Golf Club to host Ladies Open

AMANDELBULT – Over the years the Club successfully hosted the Amandelbult Open. This tournament was always well supported by local players, as well as visitors.
On Saturday 2 May 2009, Amandelbult Golf Club will be hosting the Amandelbult Ladies Open. To date they have received entries from Thabazimbi, Amandelbult, Swartklip and Welkom.
The competition will be IPS format, ladies competing in the A, B and C divisions.
There will be a limited field for men, playing behind the ladies. This limited field will be for sponsors, committee members and spouses of the ladies who travel far.
A shot gun start is planned for 11:00. Entries will close on Wednesday 29 April 2009. The draw will be available on Friday 1 May 2009.
As the Club is planning to make this a highlight on our annual calendar, they rely on the whole community for support.
To enter you may contact Gordon 082 460 7849 or Harry 083 455 9760

Posted in Sport0 Comments

Thabazimbi Wild en Toerisme Expo is om die draai

THABAZIMBI – Een van die grootste eko toerisme se groei punte in die land, Thabazimbi sal hierdie jaar weereens gasheer speel vir die 26ste Thabazimbi Wild en Toerisme Expo. Hierdie Expo wat beloof om ‘n ware bosveld belewenis te wees, sal plaasvind vanaf die 30 April – 2 Mei in die bekoorlike Thaba.
Aanhangers kan verseker wees van ‘n fantastiese vertoning deur Theuns Jordaan. Theuns het na sy eerste album, Vreemde Stad, trippel platinum status bereik in 1999.  Vandaar af het hy net al dieper in Suid Afrikaners se harte ingekruip deur sy unieke diep stem.  Verder kan die gehoor ook uitsien na  ander musikante soos Steve Hofmeyr, Robbie Wessels, DJ Ossewa, Bok van Blerk, ‘n lekker Boereorkes en Afrika Dansers.
Dié jaar se Expo gaan ‘n aksie belaaide naweek vir oud en jonk inhou.  Aktiwiteite sluit in: Die jaarlikse Ready-Steady-Bush Cook Out; Die Kwêvoël Potjiekos kompetisie; ‘n ope lug Roofvoël vertoning;  ‘n klassieke Cobra motor skou;  hoë engerie modder ritte; helikopter ritte; Koedoe Quad Fun Run, Bosveld Gruwel Speletjies (Fearfactor); Spar Wildsbokafslag kompetisie;  Bosveld spele (rissie eet, mampoer proe en koedoedrol spoeg kompetisies), uil demonstrasies, Mnr en Mej Thaba Expo, Wildsritte na Marakele Nasionale Park, ‘n lekker groot 60m kroeg en ‘n baie lewendige sateliet kroeg, naby die Spar Verhoog waar die meeste van die Bosveld Spele aktiwiteite sowel as die Ready Steady Bush Cook Out en Potjiekoskompetisie gaan plaasvind. Daarby is daar ‘n gesellige wyntuintjie wat ook lekker likeur gaan verkoop.
Vir die jongspan is daar opwindende ritte wat hartkloppings gaan veroorsaak en ‘n lekker kreatiewe kinderhoekie langs die paviljoen op die rugbyveld wat net gemik gaan wees op hope soetgoed, speelgoed, rygoed, drinkgoed en sommer net lekker goeters.
Met al die aktiwiteite wat hierdie jaar by die Expo plaasvind moet daar spesiale klem geplaas word op die Ready Steady Bush Cook Out wat sal plaasvind op Vrydag 1 Mei 2009 naby aan die Spar verhoog. Hierdie jaar sal die ywerige Beeld span weereens ‘n span uit die gehoor aanvat om te kyk wie dié jaar gaan koning kraai. Deelnemers kry ‘n verskeidenheid bestanddele en net 20 minute om ‘n uitstof voorgereg, hoofgereg en nagereg te maak. Hannes van Wyk (Egoli) en Johrne van Huyssteen (Disselblom) wat die aanbieders vir die naweek gaan wees, sal sorg dat die gehoor presies weet waarmee die spanne besig is en wat aanmekaar geslaan word terwyl stres en sweet die spanne aftap.  So vir ‘n goeie koppie lag medisyne moenie hierdie aksie misloop op Vrydag vanaf 11:30 tot 13:30.
