Sportnuus van HFM

THABAZIMBI-Verlede Saterdag 14 Maart het HFM ‘n wintersportdag aangebied. Daar is netbal, rugby en hokkie, teen Hoërskool Lichtenburg gespeel.
Die rugby spanne vanaf o/14A tot die 1ste span het deelgeneem, en van die 8 wedstryde wat gespeel is, het HFM 4 gewen en 4 verloor. Die o/15 A rugbyspan wen 20 -13, o/15 B wen 27-9, die 2de span wen 13-7 en die 1ste span wen 11-7.
Met die netbal het dit heelwat beter gegaan, daar was 10 wedstryde gespeel waarvan HFM 6 gewen het en net 4 verloor het. Die o/15 A netbalspan wen 33-20, o/15 B wen 29-12, o/16 A wen 16-11 o/17 B wen 24-16, 2de span wen 19-13 en die 1ste span wen 25-16.
Met die hokkie het dit glad nie so goed gegaan nie, daar was 8 wedstryde gespeel en net die 2de span kon daarin slaag om gelykop te speel, verder het al die spanne vanaf o/14 tot die 1ste span verloor.