Sportnuus van HFM

THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het aan ‘n hele paar sport aktiwiteite deelgeneem waarvan die uitslae bekend gemaak is.
Luggeweerskiet vir Interskole het 7 Maart plaasgevind te Hoërskool Piet Potgieter te Potgietersrus. Daar het Renaldo Nortjé vir die O/16 kompetisie in alle afdelings gewen, en ‘n goue medalje ontvang. Justin Kemp wen ‘n brons medalje vir sy 3de plek, Riëtte Steenkamp was 7de, J M Erasmus 8ste en Gerhard Benade 9de.
Drie Rhino Stoeiklub leerlinge neem aan Tuks Ope Kampioenskappe op 7 Maart te Pretoria deel. In die Ope afdeling ontvang Michelle Smit, Ivan Robbertse en Michelle Snyman silwer medaljes.
Met die Wintersport vaar HFM goed teen Hoërskool Wonderboom wat op 7 Maart plaaslik teen HFM se hokkiespanne kompeteer.  Dit was gehou op 7 Maart by HFM sportgronde. In die 8 wedstryde, wen HFM vier wedstryde terwyl hul 4 wedstryde verloor. Die uitslae is as volg: O/14B wen 2-0, O/15A wen 3-0, Eerstespan wen 5-0 en die Tweedespan wen 4-0. Die O/14A verloor 1-3, O/15B verloor 0-1, O/16B verloor 1-2 en O/16A verloor 0-1.
Die Netbalspanne het ook teen Wonderboom Hoërskool Pretoria meegeding op 7 Maart te HFM Netbalbane. Uit die 10 wedstryde wat gespeel is op die dag is die uitslae as volg: Die O/14A wen 16-14, O/17A wen 18-12 en die Eerstespan wen 25-22. Die O/14B, O/15A, O/15B, O/16A, O/17B en die Tweedespan verloor hulle wedstryde terwyl die O/16B-span met 19 punte gelyk-op eindig.