Gemeenskapsforum gestig

THABAZIMBI – ‘n Gemeenskapsforum is op Donderdag 5 Februarie vir luisteraars van Thaba Stereo in die lewe geroep. Die doel van die gemeenskapsforum is om kommunikasie tussen Thaba Stereo en die gemeenskap te koördineer.
Die forum sal vier maal per jaar op verskillende plekke in die uitsaaigebied byeen kom om insette van die gemeenskap te bespreek.
Die Godsdiens-portefeulje word deur ds Kalfie Loots (sel 082 656 6677) behartig, die Skole en Sport-portefeulje deur Vollie Volschenk (083 507 3148) en Heleen Britz (084 528 9349), die Besighede-portefeulje deur Hannes Coetzee (Spar), tans in ‘n Pretoriase hospitaal na ‘n motorfietsongeluk, en Jan Beyers (083 658 0598) en die Polisiëring en Sekuriteit-portefeulje deur ds Dirk Laufs (082 675 2076), Jaco van Vuuren (082 439 1440) en kapt Thapela (SAP).
Die Kommunikasie-portefeulje word deur Marie Steenekamp (072 252 0770) behartig, die Landbou- en Mynwese-portefeulje deur Gert Snyman (083 295 1284) en die Kuns en Kultuur-portefeulje deur Rita Volschenk (083 744 8559).
Die publiek word deur die Gemeenskapsforum uitgenooi om insette te lewer en nuwe idees deur te gee deur die relevante lid op sy selfoon te kontak. Volgens Marie Steenekamp hang die voortbestaan van die gemeenskapsradio af van die publiek se deelname en hul ondersteuning.
Aanbevelings kan ook op skrif gestel word en by die ateljee afgelewer word of per faks gestuur word na 014 772 1301. Deur hierdie kanale kan luisteraars ook te kenne gee watter van die programme voorkeur geniet. Thaba Stereo saai uit op 104.9FM.