Paragliders “hang” rond

THABAZIMBI – Die lugweë van Thabazimbi het oor die pas afgelope naweek heelwat paragliders te bespeur gehad.
Vir die inwoners van Thaba was dit ‘n heerlike bederf om die verskeie kleure van die skermsweefvlieëniers dop te hou, alhoewel dit ‘n tydsame bedryf kan raak as die wind saam speel. Dan lyk dit kompleet asof dié vlieëniers vir ure lank op dieselfde plek “hang”. Die SA Paragliding Nasionale Kompetisie wat vanaf 16 – 21 Maart 2009 in Thabazimbi aangebied word, kruip al hoe vinniger nader. Belangstellendes kan die organiseerders van die kompetisie, Walter Neser en Linda Willemse, kontak om by die sport betrokke te raak of in te skryf vir die kompetisie. Besoek www.flythaba.com of kontak Walter Neser tel 076 593 9849. Tandemvlugte is ook beskikbaar vir beginners.