Vanaf 08:00 Saterdag oggend op 2 Mei sal die vure aangesteek word vir die jaarlikse Wildspotjiekoskompetisie. Potjiekos entoesiaste kom gewapen met hul potjiekos toerusting en eie bestanddele om potjie kenner van die jaar te speel in dié gewilde kompetisie wat sal duur van vroeg dag tot laat. Spanne van tot 4 lede kan die plaaslike koerant ,Die Kwêvoël, besoek vir inskrywings vorms. Die redakteur van Die Kwêvoël, Pieter Coetzee, sal saam met Gerrie Pretorius die leiding neem en sorg vir lekker saam praat en grappies langs die potjievure.  Vodacom sal  ook betrokke wees by die kompetisie en sal bewys hulle hou nie net van klets nie, maar kook ook. Daarby kan die vriende en familie ook maar saamkuier.
Buiten die kontant pryse wat deur die hoofborg, Dewside Bier, verskaf word is daar ook nog baie lekker pryse op die spel. Hieronder is twee lekker wegbreek naweke geborg deur El Shadai Gastehuis ter waarde van R2 200 en The Livingstone Gastehuis wat R3000 werd is asook een nag vir twee persone met ‘n wildsrit en ontbyt ingesluit by Koppie Alleen Gastehuis, helikopter ritte, Shoprite geskenkbewyse van R1000, LA Sport pryse ter waarde van R3 000, ‘n Rooibok ,Landrover pryse te waarde van R 3500, Swakuru produkte ter waarde van R500 en R600 van Adventure Supply Company en Vodacom pryse.
Vir die nie kokers sal daar ‘n ongelooflike Roofvoël opelug voorlegging plaasvind ook op Saterdag 2 Mei 12:30pm tot 13:30pm by die Thabazimbi Spar verhoog. Die Suid Afrikaanse Nasionale Roofvoël Sentrum kom al die pad van Johannesburg af om ‘n groot verskeidenheid Roofvoël soorte soos uile, arende en valke te kom vertoon by die Expo. Die pragvoëls sal rondvlieg en gevoer word tydens die voorlegging. Die sentrum is ‘n rehabilitasie sentrum vir beseerde en sieklike Roofvoëls. Feesgangers is welkom om donasies te gee na die voorlegging.
Alle motorliefhebbers moet beslis 2 Mei in hul dagboeke omkring vir die Cobra Outydse motor vertoning by die ou lapa area van 09:00 tot 17:00 wat naby die sateliet biertuin geleë is.
Op 1 Mei, kan deelnemers begin inskryf vir die avontuur modderrit kompetisie om 7:00.  Die hekke sal open om 8:00 vir die publiek en die eerste ritte sal om 9:00 uur afskop. Die inskrywings fooi vir die ritte is R300 en die ondersteuners fooi is R40 vir volwassenes en R20 vir kinders.                                                         Borge kry ook die geleentheid om ‘n hek te borg en strategies op elke modder gat te adverteer. Deelnemers moet hul eie voertuie bring en aanwysings sal gegee word twee dae voor die kompetisie. Die roete vat ongeveer 45 minute om te voltooi en pryse vir die kompetisie sluit in 4×4 bybehore, bande, buitelug toerusting en kampeergerei. Deelnemers word aangeraai om nie hul kerk pakkies aan die trek vir hierdie outjie nie.
Almal moet gebruik maak van die geleentheid  om die pragtige landskappe van Thabazimbi uit die lug te aanskou per Helikopter. Die eerste rit sal opstyg die 1ste Mei en sal aktief wees die Vrydag en Saterdag.  Die ritte sal van die oggend tot sonsondergang plaasvind. Kaartjies vir die rit sal te koop aangebied word op die Vrydag oggend om 07:00. Kaartjie pryse is R120 per persoon (volgens die wet moet kinders hulle eie sitplek hê en sal hul ook vol prys betaal) vir ‘n asemrowende 3 minuut rit.
