Oud Frikkie Meyer leerling presteer

THABAZIMBI – ‘n Oud leerling van HFM, Michaela Senekal, het in 2003 matrikuleer  en verlaat haar tuisdorp om Tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria te studeer.
Sy ontvang op 28 November 2008 haar BChD graad, cum laude. Wat haar prestasie egter nog meer merkwaardig maak, is dat sy die enigste een van 48 studente is wat in al haar vakke onderskeidings behaal het.
Sy ontvang ook spesiale toekennings vir die beste student in Orofasiale Chirurgie, Periodontologie, Prostodonsie en Dentofasiale Anomalieë (klinies).
Michaela is tans besig met haar Hospitaaljaar te Parys, Suid-Afrika.