Geliefde boer verloor stryd

KOEDOESKOP – ‘n Bekende boer van Koedoeskop, Pieter Breet, het sy stryd teen kanker verloor.
Pieter is op 5 Februarie in die Mary Potter Hospitaal te Pretoria, op die ouderdom van 72 jaar oorlede. Hy was tot kort voor sy dood nog saam met sy seun Barry voltyds by die boerdery betrokke. Pieter was 8 jaar met sy vrou, Hester getroud.
Hy is op 11 Februarie 2009 vanuit die AGS Kerk, Thabazimbi deur Pastoor Thomas Swift begrawe.
Pieter sal verseker gemis word deur sy kinders, kleinkinders, agterkleinkinders, vriende en familie.