Categorized | General

Thabazimbi se eie visserye

visseryTHABAZIMBI-‘n Absolute nuutjie in Thabazimbi is ‘n Duitser wat op ‘n plaas, ongeveer 30 km buite Thabazimbi op die Ellisras/Lephalale pad ‘n voortplantingsplaas vir visse gestig het.  Dié visspesie is die Bloukurper (Oreochromis mossambicus).  Dit is moeilik om hierdie spesifieke vis te teel en groot te maak tot op ‘n sekere ouderdom.  Die vroulike vis hou die eiers en pasgeborenes in haar mond.  Ongeveer elke 2de week word die vissies uit haar mond gehaal.  Tim, wie sy Meestersgraad in Wetenskap het (Professionele Natuurlike Wetenskaplike), manipuleer die vissies se geslag na manlike visse toe, aangesien die pasgebore vissies nie ‘n geslag het nie.  Dit word gedoen omdat die vroulike vissies klein bly en die manlike geslag tot en met 4kg kan groei.  Die teelproses het professionele kundigheid nodig.  Dit is uiters moelik om die pasgebore vissies tot jong visse groot te maak.  Vanaf ‘n sekere ouderdom is dit baie maklik om self die visse verder groot te maak.  Die visse kan met viskos of alge groot gemaak word.  Dit beteken dat selfs hoender- en veemis of gras in die water gegooi kan word en dan alge se groei stimuleer waarop die visse kan lewe.  Selfs rou vleis (afval) wat nie benodig word nie ens. kan bo die water gehang word.  Die vlieë lê dan eiers in die rou vleis wat maaiers broei wat dan in die water val en deur die visse geëet word.  Interessant genoeg word die vis se smaak geensins beïnvloed deur die tipe kos wat hy eet nie.  Die vis se smaak bly heerlik.  Dit neem ongeveer ‘n jaar vir die vis om volwassenheid te bereik, wat natuurlik beïnvloed word deur die tipe kos wat hy gevoer word.  Die vis kan tussen 500g tot en met 4kg weeg.  Dié visse kan in enige plaasdam, hetsy sement, natuurlike of besproeiing geplaas word. Tim en Gerhard kan u plaas besoek en bepaal hoeveel visse in ‘n spesifieke grootte dam geplaas kan word.  Hulle kan u ook bystaan met enige probleme, asook die hele proses insluitende populasie beheer, die bestuur daarvan en siektes.  Vir enige verdere navrae kan u gerus vir Tim skakel by 071 174 4090.

3 Responses to “Thabazimbi se eie visserye”

  1. kwevoel says:

    Testing comments

  2. Justin says:

    Testing new comment system on kwevoel.co.za

  3. Justin says:

    Test

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Thabazimbi Vloed 8.gif Marakele                                Visvang Jabulani - Piekniek hou SDC12148 Potjiekos koedoedrolspoeg_expo_2007.jpg Thabazimbi Vloed 46.gif

Weather Forecast

February 8, 2012, 9:40 am
Sunny
Sunny
26°C
real feel: 29°C
humidity: 58%
wind speed: 0 m/s ESE
sunrise: 5:52
sunset: 18:57
Forecast February 8, 2012
day
Partly sunny with thundershowers
Partly sunny with thundershowers
32°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 3 m/s
Forecast February 9, 2012
day
Intermittent clouds
Intermittent clouds
32°C
wind speed: 2 m/s N
wind gusts: 3 m/s
More forecast...
 

Archives

 

March 2009
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools