Archive | March, 2009

Inwoners warm onder die kraag oor “finale waarskuwings”

THABAZIMBI – Finale waarskuwings vir die betaling van munisipale rekeninge is die afgelope maand deur heelwat inwoners van die dorp ontvang met dreigemente om dienste te staak indien betaling nie voor 17 Maart geskied nie. Dit het heelwat inwoners redelik warm onder die kraag.
Een van hierdie waarskuwings is afgelewer op 18 Maart (‘n dag nadat die rekening betaal moes wees) by die huis van Gert Snyman, voorsitter van die Thabazimbi Belasting Betalersvereniging (TBBV), sonder dat hy daarvoor geteken het.
Volgens Snyman is hierdie tipe van finale waarskuwing, net soos met die betekening van ‘n dagvaardiging, onwettig indien iemand nie ontvangs erken het en daarvoor geteken het nie.
Chaos heers in die finansiële departement van die munisipaliteit na Julie 2008 toe ‘n nuwe tariefskaal vir eiendomsbelasting geïmplementeer is. Kenners meen die tarief is onwettig omdat ‘n belastingbeleid nooit goedgekeur is nie en amptenare ontken dit. Maar al sou die beleid goedgekeur wees, word stipulasies daarin geïgnoreer, soos byvoorbeeld dat die belastingtariewe van betalers hierdie jaar nie met meer as 40% mag gestyg het nie.
As gevolg van baie verwarring het inwoners, soos herhaaldelik aanbeveel is deur die burgemeester, tot dusver die ou tariewe betaal. Inwoners is aanbeveel om dienste te betaal soos gehef word, maar ou belastingtariewe.
Daar word nou gedreig om diegene wat hierdie raad gevolg het se dienste te sny. Dit is egter onwettig aangesien slegs die dienste na huise en besighede waarvan die diensterekeninge nie betaal is nie, afgesny mag word. Niemand se dienste mag gesny word indien daar wanbetaling is ten opsigte van eiendomsbelasting nie.
Die TBBV (Thabazimbi Belasting Betalersvereniging) is tans in die proses om ‘n prokureur aan te stel om ‘n dringende interdik teen die munisipaliteit te bring teen die afsny van dienste.
Enige lid van die TBBV word versoek om Gert Snyman (sel 083 295 1284), Tokkie Swanepoel (083 676 2301) of Faan Venter (083 979 6239) te kontak indien hulle probleme van hierdie aard ondervind.
In ‘n brief aan die munisipaliteit het die TBBV versoek dat hierdie “onwettige proses”, naamlik die uitreik van finale waarskuwings, gestop word, asook die heffing van heraansluitingsfooie. Die redes is dat, tot op hede, geen goedgekeurde belastingbeleiddokument aan die TBBV voorsien is nie, ten spyte van herhaalde skriftelike versoeke.
Hulle versoek ook dat ‘n goedgekeurde munisipale wetgewing (“bylaw”) verskaf word waarin die tariewe verskyn. Geen eiendomsbelasting kan geëis word sonder die nodige wetgewing nie.
Die brief verwys ook dat daar in die Munisipale Systems Act (Wet 32 van 2000) op ‘n gereelde basis van korrekte rekeninge voorsien moet word. Tans word daar nie aan hierdie vereiste voldoen nie.
In die brief, gerig aan die munisipale bestuurder, word daar aangedring dat die onwettige aksie, naamlik uitreiking van finale waarskuwings, gestop word en dat regsaksie teen die munisipaliteit en/of die munisipale bestuurder geneem mag word indien dienste gesny word.
Die brief word afgesluit deur die versekering dat inwoners wil betaal, maar die regte bedrag en dat die TBBV optree ook namens inwoners van Regorogile, Raputi en Rethabile.
Die munisipaliteit het onlangs ‘n firma aangestel wat skuldinvordering behartig. Dit blyk dat daar nou, sonder inagneming van die hele situasie, voor die voet dienste gesny word, hetsy dit binne die raamwerk van die wet is of nie.

