Thabazimbi Gholfklub

Die Skoonveld Mol berig:

THABAZIMBI – Die Pick n Pay/Joelee Sundowner is op Woensdag, 18 Februarie deur Billy Pring met 22 punte gewen en die Pick n Pay/Joelee geskenkbewys is deur Dr Willem du Plessis gewen.
Saterdag, 21 Februarie te Thabazimbi Gholfklub het die Mans Liga Kampioenskap plaasgevind en die manne het die klub se naam hoog gehou deur die eerste 3 plekke in te neem. Billy Pring en Barend Gerber wen met 139 goue houe, Ettienne le Roux en Nico van der Westhuizen is tweede met 144 houe en Jakkie van der Wateren en Chris Bronkhorst is derde met 145 houe.
Met die Dames Liga te Potgietersrus het die dames onderskeidelik tweede en derde in die verskillende groepe geëindig.
Saterdag, 28 Februarie word die Kampioen van Kampioene tuis oor 27 putjies slagspel gespeel.
Die Interaksie skop Vrydag, 6 Maart af en spanne kan nog inskryf tot Maandag, 2 Maart. Koste is R200 per span wat uit 4 spelers en 2 reserwes bestaan.
“Onthou Kampioene word van binne gemaak, nie van buite nie”.
Die Mol groet tot volgende week.