Die 26ste Thabazimbi Wild en Toerisme Expo – 30 April tot 2 Mei: Aansoek vir uitstallers is oop

THABAZIMBI – Aandag alle uitstallers, avontuur liefhebbers, of enige iemand op soek na ‘n naweek weg in die hartjie van die bosveld. Die 26ste Thabazimbi Wild en Toerisme Expo is weer terug en die jaar vind dit plaas op die naweek van 30 April tot 2 Mei 2009.
Die Thabazimbi wild en toerisme Expo is een van die grootste en oudste dorpsfeeste in die Limlopo provinsie en verlede jaar het dit 26 000 besoekers getrek.
Aansoeke vir uitstallers is ook nou oop en sluit op 1 April 2009. Aansoekvorms vir uitstallers is beskikbaar op hul webwerf, www.oppikoppi.co.za. Op die regterkant van die webwerf is daar ‘n prentjie wat sê Thaba Expo. Klik daarop en jy sal na die regte plek geneem word. Sodra jy jou aansoekvorm vir uitstalruimte ingedien het, sal jy deur die organiseerders in kennis gestel word of die aansoek om uitstalruimte suksesvol was of nie.
Die naweek gaan propvol vermaak en plesier wees vir enige avontuur- en buitelug liefhebber asook enige iemand opsoek na ‘n naweek met iets anders op die program. “Quad Bike” demonstrasies, Cheetah demonstrasies, ‘n Wild afslag kompetisie en die gewilde skoonheids kompetisie sal weer die jaar plaasvind. Hou die media dop vir verdere inligting oor die jaar se program. Gedurende die dag sal daar vermaak wees in die bier tent en in die aande is daar genoeg vermaak om seker te maak die makietie hou nie op nie.
Vir meer inligting of inligting rakende stalletjiets, kontak gerus vir Ingeborg Keyser of Marilize Channon by 012 327 6601/6163. Vir enige media inligting kan Tess Manders gekontak word, tessm@oppikoppi.co.za