Categorized | General

Thaba Stereo kan nou internasionaal geniet word

Tobie Lombard

THABAZIMBI: Thabazimbi se eie FM radiostasie se sein sal eersdaags waarskynlik na 2 kilowatt versterk word. Die voorsitter van die jong stasie se direksie, mnr Kobus Swanepoel het aan Die Kwêvoël verduidelik waarom luisteraars in verafgeleë gebiede die laaste tyd steen en been kla dat hulle nie meer “die suiwer stem van Thaba Stereo” hoor nie.
Die aanvanklike lisensie het wél voorsiening gemaak vir ? 1 kilowatt sterkte uitsending. Die stasie se “uitsaai-toring” is bo-op die Kransberg gevestig en dit is waarskynlik die rede waarom mense so ver as Zeerust, Koster, Pretoria, Warmbad, Nylstroom, Alma, Vaalwater en selfs Tolwe deesdae op die stasie inskakel.
“Dit het al gebeur dat reisigers tussen Rustenburg en Derby die sein duidelik ontvang. Dit oorskry egter die gegewe uitsaai radius en die uitsaai owerhede het die sein kom “afstel” en dit is die rede waarom luisteraars wat ons aanvanklik duidelik kon hoor deesdae dit nie meer kan doen nie.
Die direksie het reeds aansoek gedoen vir ? 2 kilowatt sender en dan behoort die mense in ons gegewe uitsaai radius se probleme opgelos word. “Selfs die inwoners van Ellisras sal Thaba Stereo suiwer kan ontvang” het Swanepoel gesê.
Thaba Stereo het dwarsdeur die afgelope feestyd uitgesaai en ‘n kerngroep personeel het die luggolwe laat sing. Saterdag 3 Januarie 2009 is nog ‘n mylpaal in die jong stasie se anale aangeteken toe die internet verbinding bewerkstellig is wat beteken dat luisteraars internasionaal na Thaba Stereo kan luister.
Luisteraars met internet toegang kan gaan na www.radiobushveld.co.za en wanneer die hoofblad op die skerm verskyn sal ‘n regs bo die skerm ‘n vlakvark genaamd die “klankvarkie” uitspring. Klik daarop en ‘n tweede skerm verskyn. Volg net die 2 maklike aanwysigings en siedaar, die suiwer klanke van Thaba Stereo word gehoor.
Reaksie is reeds ontvang van die VSA, Engeland en Australië, nie eers te praat van binnelands nie. Van die Kaap tot by Messina het internet gebruikers al van hulle laat hoor. Die jongste aanstelling op die personeel is Tobie Lombard wat Saterdae van 2nm tot 7nm Saterdag Werf hanteer.
Luisteraars is meer as welkom om die stasie te skakel by 014 7771274 vir boodskappe wat uitgesaai moet word. Stasiebestuurder Victor van Wyk nooi luisteraars om hom te kontak met klagtes, voorstelle net vir ‘n lekker geselsie. Hy het die feit beklemtoon dat Thaba Stereo ‘n gemeenskapstasie is en graag sodoende tot diens van die gemeenskap is.
Die uitsaai lisensie het besondere streng voorwaardes waaraan voldoen moet word. So moet bv 20% van die uitsaaityd aan ‘n swart inheemse taal, in die geval Tswana, afgestaan word. ‘n sekere persentasie uitsaaityd moet ook aangewend word om inligting deur te gee. Daarom is samewerking met Die Kwêvoël van die allergrootste belang. Beide die instansies lewer ‘n onmisbare diens aan die gemeenskap en samewerking versterk net daardie diens.

5 Responses to “Thaba Stereo kan nou internasionaal geniet word”

  1. I am Struggling to get hold of Thaba Stereo (Please help it is urgent!!!!!

  2. My Details is 0825542161 – Kan iemand van Thaba Stereo my dringend kontak.

  3. Wollie says:

    Hoe luister ek na Thaba stereo in Australie. As iemand dalk kan help asseblief.

  4. Franco Loots says:

    Het jy al reggekom Talita? e-pos Thaba Stereo: thabastereo@gmail.com, of skakel hulle by (014) 777 1274/(014) 772 1111 of faks hulle na (014)772 1301.

  5. Franco Loots says:

    Hallo Wollie, ons saai uit op die internet by http://www.streamovation.com/thaba/ Gaan maak 'n draai daar of by http://www.thabastereo.co.za, sluit ook aan by die forum op http://www.thabaweb.co.za/forum

    Ons hoor graag van jou!

Trackbacks/Pingbacks


Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Download Die Kwêvoël

Become a fan on Facebook

Die Kwêvoël on Facebook

Gallery

Jaggeweerskiet Thabazimbi Expo 2.JPG Paragliding SDC12103 Thabazimbi Vloed 27.gif miss_teen_expo_2007.jpg kreef_hotel_expo_2008.jpg 'n Band by die 2007 Thabazimbi Expo                    4x4 Wildsritte in Thabazimbi            Dewside beer

Weather Forecast

May 18, 2012, 2:21 am
Clear
Clear
7°C
real feel: 7°C
humidity: 45%
wind speed: 1 m/s NW
sunrise: 6:40
sunset: 17:33
Forecast May 18, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s WNW
wind gusts: 2 m/s
Forecast May 19, 2012
day
Sunny
Sunny
26°C
wind speed: 1 m/s NW
wind gusts: 2 m/s
More forecast...
 

Archives

 

January 2009
M T W T F S S
« Dec   Feb »
 1234
567891011
12131415161718
19202122232425
262728293031  

Site protected by VNetPublishing.Com Web Security Tools