Gholfnuus

Die Skoonveld Mol

THABAZIMBI – Die Joelee Pick n Pay Sundowner, wat op Woensdag 11 Februarie gespeel is, is gewen deur Ettienne le Roux wat Jannie van Graan uitgetel het, met albei op 23 punte. Die Joelee Pick n Pay geskenkbewys is gewen deur Lindie Bredenkamp.
Op Donderdag, 12 Februarie het die Sages-kompetisie plaasgevind met ‘n veld van 54 spelers. Nico van der Westhuizen was die wenner met 40 punte. Dat niemand te oud is om gholf te speel nie is bewys deur Buhrman Steenkamp van Nylstroom wat, op die ouderdom van 91 jaar, nog steeds die klein wit balletjie rondjaag.
Op Valentynsdag Saterdag 14 Februarie het 30 spelers, geklee in ietsie roois, deelgeneem aan die “Scratch Stableford”-kompetisie. Jannie van Graan het gewen met 42 punte, A Peschl was tweede met 40 punte en Henry Bredenkamp was derde met 39 punte.
Die Mans en Dames Ligaspanne speel eerskomende Saterdag 21 Februarie hul eerste ligawedstryde. Die Thabazimbi Gholfbaan sal Saterdag gesluit wees vir die dag as gevolg van die Mans Ligawedstryd wat daar plaasvind.
Inskrywings vir die Interaksiespanne word nog steeds ontvang.