Posted in General0 Comments

Forum for small businesses established

THABAZIMBI – The Mmebane Chamber of Commerce was established in March this year to represent black small businesses and create a mouthpiece through which their  needs and challenges could be addressed.
The Mmebane Chamber of Commerce was established under the auspices of LIBSA (Limpopo Business Support Agency) and represent small businesses such as contractors, caterers, tuckshops, cleaning services, shebeens, hair dressers, dress making, mining, civil construction and tourism.
The organisation is affiliated with Nafcoc (National Federated Chamber of Commerce) and was visited by provincial representatives of this organisation on Tuesday 24 March.
An interim committee for Mmebane Chamber of Commerce was formed on 18 March at the founders’ meeting of the organisation.
According to chairman Sam Mamuno small businesses experiences a need to create a vehicle through which they can create links with big business, mining houses and government. When represented as a group they can be better acknowledged and together they can address challenges facing them in the wider economic framework. They also aim to alleviate poverty, to create jobs and develop skills in Thabazimbi.

Posted in Business0 Comments

vis

Seniors klop Juniors in hengel

visSETARIA – Die Northam Hengelklub het die afgelope naweek ‘n vriendskaplike kompetisie gehad tussen die Juniors en die Seniors by die Konsentratordam.
Daar is besluit om hierdie twee groepe teen mekaar te laat kompeteer na afloop van ‘n vorige kompetisie toe ‘n Junior tydens die inweeg opmerk dat “die Juniors die ervare hengelaars kan wys waar Dawid die wortels gegrawe het”.
Beide spanne het uit 11 lede bestaan en die kompetisie, wat deur die juniors gereël is, het Saterdag stiptelik om 12:00 begin.
Punte is toegeken op ‘n basis van aantal vis sowel as die grootte. Vir elke vis gevang is 10 punte toegeken sowel as 10 punte vir elke kilogram gewig van die vis.
‘n Strawwe 12-uur visvangsessie het hierna gevolg. Daar is min geslaap, wat nie soseer die Juniors benadeel het nie, maar die Seniors wel. Gevolglik het hulle nie net in die water nie, maar ook op die wal, “vis gevang”, wat hulle toe as wenners uit die stryd laat tree het.
Sommige kenners voel egter steeds dat strafpunte afgetrek moes word vir die “visvangery aan wal”, aangesien die reëls bepaal dat hengel in die water móét geskied.
Die kompetisie, hoewel dit straf was, het egter die manne van die muise geskei, en die Seniors het as oorwinnaars uit die stryd getree.
Daar is ‘n totaal van 622 vis gevang met ‘n gewig van 346,26 kg. Die Juniors het 284 van die totaal gevang en die Seniors 338. Die Juniors het altesaam 153,84 kg van die totale gewig gevang en die Seniors 192,42 kg.
Pryse soos kampstoele, katrolle, visstokke, viskaste, selfone is aan die einde van die kompetisie uitgeloof. Hierna is heerlik potjiekos geëet.
As gevolg van die mate waartoe Northam Hengelklub uitgebrei het, is besluit om ‘n Juniorkomitee op die been te bring. Ronaldo du Toit is as kaptein aangewys en Gary Retief as onderkaptein.
Die klub beplan om ‘n kurperbonanza oor twee maande te hou. Verdere besonderhede sal in die Kwêvoël verskyn. Groot pryse gaan op die spel wees vir hierdie kompetisie.
Die komende naweek word die maandelikse klubkompetisie by Olifantsnekdam aangebied. Die kompetisie duur van Saterdag 12:00 tot Sondag 12:00.
Enige navrae rakende Northam Hengelklub en sy bedrywighede kan gerig word aan die klubvoorsitter, Ronnie du Toit, by 073 665 8169.

Posted in Sport0 Comments

egpaar

Bejaarde egpaar in plaasaanval ná arrestasie

Hannetjie en Joos Strydom van Thabazimbi sal waarskynlik die afgelope week in hul lewe eerder wil vergeet nadat Joos een nag in die tronk moes deurbring nadat ‘n klag van “rig van ‘n vuurwapen” teen hom gebring is en hulle drie aande later onder ‘n plaasaanval deurgeloop het.

Hannetjie en Joos Strydom van Thabazimbi sal waarskynlik die afgelope week in hul lewe eerder wil vergeet nadat Joos een nag in die tronk moes deurbring nadat ‘n klag van “rig van ‘n vuurwapen” teen hom gebring is en hulle drie aande later onder ‘n plaasaanval deurgeloop het.