Daar is altyd tyd vir verandering en by hierdie jaar se Expo is dit beslis in die kaarte. ‘n Nuwe aanvoeging is die Bosveld Gruwel Speletjies wat sal plaasvind op die rugbyveld op 1 en 2 Mei. Daar sal 9 verskillende groep uitdagings vir deelnemers wees om te voltooi. Bring maar jou tandeborsel en seep saam om van die nare klankies na die tyd ontslae te raak. Deelnemers kan uitsien na ‘n paar lekker happies soos hoenderpote, skaap peertjies, beesmis koekies en nog ‘n paar ander wat te grillerig is om te noem. Daar sal ‘n wenspan elke dag aangekondig word wat sal wegstap met harde kontant.
Hierdie jaar is daar ook ‘n spesiale 4×4 en kampeertoerusting hoekie met groot uitstallers naamlik Landrover, LA Sports, 4×4 Megaworld, Safari 4×4, Afrispoor, Jackal Berry, World Wide Canvas, Expeditions for Africa, Kakuli Outdoor en vele meer.
Vir die dames is daar ‘n verskeidenheid klere en juwele stalletjies. Vir studente en jong volwassens is daar CD stalletjies, tydelike en permanent tatoeëring en “piercings!” Op 1 Mei vind die immergewilde Mnr en Mej Thabazimbi Expo plaas op die Thaba Spar verhoog. Die uitdun rondte vind plaas vanaf 12:00, maar die deelnemers kan vanaf 11:00 by die verhoog registreer. Inskrywingsvorms is oudergewoonte reeds beskikbaar by Thaba Spar. Die finale van die kompetisie vind plaas vanaf 16:00 en ons moedig die ondersteuners aan om die mooie dames in hul aandrokke te kom besigtig. Voorwaar nie ‘n geleentheid om mis te loop nie.
Vir diere liefhebbers is daar ponie en kameel ritte as ook ‘n perdeskou op Saterdag 2 Mei.
Thabazimbi Spar, onderleiding van Hannes Coetzee, sal weer die gewilde Wildsbokafslag kompetisie wat by die biertuin  plaasvind aanbied. Hierdie aksie gebeur op Saterdag 2 Mei en dames is ook welkom om deel te neem om vir die manne te wys wie is baas. Die biertuin sal ook toegerus wees met groot plasma skerm TV’s vir al die rugby aanhangers en ‘n skynorkes wat deurlopend sal speel.
Verdere aktiwiteite sluit onder andere in die bosveld spele, die mampoer proe en die toutrek kompetisie wat alles plaasvind by die Spar verhoog. Besoekers word ook aangemoedig om weg te lê aan die verskeidenheid kossoorte en verskillende interessante stalletjies. Wees reg om aan te sluit by die aksie belaaide naweek propvol gesin pret en vermaak.
Kaartjie Informasie:
Kaartjies is tydens die Expo beskikbaar by die hekke soos volg:
30 April 2009 (Donderdag): Volwassenes R 50; Kinders (onder 13 jaar): R25; Pensionarisse R30.
1 Mei 2009 (Vrydag): Volwassenes: R60; Kinders (onder 13 jaar):  R30; Pensionarisse R35.
2 Mei 2009 (Saterdag): Volwassenes: R60; Kinders (onder 13 jaar): R30; Pensionarisse R35.
Enige besighede wat sal belangstel om pryse te borg en daarvan sal hou om hul embleem op die fees boekie te sien, voel vry om ons so gou as moontlik te kontak.
Vir verdere inligting oor die Expo,  kontak asseblief vir Ingeborg Keyser by 012 327 6163/6601 of Ingeborg@oppikoppi.co.za. Vir enige media navrae kontak vir Tess Manders, tessm@oppikoppi.co.za.
Modder Rit Kompetisie:
Vir verdere informasie kontak asseblief:
Francois Styl: 083 7032 334
Wildspotjiekoskompetisie:
Vir verder informasie kontak asseblief:
Pieter Coetzee: 014 777 1621 voor Donderdag 30 April 16:00.
Wildsbokafslag Kompetisie:
Vir verder informasie kontak asseblief:
Hannes Coetzee: 082 576 1332

Posted in Entertainment0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Paragliding Lugvertonings Paragliding Kumba Nationals Golf Jeep op Bakkerspas Bomgooi quads_expo_2007 Thabazimbi Vloed 18.gif Thabazimbi Vloed 10.gif

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:31 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

April 2009
M T W T F S S
« Mar   May »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
27282930  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools