Posted on 16 January 2009.
Hennie Pauw
THABAZIMBI – Inwoners, sakelui en boere in die Thabazimbi omgewing sal verlig wees oor die verlaging van die eiendomsbelastingtarief na R0,00175/R vanaf R0,0085/R. Die nuwe tarief is ongeveer een vyfde van die tarief wat in Julie verlede jaar vasgestel is.
As gevolg van ongelukkigheid oor die hoë tarief, die belastingbeleiddokument wat (tot op hede) nooit deur die munisipaliteit goedgekeur is nie en sekere waardasies op eiendomme, was die nuwe tarief nooit geïmplementeer nie. Hoewel huiseienaars ‘n aanslag op hul rekeninge ontvang het, is ‘n vergunning gemaak dat die bedrag, soos in die eerste helfte van 2008 betaal betaal is, betaal kon word.
Hoewel sommige belastingbetalers die nuwe bedrag op hul rekeninge betaal het, kan hulle verwag dat rekeninge vanaf Maart vanjaar gekrediteer sal word. Die rekonsiliasie van individuele eiendomsbelasting-rekeninge sal gedoen word gedurende Februarie en die hersiende rekeninge sal uitgestuur word op 1 Maart 2009.
Nuwe belastingbetalers (asook diegene wat voorheen betaal het), soos boere, moet egter te wagte wees dat die belasting wat sedert Julie 2008 betaal moes word van hulle verhaal sal word vir die hele periode. Boere wat tot dusver geen belasting betaal het nie, sal terugwerkend tot Julie 2008 belas word. Geen detail is nog aan die Kwêvoël beskikbaar oor die aftrekkings wat vir boere beskikbaar is nie. Boere moet egter seker maak dat amptenare in die munisipaliteit hul adresbesonderhede het sodat rekeninge uitgereik kan word. Boere se belastings word oor ‘n periode van vier jaar infaseer, met 25% wat die eerste jaar, 50% wat die tweede jaar, 75% die derde jaar en 100% die vierde jaar betaal word.
Die nuwe belastingtarief is baie meer in lyn met tariewe van munisipaliteite in die omgewing wat dieselfde gradering (grootte) as Thabazimbi het.
Die onderhandelinge vir die nuwe belastingtarief is hoofsaaklik deur die Voorsittersforum, wat middel-verlede jaar gestig is, gevoer. Die Voorsittersforum is ‘n sambreelorganisasie vir huiseienaars-, belastingbetalers- en boereverenigings, asook sakelui vanoor die hele Thabazimbi munisipale distrik.
Na die aankondiging van die hoë tarief verlede jaar het die Voorsittersforum verskeie vergaderings met die burgemeester, raadslede en amptenare gehad om die ongelukkigheid oor die kwessie aan te spreek en om druk uit te oefen vir ‘n laer tarief. Die laaste vergadering waartydens die nuwe tarief deurgegee is aan die Voorsittersforum het op 22 Desember 2008 plaasgevind.
Intussen het Thabazimbi-dorp ‘n belastingbetalersvereniging gestig met die doel om strukture in plek te kry as dit nodig sou wees om belastinggelde van die munisipaliteit te weerhou en self die verskaffing van dienste te behartig.
Op 10 Desember verlede jaar is die nuwe belastingtarief van R0,00175/R goedgekeur deur die raad. Die begroting sal nou aangepas moet word en moet in Januarie deur die Raad goedgekeur word. Indien daar ‘n onderverhaling bestaan as gevolg van die laer tarief sal dit asulks aangeteken word.
Volgens Gert Snyman, voorsitter van die Thabazimbi Belastingbetalersvereniging, skryf die wet voor dat die verhoging in eiendomsbelasting inflasieverwant moet wees, wat munisipaliteite noop om verhogings binne perke te hou. Die Raad is egter binne sy magte om elke jaar ‘n verhoogde tarief in te stel, wat beteken dat inwoners in Julie vanjaar weer ‘n verhoging te wagte mag wees. Eiendomswaardasies word elke vier jaar aangepas.
Grond- en huiseienaars wat ontevrede was met die waardasies op hul eiendomme en vertoë gerig het, word aan ‘n verdere proses blootgestel. ‘n Komitee wat hierdie klagtes ondersoek is in die proses om aangestel te word en begin hierdie maand sy werksaamhede. Alle besware sal teen einde Januarie afgehandel wees.
Die munisipale grensverskuiwing tussen Lephalale en Thabazimbi veroorsaak ook verwarring oor waar en hoeveel belasting deur boere, wat in die verskuiwingsgebied lê, betaal moet word. Die belastings van hierdie boere kan eers oorgedra word na Thabazimbi sodra waardasies van die plase voltooi is. Die grensverskuiwing is van krag reeds sedert 26 Augustus 2008 wat implikasies sal hê vir die belasting wat boere in hierdie gebied sal betaal.
Volgens Jan Viljoen, voorsitter van die Voorsittersforum, het die Forum aangebied om kundige hulp aan die munisipaliteit beskikbaar te stel vir die uitvoering van sy pligte, veral ten opsigte van die finansiële sake. Die munisipale bestuurder, Roger Nkhumise het egter te kenne gegee dat, as gevolg van politieke druk, die munisipaliteit nie hierdie aanbod kan aanvaar nie.
Posted in General
Posted on 16 January 2009.
THABAZIMBI – Elf mynwerkers van die Northam-omgewing en 2 polisiemanne het in Desember in die hof op Thabazimbi verskyn in verband met sake wat verband hou met die opblaas van kitsbanke en handeldryf in plofstof in die distrik. Die saak word ondersoek deur die Ernstige Geweldsmisdaad Eenheid in Polokwane.
Daar was ‘n poging om ‘n derde kitsbank binne ‘n maand in die Thabazimbi-distrik op te blaas op Maandagoggend 5 Januarie by die Engen-motorhawe in Thabazimbi. Die plofstof het egter nie ontplof nie, geen skade is aangerig nie en niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
Die vorige ontploffings het binne twee dae van mekaar plaasgevind vroeg in Desember in Setaria en by die Standard Bank-kitsbank langs Shoprite in Thabazimbi.
Twee polisiemanne, een wat voorheen en een wat ten tye van die voorval, verbonde aan die polisiekantoor in Mogwase was, is in hegtenis geneem in verband met die kitsbankontploffing in Setaria. Beide is op borgtog van R10 000 vrygelaat en verskyn weer op 20 Februarie in die hof in Thabazimbi. Hulle name is Charles Legoale en Adam Joseph.
Elf mynwerkers, waarvan sewe van Amandelbult, het in Desember in die Thabazimbi Landdroshof verskyn op aanklagte van handeldryf in plofstowwe. Vier van die elf het gister ‘n aansoek om borgtog gebring. Hulle is Emmanuel Molokoane, Philip Mphasha, Collin Moyo en Thapelo Brian Kekana.
Die ander beskuldigdes is Pieter Boy Tselanyane, Lucas Moyo, Vincent Ngobeni, Elias Molope, Elias Sekoboane, Godfrey Rwayi en Petrus Thabang Maime. Laasgenoemde verskyn op 8 aanklagte van die besit van plofstowwe.
Plofstof ter waarde van ongeveer R93 500 is by hulle gekry. Die polisie het ook op twee motors beslag gelê. Die beskuldigdes verskyn weer op 26 Januarie in die hof op Thabazimbi.
In Giyane oos van Polokwane is reeds vier kitsbanke opgeblaas sedert die begin van die jaar.
Posted in General
Posted on 16 January 2009.
THABAZIMBI – Die 2008 Matrieks van Hoërskool Frikkie Meyer het uitstekend presteer en van die top presteerders van die skool is die volgende:
Eliza Janse van Rensburg – 7 onderskeidings: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en ontwerp, Inligtingtoepassingstegnologie Fisiese Wetenskap
Elzaan Janse van Rensburg – 7 onderskeidings: Afrikaans, Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en ontwerp, Inligtingtoepassingstegnologie Fisiese Wetenskap
Hendrik Storm – 6 onderskeidings: Engels, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Inligtingtoepassingstegnologie, Fisiese Wetenskap
Lize de Villiers – 5 onderskeidings: Afrikaans, Wiskunde, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Lewenswetenskappe
Retha Anderson – 4 onderskeidings: Wiskunde, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en ontwerp, Rekenaartoepassingstegnologie
Carole Barnard – 4 onderskeidings: Afrikaans, Engels, Lewensoriëntering, Lewenswetenskappe
Monica Loots – 4 onderskeidings: Engels, Lewensoriëntering, Ingenieursgrafika en ontwerp, Lewenswetenskappe
Sunel Potgieter – 4 onderskeidings: Afrikaans, Lewensoriëntering, Rekeningkunde, Besigheidstudies.
‘n Totaal van 128 onderskeidings is deur die 2008-groep matrikulante behaal.
Hoërskool Frikkie Meyer sê dan ook baie geluk aan elke matrikulant met die goeie uitslae en bedank die ouers vir hul ondersteuning. ‘n Verdere dank aan elke onderwyser vir hul insette, leiding en geduld.
Vir elke lid van die gemeenskap wens Hoërskool Frikkie Meyer ‘n geseënde 2009 toe.
Posted in School News
Posted on 16 January 2009.
REGOROGILE – An elderly woman from Regorogile, Maria Khumalo will be celebrating her 99th birthday this year.
Maria, who was born in Botswana in 1910 came to South Africa to work for mr Van Rooyen in Hartebeespoort. She has seven children, 15 grandchildren and an astounding 140 great-grandchildren. Maria is living with her daughter and receives statepension.
Posted in General
Posted on 16 January 2009.
THABAZIMBI – ‘n Deeltydse boer van Dwaalboom het Saterdag 10 Januarie in ‘n vliegtuigongeluk gesterf op pad terug Roodepoort toe, waarskynlik as gevolg van slegte weer.
Chris Combrinck (52) van die plaas Kornkoppie Game Ranch het baie gereeld gevlieg tussen die Dwaalboomplaas en Roodepoort waar hy, saam met sy broer André, ‘n eiendomsontwikkelaar vir Porta Property Development was.
Volgens sy broer, Frans, het hy seker gemaak dat die weer vir ‘n uur na opstyging goed sou wees. Dit neem sowat ‘n halfuur om die afstand tussen die Dwaalboom Vliegveld en Lanseria Lughawe, waar hy sou land, te voltooi. Hy is vermoedelik in sy vliegtuig deur die weer oorval en wou na alle waarskynlikheid terugdraai Dwaalboom toe. Volgens die Beeld het erge storms en sterk winde in die Pilanesberg-omgewing hom moontlik van sy vlugroete laat afwyk.
Die liggaam van die oorledene en wrakstukke van die vliegtuig, ‘n Cessna 206, is eers Woensdag in die omgewing van Mogwase naby die Pilanesberg Nasionale Park gevind. Die wrak is Woensdag deur ‘n helikopter-vlieënier, wat aan die soektog deelgeneem het, opgemerk. Hy het die polisie in kennis gestel.
Die plaas Kornkoppie Game Ranch is ‘n wildsplaas met lodge, wat vir toeriste en jagters voorsiening maak. Die plaas behoort aan Chris en sy twee broers, André en Frans. Hoewel hy in Roodepoort gewoon het, het Chris gereeld na Dwaalboom gevlieg as gevolg van sy besigheidsbelang daar.
Volgens vriende was Combrinck se familie en vriende, ten spyte van die skok, verlig toe die wrak opgespoor is aangesien hulle sluiting kon kry. Die onsekerheid wat vir dae geduur het, was uiters moeilik vir hulle.
Combrinck laat sy vrou Alet en drie kinders, Christiaan, Gerhard en Alicia agter.
Posted in General
Posted on 16 January 2009.
ROOIBERG – A wanted criminal who has been troubling the Rooiberg community for more than a year, Lucas Phale, is still at large.
Lucas, a 28 year old man, who also goes by the names Beeline, Snoocker or Tonko, has committed numerous house robberies.
On 13 January 2009 at 06:00, Lucas broke into a house at Kromdraai. His firearm jammed when he shot at the house owner, and the victim defended himself with a revolver loaded with shotgun ammunition. Lucas sustained wounds from the pellets and fled the scene immediately. The victim informed the police and investigation commenced whereafter Lucas’ blood was found at the crime scene. The investigation lead the police to the suspect’s girlfriend’s house at Slaagboom, but when authorities arrived at 12:00, the suspect escaped to the bushes, leaving behind his firearm and blood stained clothes.
No one has seen him since. The Rooiberg police requests the community to contact them with information leading to the arrest of Lucas Phale on 014 734 1602 or 1651. The investigating officer, Inspector Maluleka can also be contacted on 082 414 2404.
Posted in General
Posted on 16 January 2009.
POTCHEFSTROOM-Twee van Laerskool Thabazimbi se leerlinge, Scholtz le Roux en Jimmy Smith het aan die S A toernooi deelgeneem wat vanaf 7 tot 17 Desember 2008 in Potchefstroom gehou is. Die eerste 4 dae was dit spankompetisie en die individuele kompetisie is oor die volgende 6 dae gehou.
Wat die spankompetisie aanbetref het Scholtz le Roux vir die Platinum Unie se 0/12 A span in die “Kandidate” afdeling gespeel op bord nommer 3. Van die sewe rondtes wat gespeel is, het Scholtz 5 van die 7 rondtes gewen. Die 0/12 A spannetjie het dan ook ‘n 6de plek behaal uit die 28 spanne wat in dié ouderdomsgroep deelgeneem het. Jimmy het vir die Noordwes Provinsie se 0/14A span in die “Championship” afdeling gespeel op bord nommer 4. Hulle span eindig 7de.
Net daarna het die individuele kompetisie begin waar dit elke man vir homself was. Beide seuns het in hulle onderskeie ouderdomsgroepe deelgeneem en dié been van die kompetisie is oor 9 rondtes beslis. Uit dié 9 rondtes het Scholtz 4 punte bymekaar gemaak en uiteindelik 93 ste uit 138 seuns in die 0/12 ouderdomsgroep geëindig. Jimmy het 4,5 punte oor dié 9 rondtes bymekaargemaak en het 71ste uit die 136 seuns in die 0/14 ouderdomsgroep geëindig.
Posted in General
Posted on 16 January 2009.
THABAZIMBI – Hoërskool Frikkie Meyer het tydens die amptelike bekendstelling van die 2008 matriekuitslae vir die Limpopo Provinsie deur die LUR vir Onderwys, dr. Aaron Motsoaledi, 3 toekennings ontvang.
Die skool is aangewys as die Beste Skool in die Waterbergstreek en ook as 1 van die top 10 skole in die Limpopo Provinsie. Hierdie toekenning geskied op grond van die totale slaagsyfer asook die totale aantal leerders wat toelating verwerf vir graadstudie.
‘n Trofee is toegeken waarmee HFM as ‘n Klub-50 skool geklassifiseer is. Hierdie toekenning word gemaak aan skole wat 50 of meer matriekleerders het wat wiskunde en wetenskap as vakke slaag.
Twee leerders, die tweeling Eliza en Elzaan Janse van Rensburg ontvang toekennings aangesien hulle onder die Top-30 presteerders in die provinsie is.
Posted in School News
Posted on 16 January 2009.
This year will probably be a better year for consumers and homeowners, but those looking for mortgages should still err on the side of caution according to Property24.com
“Starting on the long road to recovery, 2009 will still be a tough year for consumers and those in the property industry. Economists predict consumer spending may be at its weakest point in the first half of next year. As interest rates begin to decline, sentiment should start to improve. But in short – a debt-riddled society will still be the issue. Interest rates are expected to be cut by at least 300 basis points by the end of 2009, but it will take time to filter through to the market. The banks are still adhering to strict lending criteria, so obtaining mortgages will only be for those with a good payment profile, with a deposit and who can demonstrate affordability,” says Deon Lessing, marketing director of Betterbond.
According to Jacques du Toit, ABSA senior property analyst, the nominal house price growth is expected to be between 3% to 4% in the 2008-2009 period, while in real terms house prices are set to decline next year.
“The decline in house prices will bring about buying opportunities for investors looking to expand their buy-to-rent portfolio. There will be many property deals available to buyers who have a deposit and clean payment profile or enough money to buy a property with cash. With banks asking for higher deposits and only 50% of bond submissions approved, it will be people with money that will be in the driving seat in 2009. The global recession has also led to the opportunity for South African investors to buy property in countries like the UK, where housing prices have also dropped significantly,” says Lessing.
“2009 is the year to keep it simple and where possible keep expenses down by cutting short-term debt. Property is a medium- to long-term investment and if consumers can afford to take advantage of the market downturn, now would be a great time to do it,” Lessing concludes.
Posted in Business
Posted on 16 January 2009.
REGOROGILE – An initiative called Diakonia Orphans and Vulnerable Children Project by Pastor David Rangwetsi and his wife Emily, commenced in September 2008 with the help of volunteers from Adonai Worship Centre Church.
The project provide social services in Regorogile township and surrounding farms and feed more than 50 children in a borrowed small red and white tent from Monday to Friday. According to Pastor David, the numbers of the children coming to lunch each day are increasing. These children includes orphans from broken homes with a background of abuse. The Project held a Christmas Tree for the children, early December 2008, and many children smiled for the first time.
Pastor David is confident that the future plan for this project, which will include weekend lunches, could be achieved due to the ongoing help of individuals and businesses from the community. The initiators are greatful to all the sponsors including Food Zone supermarket, Buy rite supermarket, Konstructica Building material, KFC and Amandelbult Concentrator Women’s forum. A huge blessing came in the form of a donation of R10000 from Anglo Platinum Amandelbult to buy food parcels.
Contact Pastor David at 078 198 5279 if you would like to be part of this project.
Posted in General