THABAZIMBI – ‘n Eienaardige reeks voorvalle op die plot van  Hannetjie en Josias (Joos) Strydom, waaronder ‘n plaasaanval Sondagoggend 22 Maart op die Strydoms, word tans deur die Geoganiseerde Misdaadeenheid in Polokwane ondersoek.
Alles het begin op Woensdag 18 Maart toe die 70-jarige Hannetjie Strydom ‘n inwoner op die plot versoek het om haar huurkamer te verlaat nadat sy sedert Desember verlede jaar in gebreke gebly het om die huur te betaal. Agter haar was haar man, Joos, met sy pistool in sy hand. ‘n Woordewisseling het ontstaan en die huurder het Hannetjie uit die pad gestamp, waarna sy en haar “man” gewaarsku is dat hulle die volgende dag hul kamer moes ontruim.
Volgens Trudie van Rhyn, die Strydoms se dogter, het daar 8 polisiemanne later daardie aand, teen 23:00, by die plot opgedaag, Joos gearresteer en al die wapens gekonfiskeer asook ‘n juweelkissie. Joos het dié nag in die selle deurgebring.
Die volgende dag het Joos, geboei, in die hof verskyn op ‘n aanklag van rig van ‘n vuurwapen en is hy op waarskuwing vrygelaat.
Die juweelkissie is Vrydag aan hulle terugbesorg, met die verduideliking dat dit gekonfiskeer is, omdat die polisielede vermoed het dat daar patrone in is.
Drie oggende later, op Sondag 22 Maart, toe die Strydoms van die kerk af teruggekom, het vier mans, waarvan 3 gewapen was, die huis van die Strydom-egpaar ingekom om die kluis te beroof..
Volgens Trudie het die vier die sleutels van die kluis geëis, maar nooit vir wapens gevra nie, wel die kontant en juweelkissie in die kluis gesteel. Die feit dat hulle nooit na die wapens gevra het nie, sê Trudie, laat die indruk dat hulle bewus was dat die wapens gekonfiskeer was.
In die proses is Joos aan sy keel gegryp en gewurg en is beide sy en Hannetjie se bene met draadhangers en plastiekkabels vasgemaak. Hannetjie is ook deur die rowers rondgeklap.
‘n rukkie later het Trudie haar ouers vasgemaak aangetref toe sy en haar gesin, asook ds Kalfie Loots en sy vrou, op die plot arriveer. Die vier rowers het laat spaander, onder andere ook met Trudie se selfoon, en hulle is daar weg in ‘n rooi Opel Kadet. Trudie se man, Dewald, het hulle probeer agtervolg, maar sonder sukses.
Die vier mans is nog steeds op vrye voet.
Op navraag by die Thabazimbi polisie, het woordvoerder kapt Thapela, gesê dat die die polisie standaardoptrede gevolg het tydens die ondersoek van die klag oor die rig van die vuurwapen..
Volgens hom is dit ‘n ernstige klag en is daar aanvanklik slegs twee polisiemanne gestuur om die klag te ondersoek, nadat daar aan die lig gekom het dat daar nog vuurwapens in die kluis is, is die ander ses polisielede gestuur om die res van die wapens te konfiskeer. Dit blyk ook standaardprosedure te wees om iemand in hegtenis te neem na die klag van “rig van ‘n vuurwapen”. Alle plaasaanvalle word deur Georganiseerde Misdaadeenheid ondersoek.
Na die gebeure die afgelope week is die 70-jarige Hannetjie en 71-jarige Joos so getraumatiseer dat hulle berading ontvang en tans tuisgaan by hul dogter in die dorp. Hulle is ook nie seker of hulle kans sien om terug te keer na die plot waar hulle reeds 38 jaar lank woon nie, vertel Trudie.

Posted in General1 Comment

No littering

Onwettige vullisstorting berokken groot skade

Minder as 25m van hierdie “Do not litter”-bord word gereeld vullis afgelaai. Gebreekte bottels en papiere ontsier dan dié toegangspad na Thabazimbi en ure word telkens spandeer om die area skoon te maak.

Minder as 25m van hierdie “Do not litter”-bord word gereeld vullis afgelaai. Gebreekte bottels en papiere ontsier dan dié toegangspad na Thabazimbi en ure word telkens spandeer om die area skoon te maak.

