Nog plek oor vir Grafsteensangers

THABAZIMBI – Nog net een week, dan’s dié familie hier.
As jy wonder waarheen om vir Oupa, Ouma, Boet en Sus te sleep vir ‘n vertoning wat die hele familie kan geniet, kom loer gerus hoe Die Grafsteensangers dit regkry om na tien jaar steeds gehore se harte te steel met hulle aweregse humor – en uitstekende sang met hulle kenmerkende harmonieë.  Onthou om jou snesies ook in te pak… want trane gaan jy beslis afvee.  Skaterlag-humor uit die boonste rakke word afgewissel met komiese sang, dikwels met ‘n traan daaragter.
Vir ‘n dekade ploeter die familie Poggenpoel en hulle aanhangsels nou al deur die land – en steeds slaag hulle daarin om bykans jaarliks met ‘n splinternuwe vertoning vorendag te kom. Die konsep bly uniek, maar Die Grafsteensangers In Kônsirt is vars opgediep vir skaterlag-vermaak! Kom kyk hoe elke silwer randjie ‘n donker wolk op hulle verhoog kry!  Op 7 Februarie om 19:00 is daar net een plek om te wees, en dis in die KunsteGrot!  Daar is nog ‘n klompie kaartjies beskikbaar.
Besprekings het ook reeds geopen vir Chris Chameleon se optrede op 20 Maart.  Kontak Rita by 083 7448559