Swartklip hengel vaar goed met maandelikse kompetisie

SWARTKLIP – Die Swartklip Hengelklub het onlangs hulle naam verander en sal voortaan as Union Mine Hengelklub bekend staan.
Die klub het die naweek van 21 Februarie hul maandelikse Hengelkompetisie gehad met  altesaam 175 visse, wat die skaal op 216,350kg laat kantel het, gevang. Die kompetisie het plaasgevind by die Boskampdam te Swartklip waar daar gehengel vir die grootste kurper van die dag. Die voorlopers in die verskillende afdelings is as volg. Mans-afdeling: Hendrik Swanepoel 1541,4 punte wat 99 vis teen ‘n massa van 48,140kg verteenwoordig, Dames-afdeling: Duimpie Greyling 2147,7 punte wat 11 vis teen ‘n massa van 4,450kg verteenwoordig, Seuns-afdeling: Eugene Thompson met 754,2 punte wat 40 vis teen ‘n massa van 27,420 kg verteenwoordig en Dogters-afdeling: Andrea Greyling met 155,4 punte wat 5 vis teen ‘n massa van 4,540kg verteenwoordig. Die wenners was Ralph Kissack wat as wenner van die Mans-afdeling wegstap en Eugene Thompson wenner van die Seuns-afdeling. Geen wenners vir die Dames- en Dogters-afdelings is aangekondig nie. Die verskeie afdelings het almal uitstekend gevaar met die vangs van karps asook barbers.