THABAZIMBI – Die Kwêvoël het die afgelope week ‘n paar plekke saam met verteenwoordigers van die munisipaliteit besoek waar rommel net eenvoudige op oop erwe, plotte buite die dorp of op sypaadjies gestort word. Hierdie afval is hoofsaaklik afkomstig van gegoede areas, waar tuine versorg word, aanbouings gedoen word of lodges bedryf word.
En wat meer is, hierdie is ‘n tendens wat veral die afgelope tien jaar sy kop uitsteek, sê Danie Stolz, siviele koördineerder by die Thabazimbi Munisipaliteit. Vroeër jare het dit nooit gebeur dat mense sommer hul rommel na willekeur op oop erwe of onbeboude gebiede stort nie.
Op die Sentrum-grondpad net buite Thabazimbi is daar ‘n plaaspad waarlangs hoop op hoop bourommel, tuinvullis en ander rommel gestort word. In ‘n groot gat verder agtertoe is daar al ou yskaste gevind. Agter die “stortingsterrein” steek ‘n bosveld-koppie uit, van die mooiste gesigte in die omgewing, maar langs die pad word hierdie uitsig bederf deur morsjorse wat net eenvoudig te lui, ongedissiplineerd of onverskillig is om hul gemors na die stortingsterrein te neem.
Van die groot sondebokke is boukontrakteurs en aanbouers. Een van hierdie boukontrakteurs se werknemers is die afgelope week afgeneem waar terwyl hulle bourommel in die Rooikuilspruit naby Hibiscuslaan stort. Heelwat bourommel is ook op sypaadjies of oop erwe dwarsdeur die dorp waargeneem.
Waar boukontrakteurs nie self rommel verwyder of kan verwyder nie, kan grootmaat vraghouers by die munisipaliteit (skakel Jeanine by 014 777 1525 X 155) bespreek word teen R207-10 per vrag.
Tuinrommel word waarskynlik die heel meeste van alle soorte rommel op oop erwe, sypaadjies en openbare munisipale terreine gestort. Oor ‘n afstand van twee blokke in Vierde Laan is daar Dinsdagoggend vyf erwe getel waar tuinvullis die sypaadjie ontsier het. Volgens Stoltz bepaal munisipale wetgewing dat geen tuinvullis of bourommel sonder toestemming van die munisipaliteit op sypaadjies gestort mag word nie, en dat boetes, indien nodig, gehef sal word.
Van der Bijlstraat, oos van Shoprite, insluitende die nuwe erwe, is in Februarie deur ‘n kontrakteur teen R11 000 silwerskoon gemaak, vertel Joseph Mawe, senior superintendent Siviel by Tegniese Dienste. Drie weke later word menige hope tuinvullis, huishoudelike vullis en bourommel weer in die area gestort. Op ‘n oop erf in Van der Bijlstraat-oos waar baie rommel lê, is daar in Oktober verlede jaar ‘n laaigraaf en “tipper” ingespan om skoon te maak, maar skaars ses maande later lyk dieselfde erf weer soos ‘n stortingsterrein.
Binne die dorp is dit die verantwoordelikheid van eienaars van oop erwe om die erwe skoon te hou, met ander woorde om bosse en lang gras te verwyder, enersyds sodat daar nie skuilplek vir boosdoeners en slange gebied word op hierdie erwe nie, maar ook omdat ‘n skoon erf nie die verdere storting van rommel uitlok nie.
Een terrein waar die munisipaliteit gereeld sakke vol rommel, vermoedelik van nabygeleë lodges, verwyder is sowat 1km oos op die Marakele-pad, sowat 25m van ‘n bord af wat rommelstrooiery verbied. Toestemming vir die ontwikkeling van lodges is onderhewig aan ‘n vullisverwyderingsplan. Volgens Stoltz oortree sommige van die lodges hierdie voorwaardes en laai hulle vullis goedsmoeds langs die pad af, ‘n toegangsroete na Thabazimbi, waar sakke gou geskeur word en die inhoud die hele wêreld ontsier.
