Ons lesers skryf – Kry niemand die boodskap nie?

Rheta – Thabazimbi

Elke week vir die afgelope paar weke is daar ‘n berig in Die Kwêvoël oor hoe die inwoners van Thabazimbi hul vuilgoed iewers aflaai. Ek neem die Stadsraad kwalik vir die hele petalje, en nie die inwoners wat “uitgevang” word nie.
Dit is bitter swak van die Stadsraad om net eenmaal per week te draai om alle vuilgoed by die huise te verwyder. Die vuilgoed hoop op by die huise, en dit is glad nie higienies nie! Maak plan asb om ten minste twee keer per week vuilgoed te kom verwyder, dan sal ons pragtige dorp nie sit met die probleem van rommel wat op hopies rondlê nie. Soos byvoorbeeld op die hoek van Hamerkop en 13de laan. Iewers moet die Stadsraad drastiese planne beraam, want daar is geld vir ander dinge, maar nie dit nie!