Die opruiming van hierdie areas kos die munisipaliteit baie aan geld, mannekrag en werksure. Indien Thabazimbiërs beter daarin geslaag het om afval op voorgeskrewe plekke en tye te verwyder, sou daar waarskynlik heelwat meer fondse binne die munisipaliteit beskikbaar gewees het om addisionele vullistrokke (kompakteerders), behouering en infrastruktuur aan te koop en te skep vir ordelike rommelstorting, sê Stoltz.
Grootmaathouers word op sekere plekke in die dorp geplaas vir die verwydering van vullis vir besighede teen dieselfde bedrag as vir die verwydering van bourommel. Andersins kan besighede, teen ‘n koste van R139,52 per maand, twee maal per week vullis laat verwyder van hul perseel deur dromme of vullissakke uit te plaas.
In die woongebiede moet tuinvullis en huishoudelike vullis in aparte sakke geplaas word en beide word een maal per week verwyder van wonings in die dorp. Tuinvullis moet in blou TBZ-sakke geplaas word wat by die rekening-kantoor van die munisipaliteit beskikbaar is teen R22,80 vir 20 sakke.
Waar tuinrommel saam met huishoudelik rommel in een sak uitgeplaas word, sal dit nie verwyder word nie. Die saampers-meganisme van die verwyderingsvoertuig beskadig wanneer daar sand inkom wat gewoonlik gebeur wanneer tuinvullis daarin geplaas word. Tuinvullis word verwyder deur ‘n trekker en sleepwa.
Volgens Stoltz hoop die munisipaliteit om ‘n vullis-herwinnigstelsel te implementeer en sal ‘n kontrakteur, wat die stortingsterrein bestuur, hiervoor verantwoordelik wees. Tans is Ingwe Waste Management verantwoordelik vir die hantering van vullis by die stortingsterrein.
Die verwydering van vullis in Thabazimbi op vasgestelde dae plaas. Op Maandae word vullis verwyder uit Ipelegeng, Thabazimbi Uitbr 1 (proper), 2 en 4. Dinsdae is Apiesdoorn, Thabazimbi Uitbr 1, 3, 6, Byekorf, 8, 10, 14 (Oudekraal), 30 en 31 aan die beurt. Op Woensdae word vullis verwyder van Regorogile Uitbr 2 en 3, asook Thabazimbi Uitbr 5, 8 (Amandelbult huise) en 18. Donderdae word vullis verwyder van Regorogile Uitbr 1, 4, 5, 6 en 7 en op Vrydae van Thabazimbi Uitbr 7, 17 (Heuwelkruin), 35 en 37, Doornhoek en Bonanza plotte.
Geen vullis word verwyder oor naweke of publieke vakansiedae nie. Die stortingsterrein (3 km uit op die Dwaalboom-pad) is oop op Maandae tot Saterdae van 07:00 tot 18:00 en Sondae en publieke vakansiedae tussen 09:00 en 17:00.
‘n Ander groot probleem waarmee die munisipaliteit worstel is die steel van mangat-deksels, waarvan baie ‘n wesenlike gevaar inhou vir voetgangers wat in die pad en op die sypaadjies loop, omdat hulle daarin kan val. ‘n Beroep word op inwonwers gedoen om hulle oë oop te hou en enige diefstal aan te meld by die polisie of die munisipaliteit. Hierdie deksels moet vervang word teen ‘n koste van tussen R400 en ‘n R1000 per deksel plus die vervoer daarvan. Ook hierdie onkostes het ‘n geweldige impak op die begroting van Tegniese Dienste-afdeling by die Munisipaliteit.

Posted in General0 Comments

Paragliders maak gereed vir langnaweek

THABAZIMBI – Die Paragliding Nasionale Kompetisie wat op 16 – 19 Maart 2009 aangebied sou word, is na 10 – 18 April 2009 verskuif.
‘n Lugruimbeperking wat opgehef is vir alle nie-geskeduleerde vlugte vanaf 16 – 19 Maart 2009, beteken dat die beperkte lugruim net agter die Thabazimbi opstyg gebied sal eindig en dus alle suidwaartse skermsweef vlugte sal belemmer. Die oorhoofse windrigting vir Thabazimbi is noord, so dit sal die moontlike take vir die kompetisie grootliks beïnvloed.
Die organiseerders van die kompetisie en SAHPA het dus besluit dat dit beter sal wees om die kompetisie na 10-18 April 2009 aan te skuif.
Die goeie nuus is dat die nuwe datums deelnemers drie ekstra vliegdae tydens die kompetisie gee en ook deelnemers kan akkommodeer wat beperkte tyd oor die langnaweek het.
Kontak Walter Neser by 0765939849 of besoek www.flythaba.com om in te skryf vir die kompetisie of vir verdere navrae.

Posted in Entertainment, Sport0 Comments

AGRI SA welcomed the verdict against the state about the expropriation of mineral rights

The Supreme Court verdict of Friday, 6 March, in Pretoria by Judge Hartzenberg, namely that the Mineral and Petroleum Resources Development Act, No. 28 of 2002, implies the expropriation of unused old order mineral rights and that such mineral right holders have the right to approach the court to protect their rights in terms of the Constitution, is a significant landmark in Agri SA’s attempts to protect property rights and point out errors at policy and regulatory level in this regard, says Hans van der Merwe, Chief Executive of Agri SA.
Agri SA’s aim with this court case was to prove expropriation, which will compel the state to pay compensation or to reinstate ownership of mineral rights.
On 10 February 2009 legal representatives of Agri SA and another mineral rights holder with a similar case as Agri SA, respectively, cited reasons before Judge Hartzenberg why the coming into force of the said Act leads to the expropriation of old order mineral rights, which places an obligation on the State to offer appropriate compensation in terms of section 25 of the Constitution and the stipulations of the Expropriation Act, No. 63 of 1975. The defence of the State was that such mineral right holders could pursue further administrative options before approaching the court for a decision on expropriation and that there was no talk of expropriation.
In his discussion of the relevant arguments the judge commented that the Act gives no recognition to the holding of existing mineral rights. He stated the following: “Insofar as they have not been exploited they simply disappear in thin air.”
“Against this background Agri SA is of the opinion that with the coming into force of the said Act a fundamental difference was brought about in the status and enforcement of property rights with many negative, unintentional consequences,” says Van der Merwe.
In his finding Judge Hartzenberg came to the conclusion that the Act merely gives old order mineral rights holders the right to limit their losses. Furthermore, the judge’s interpretation of this Act is that it recognises that holders of mineral rights could be deprived of their rights and that such deprivation, together with the State’s assumption of custodianship and administration of those rights, creates the expropriation of those rights.
He finds therefore that it is in fact possible for the holders of the old order mineral rights to prove that their rights have been expropriated by the coming into force of the Mineral and Petroleum Resources Development Act, No. 28 of 2002. The State’s claim that Agri SA’s point of view in this regard was ‘vague and embarrassing’ was rejected by Judge Hartzenberg and with it also the exception of the State in this regard.
Another exception cited by the State was that regarding its claim Agri SA had to first lodge an appeal with the Minister of Minerals and Energy against the administrative decision of the Director-General who had rejected its claim and should not have immediately turned to the court by means of a summons. Judge Hartzenberg rejected this argument by pointing out that the Act allows a claimant to turn to the court in order to confirm expropriation. According to the judge decision on expropriation or not is not an administrative matter. The judge also indicated that if the Act denied a claimant direct access to the court and required that all administrative remedies first had to be exhausted, it could have jeopardised the constitutionality of the Mineral and Petroleum Resources Development Act, No. 28 of 2002.Therefore, this exception of the State was also declined.
The judge ruled that both exceptions of the State were rejected with costs, including the legal costs of the claimants.
“This verdict opens the door for many old order mineral rights holders to lean on the viewpoint of the judge, namely that the coming into force of the Act leads to expropriation of mineral rights. However, each claimant would have to prove the extent of the losses due to expropriation in terms of prescribed procedures of the Expropriation Act,” says Van der Merwe.
Agri SA has not yet received the State’s reaction on this verdict, but undertakes to, in the interest of mineral right holders who suffered extensive losses due to expropriation without compensation, continue doing whatever is necessary to uphold and establish the verdict as a legal principle.
Agri SA wishes to thank its affiliates for the support, financial and otherwise, with this court case.

Posted in General0 Comments

Thaba Expo Presents South African Legend Steve Hofmeyr

THABAZIMBI – The annual Thabazimbi Game and Tourism Expo held at Thaba Park in Thabazimbi invites you back for another year of exhilarating fun and entertainment, for their 26th anniversary, which takes place from the 30th of April to the 2nd of May. This year brings and introduces a spectacular line-up of activities, games, tours, competitions and quality South African live artists.
South African legend, Steve Hofmeyr will be one of the artists headlining this year’s show. Steve Hofmeyr has sold over 1.5 million albums and was awarded the SAMA award in 2004 for Best Selling South African Artist. The Pretoria born singer, songwriter, actor and poet will perform his awe-inspiring show to delight friends, families and fans. The local and international star will perform his much loved and unique South African music. Festival-goers should keep a close eye for the line-up of more incredible South African acts to be announced very soon.
Fun-filled activities and competitions will also take place during the Thabazimbi Game and Tourism Expo, such as the popular Kudu Quad Fun Run, the thrilling Hunting Rifle competition, the new and enjoyable tent pitching competition and the recently introduced tug-of-war competition. These activities are just a hint of the many happenings at this year’s Expo, which caters for all.

The tickets, which can be bought before and at the show, are as follows:
30th April 2009 (Thursday): Adults: R 50; Children (under 13 years old): R25; Pensioners: R30
1 May 2009 (Friday): Adults: R60; Children (under 13 years old):  R30; Pensioners: R35
2 May 2009 (Saturday): Adults: R60; Children (under 13 years old): R30; Pensioners: R35
For more information on the event or stall bookings, please contact Ingeborg Keyser on 012 327 6163/6601 or Ingeborg@oppikoppi.co.za. For any media queries please contact Tess Manders, tessm@oppikoppi.co.za.

Posted in General0 Comments

Thaba staan voor groot wateruitdaging

THABAZIMBI – Die toekomstige waterbehoeftes van die dorp, besproeiingsboere, myne, die steenkool-kragsentrales en moontlik Sasol, asook verwagte dorpsontwikkeling in Lephalale en Thabazimbi stel ongelooflike hoë eise aan die owerhede om alle gebruikers in die westelike Waterbergdistrik van water te voorsien in die volgende aantal jare.
Die kwessie op almal se lippe tans is die beoogde aanvraag van tot soveel as 230 miljoen kubieke meter water per jaar aan die steenkoolkragsentrales en Sasol wat tans ontwikkel word in Lephalale en Steenbokpan. En dit terwyl dit tans lyk of daar nie eers genoeg water is om in ons huidige behoefte te voorsien nie.
Tydens ‘n vergadering tussen Waterwese, omgewingskonsultante en boere in Januarie blyk dit dat daar beplan word om ‘n keerwal op te rig in die Krokodilrivier tussen Koedoeskop en Makoppa, asook ‘n dam in die Steenbokpan-area, die aanlê van twee pypleidings, een met ‘n 2m-deursnee vanaf die Thabazimbi keerwal na Lephalale/Steenbokpan en ‘n addisionele pyp van die Mokolodam na Lephalale.
Die vergrote aanvraag sal moontlik later aangevul word deur water van die Lesotho Hoogland-projek wat aan Gauteng voorsien sal word en die verhoogde afloop sal in die Krokodil gekanaliseer word.
By ‘n Waterbeplanningsforum die afgelope week wat deur die Thabazimbi Munisipaliteit aangebied is, blyk dit dat hierdie ‘n reuse-uitdaging is waarby alle rolspelers, tot elke individu in die dorp, die munisipaliteit en alle groot waterverbruikers betrokke sal wees.
In ‘n poging om alle betrokkenes bymekaar te bring om hierdie kwessie te bespreek, word daar beoog om later vanjaar ‘n Waterberaad te hou in Thabazimbi, soortgelyk aan die een wat verlede jaar in Lephalale gehou is.
Uit bydraes by hierdie vergadering blyk dit dat baie sake in plek sal moet kom om kwessies van watergebruik effektief en prakties op te los. Selfs klein besparings deur dorpsgebruikers soos die stopsit van lekkende toilette en pype kan ‘n groot rol speel. Die wanbetaling van watergebruikers moet stopgesit word en die munisipaliteit, myne en boere moet die presiese huidige gebruik en toekomstige behoefte  bepaal.
Volgens Cornelius Booysen, Tegniese Bestuurder by die Thabazimbi Munisipaliteit, kan daar tans nie voortgegaan word met Anglo Plats-dorpsontwikkelings in Northam nie, totdat uitsluitsel gekry word oor die watervoorsiening, asook die ontwikkeling van ‘n rioolplaas in die plek van die bestaande oksidasiedamme. Volgens hom is dit belangrik dat almal bydraes lewer tot die ontwikkeling van infrastruktuur en dat niemand daarby baat as die ontwikkeling nie voortgaan nie.

Posted in General0 Comments

Week 13 – 27 March 2009

Week 13 – 27 March 2009

Posted in Download0 Comments

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Die shuttle? Paragliding Kransberge Marakele Thabazimbi Vloed 31.gif Landbou Lugvertonings 4x4 4x4

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:25 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

March 2009
M T W T F S S
« Feb   Apr »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools