Posted on 12 December 2008.
THABAZIMBI – Volgende jaar word die Marakele 4X4 roete amptelik bekendgestel, maar die roete word voortdurend uitgetoets soos die afgelope naweek gebeur het.
Van middagete Vrydag 5 tot Sondag 7 Desember het verteenwoordigers van Sanparke se hoofkantoor by Groenkloof en plaaslike inwoners soos Walter Bresele van Thabazimbi Motors die roete getoets.
Die roete is in sy finale stadium van voorbereiding voordat dit amptelik bekendgestel word gedurende die eerste kwartaal van 2009.
Behalwe vir ‘n paar kleiner verbeterings wat aangebring moet word, soos modder op ‘n vleiland-area, die daarstelling van alternatiewe roetes op plekke en ‘n hoë riviervlak (te hoog vir ‘n onopgeboude voertuig), was die roete so te sê reg om in gebruik te neem.
Volgens Walter Bresele was dit ‘n baie aangename proeflopie. Die laaste werk word tans aan die oornagfasiliteite by Waterhoutboom en Buffelspoort aangebring. Alles was egter gereed vir hulle by die oornagkampe.
Die roete is beplan op die ou plaaspaaie wat voorheen op die plase bestaan het. Die ongelooflike natuurskoon, bergagtigheid en variasie in omgewing leen hom uitstekend tot die skepping van hierdie roete, het parkwoordvoerders gesê.
Die roete, wanneer dit in gebruik is, sal op georganiseerde basis plaasvind, wat ‘n driedag-tweenag uitstappie sal wees. Die roete sal gelei word deur ‘n veldwagter en sowat vyf voertuie sal op ‘n slag die roete voltooi.
Posted in Sport
Posted on 12 December 2008.
TLU SA is uiters ongemaklik met die Minister van Waterwese en Bosbou, Lindiwe Hendricks, se uitlating dat sy boere wil vervolg, omdat dié na bewering water uit die Vaalrivier steel.
Die Adjunk-President van TLU SA, mnr. Louis Meintjes, sê dat toe minister Hendricks onlangs op ’n toer deur die Noord-Kaap gegaan het om onwettige watergebruikers te probeer vervolg, sy hoofsaaklik op myne afgekom het wat die water onwettig gebruik, en dit dan bowendien in besoedelde vorm terugstoot in riviere.
“Minister Hendricks het beweer dat daar 183 miljoen kubieke meter water per jaar uit die Vaalrivier gesteel word. Sy het die insinuasie gelaat dat dit alles deur boere gesteel wou word.
“Die Vaaldam se kapasiteit is 2 603,4 miljoen kubieke meter. Indien die Vaaldam dus eenmalig vol sou wees, en geen verdere invloei van water sou plaasvind nie, is die 183 miljoen kubieke meter wat “gesteel” sou word, net meer as 7% van die hele Vaaldam se kapasiteit. TLU SA is egter op rekord dat hy sy boere adviseer om binne die riglyne van die wet op te tree. As daar ’n boer sou wees wat oortree, moet die reg inderdaad sy loop neem. Maar indien slegs ’n enkele boer oortree, verwag ons dat die Minister die geval as sodanig sal hanteer, en haar sal weerhou van veralgemenings.
“Minister Hendricks sal dalk daaraan goed doen om boere langs die Vaalrivier persoonlik te besoek, en haar te vergewis van die situasie. Boere is toenemend huiwerig om water uit die Vaalrivier te gebruik, as gevolg van die hoë besoedelingsvlakke van dié stelsel. In plaas daarvan om te poog om ’n ongetoetste 7% “diewe” op te spoor, kan sy eerder haar energie en krag inspan om die 100% besoedelaars op te spoor, want dit gaan lei tot verminderde of ongesonde voedselproduksie.” sê mnr. Meintjes.
Posted in General
Posted on 12 December 2008.
With the launch of the Leopard Ecological Assessment Program(LEAP) by Keri Research a single co-ordinated data system for all leopard related matters such as research and hunting will be created for the whole South Africa.
At a leopard population workshop in 2005 experts agreed that the leopard is in trouble and that the South African leopard population is smaller and more fragmented than previously thought, the LEAP newsletter says.
Leopards are not only threatened by habitat loss, they are also heavily persecuted and hunted throughout its range. Hunting quotas are based on leopard density figures that are a guess at best or based on figures of 20 years ago.
After the 2005 workshop the South African Leopard Forum (SALF) as well as regional forums were formed by leopard experts, researchers, managers and conservation authorities. Amongst these stakeholders it was decided that a large study was necessary and this is how Keri Research initiated LEAP, the biggest project ever of this kind in South Africa.
Six main issues will be investigated and addressed by LEAP. A national data base on leopard information will be created, the geographic distribution of leopards and farmer attitude will be mapped, an index will be created of how leopard take-off can be determined, a socio economic study of leopards and its conflict with humans will be conducted as well as a study of leopard populations in South Africa. Lastly a conservation plan for leopard will be created.
To count the leopards will be no simple task and technology will be used for this project. Forty scouting cameras throughout each 10 000 ha study site will help in this regard. Surveys will be done in protected as well as unprotected areas and leopard hunting areas. Three protected and three unprotected sites will be studied within each region across the country, in other words a total of 102 study sites. It is expected that this study will take four years to complete.
Various leopard researchers are collaborating in this project. These include the Cape Leopard Trust, the Landmark Foundation, Global Leopard Project, De Wildt Cheetah and Wildlife Trust, the Northern Tuli Leopard Project and the Leopard Conservation Project. Locally, in the Waterberg area, Lourens Swanepoel has undertaken an extensive study of leopards and is currently completing his PhD through the University of Pretoria before he tackles his next project in the same area in line with the LEAP program. Fred Berrange and his team are running the Leopard Conservation Project in the greater Waterberg region and Trevor Myburg on Jobedi in the Waterberg.
What role can local farmers play in this project? All farmers must contact LEAP and complete a questionnaire with which they will be supplied. If a leopard was seen in a national park and conservation area this knowledge must be communicated to LEAP. LEAP also requests permit information for all provinces in the country as far back as possible from hunters and government conservation officers.
For further details Cailey Owen can be contacted on keriresearch@mweb.co.za or her cell 083 593 8237.
Posted in Nature
Posted on 12 December 2008.
Elana Greyling
LEPHALALE – Na afloop van ‘n vergadering tussen Eskom en rolspelers, is besluit om die kommentaarperiode vir aanbevelings rondom die omgewingsimpakstudie uit te stel tot einde Januarie 2009.
Inligting is verskaf oor die verloop van die studies en die hele proses asook nuwe tegnologie wat Eskom na bewering in staat sal stel om meer elektrisiteit deur minder drade te stuur. Dit omvat een van die bekommernisse van grondeienaars, dat al die krag wat in die nuwe kragstasies opgewek sal word, weer na die Rand vervoer moet word en dat nuwe kraglyne en substasies gebou sal moet word.
Dit is vir verskeie grondeienaars, wat reeds van November 2006 by soortgelyke prosesse in dieselfde area betrokke is, ironies dat ‘n impakstudie wat verlede jaar deur Margen Consulting afgehandel is, grootliks deur die Departement van Omgewingsake geïgnoreer is. Die konsultante se aanbevelings is deur Eskom self teengestaan en dus nie gevolg deur die Departement nie toe besluit is waar om ‘n substasie en hoe spanningslyne te plaas. Presies dieselfde gebied word nou van voor af deur ‘n ander konsultasie-maatskappy bestudeer.
Nog ‘n groot bron van kommer, volgens een van die grondeienaars, is dat Eskom ses maande gelede nie hierdie planne om die twee steenkool-aangedrewe kragstasies in dieselfde gebied te bou, bekend gemaak het nie, ten spyte van die feit dat deelnemers herhaaldelik gevra het vir langtermynbeplannings in die gebied. Daar bestaan dus ‘n algemene gevoel van wantroue teenoor Eskom en die vraag kan gevra word hoe effektief enige studies in die gebied afgehandel kan word. Bespiegelings is volop dat Eskom ook reeds met grondeienaars begin onderhandel het.
Posted in Business
Posted on 12 December 2008.
THABAZIMBI – ‘n Derde klagte binne drie weke is deur die Kwêvoël ontvang oor inwoners van die dorp wat vullis op onwettige plekke stort, hierdie keer by die Doornkopplotte sowat 1,5 km uit op die Sentrumpad net wes van Obaro.
Volgens ‘n inwoner in die area, Heila van der Merwe, is sy al moedeloos. Op die oop plot langs haar huis stort mense alles van trekkerbande tot huisvullis. Sy het reeds twee skape verloor omdat die plastiek rondwaai tot binne haar eiendom en die skape daaraan vreet. Volgens Van der Merwe is sy gedurig besig om rommel uit haar eiendom te verwyder. Sy het ook al reeds met die munisipaliteit in verbinding getree, maar sonder veel sukses.
Mnr Matlatse Maebana, Siviele Afdelingshoof by die munisipaliteit, het te kenne gegee dat die onwettige storting van vullis onwenslik is. Hy het versoek dat die publiek ingelig word oor waar die stortingsterrein is en gesê dat almal hulle vullis op die regte plekke moet stort.
Hy kon egter nie met oortuiging sê dat oortreders vasgevat sal word of dat daar teen hulle opgetree sal word nie. Op ‘n vraag of boetes opgelê kan word aan oortreders en of enige vorm van munisipale of nasionale wette toegepas kan word, kon hy nie uitsluitsel gee nie. Hy het versoek dat Van der Merwe hom kom sien sodat ‘n plan van aksie, moontlik in samewerking met die polisie of verkeersdepartement, uitgewerk kan word.
Indien inwoners van Thabazimbi in ‘n skoon dorp wil woon, sal een en almal ‘n bydrae moet maak. Die meerderheid mense volg reëls en vermy onwettige en onnodige storting van vullis. Hierdie groep moet egter optree teen diegene wat nie soveel vir die omgewing en hul dorp omgee nie.
Deur verskeie rolspelers in die dorp moet druk op die munisipaliteit uitgeoefen word om wette in plek te stel of bestaande wette toe te pas, sodat Thabazimbi die mooi dorp kan wees wat dit die potensiaal het om te wees.
Vir enige verdere klagtes oor onwettige rommelstrooiery kan mnr Maebane by die munisipalteit gekontak word op tel 014 777 1014 of op sy selfoon 073 324 0492.
Posted in General
Posted on 12 December 2008.
Elana Greyling
Cholera is reeds besig om na Suid-Afrika oor te spoel vanuit haglike toestande in Zimbabwe.
Onkunde oor die siekte bedreig egter nou ook Suid-Afrikaanse boere. Nadat gerugte die rondte begin doen het dat cholera nou ook in die Limpoporivier voorkom, het bespiegelings begin oor die oordrag van die siekte deur vars produkte wat vanuit die rivier besproei word. Ten minste een vrag tamaties van ‘n Limpopo-boer is vanaf die Johannesburg Vars Produkte mark teruggestuur.
Die wyse van oordrag van die siekte is egter nie absoluut bekend nie. Volgens die Dept Landbou hou produkte geen direkte gevaar vir verbruikers in nie, mits die groente of vrugte droog is en onder higiëniese toestande gewas en verpak is. Daar is egter mediese dokters wat hiervan verskil en meen dat die bakterie slegs vernietig word wanneer dit gekook word. Groente en vrugte wat rou geëet word, soos tamaties, sou dus gevaar kon inhou.
Dit is duidelik dat meer navorsing hier uiters noodsaaklik is.
Daar is egter geen rede vir kommer onder verbruikers nie, aangesien tamaties, of enige ander groente of vrugte, nie tans langs die Limpoporivier verbou kan word nie, weens die hitte. Produsente soos die bekende ZZ2 sal eers weer in Februarie met tamatie produksie in die gebied begin.
Toetse het bewys dat die bakteriee vanaf Beitbrug in ‘n oostelike rigting in die rivier voorkom. Presies hoe ver die besmetting strek, is egter nog nie bevestig nie.
Volgens Agri SA is gebeurlikheidsplanne wyd in die landbou langs die Limpopo- en Nwangedziriviere geïmplementeer om die impak van cholera op gemeenskappe, boere, plaaswerkers en swerwers te beperk.
Opkomende boere, bestaansboere en begunstigdes van grondeise in die Madunbo-korridor, Nwangedzi-vallei en Pafuri word die ergste deur die voorkoms van die cholerabakterie in rivierwater geraak. Plaaswerkers en kommersiële boere het egter toegang tot onbesmette water.
Daar is nie baie kommersiële boere in die besmette gebied nie, en dit is tans te warm om veel groente of ander vars produkte in die gebied te produseer. Boere sal eers in Februarie weer begin plant. Alhoewel verbruikers en boere dus nie direk deur cholera geraak word nie, bestaan die moontlikheid dat onverantwoordelike bespiegelings en die nalatige bestuur van die krisis tot groot skade kan lei.
Dit is veral verbruikersweerstand teen produkte wat uit die Limpoporivier besproei word en onsekerheid oor die oordraagbaarheid van cholera deur groente en vrugte wat die produsente in die mark kniehalter.
Die groter markte soos die Johannesburg Varsproduktemark toets varsprodukte uit die geaffekteerde gebied om verbruikers teen besmette produkte te beskerm.
Agri Limpopo het met die LUR van Landbou in die Limpopo Provinsie, me Dikheledi Magadzi, ooreengekom om watertenkers na die gebied te stuur om skoon drinkwater aan boere, plaaswerkers en plaasplakkers beskikbaar te stel. Boere en plaaswerkers het toegang tot higieniese water en word dus nie direk bedreig nie. Daar word ook ‘n omvattende inligtingsprojek rondom cholera in die gebiede geloods.
Volgens dr Theo de Jager, adjunk president van Agri SA is die probleem in die Limpoporivier en sy sytakke egter net ‘n manifestasie van ‘n veel groter waterbesoedelingsvraagstuk in Suider-Afrika. Dit is Agri SA se standpunt dat die staat veel meer moet doen om waterbesoedeling veral uit die industriële-, mynbou- en informele residensiële sektore hok te slaan. Besoedeling in verskeie opvangsgebiede stuur op ‘n soortgelyke krisis as die in Limpopo af en behoort as ‘n nasionale bedreiging bestuur te word.
Landbouers en verbruikers kan maar net hoop dat hierdie ernstige bedreiging deur beide die Zimbabwiese sowel as die Suid-Afrikaanse regerings tydig en effektief opgelos sal kan word.
Posted in General
Posted on 12 December 2008.
THABAZIMBI – Voorvalle van veediewery, veral van kleiner vee, het skielik die afgelope paar weke toegeneem.
Daar is onlangs 20 skape gesteel op die plaas Holland van mnr Van Dyk in die Dwaalboom-distrik. Dan is daar ook 1 skaap gesteel in Makoppa by ene Botes asook ‘n bees in Makoppa by Edwin Malan. Volgens die Veediefstaleenheid is van die veediewe reeds vasgetrek.
Daar word aanbeveel dat boere bewus moet wees van die gevaar, en die vee gereeld nagaan en tel. Hierdie tipe voorvalle kom tipies meer gereeld voor tydens die Kersseisoen, meer as enige ander tyd van die jaar.
Baie van die diere word in strikke gevang, wat die dier dikwels ‘n baie pynlike dood laat sterf. Veediewe wat plaasdiere op hierdie manier laat vrek en vasgetrek word, word dikwels aangekla van wreedheid teenoor diere. Party diere versmoor of ander sterf geleidelik as gevolg van ‘n gebrek aan water en kos.
Dikwels kan die vee nie vervoer word nie en word stukke van die vleis uitgesny en verkoop teen spotgoedkoop pryse, vir baie minder as waarvoor dit aangekoop is of wat dit werd is op die ope mark. Die res word onbenut in die veld agtergelaat.
Volgens Capie van Dyk by die Thabazimbiese Veediefstaleenheid is dit belangrik dat boere seker maak hul vee is voldoende en volgens voorskrif gemerk. Vir enige navrae hieroor of die registrasie van brandmerke, kan hy geskakel word by 078 251 0860.
Posted in General
Posted on 12 December 2008.
JOHANNESBURG – The Sishen Iron Ore Company (SIOC) Community Development Trust, is set to generate hundreds of millions of Rands for community service in the Northern Cape and Limpopo in coming years. The trust was officially launched on Thursday 4 December at the Hilton Hotel in Johannesburg.
The trust, popularly known as the “Super Trust”, was officially launched by Ms Dipuo Peters, Premier of the Northern Cape, at a function in Sandton on Thursday evening. It was established when the former Kumba Resources was unbundled in September 2006 to form Exxaro and Kumba Iron Ore (Kumba). Kumba is the majority shareholder in SIOC, which owns iron ore mines in Thabazimbi (Limpopo) and Sishen (Northern Cape).
Since its establishment just over two years ago the trust has earned R211 million from its shareholding in SIOC.
The trust is the sole beneficiary of a 3% ordinary shareholding in SIOC. Thanks to the strong performance of Kumba Iron Ore over the past two years the R458 million in preferential shares issued to pay for the trust’s SIOC shareholding may be redeemed as early as 2010, well in advance of the original projections, said Chris Griffith, Chief Executive of Kumba, at the launch. “This will free up an estimated more than R100 million per annum for community development projects.”
He said that of the dividends paid to date, R196.5 million was used to redeem the preferential shares. He presented the trust with a cheque for the remaining R14.5 million. This includes R5 million for projects already initiated since the establishment of the Trust.
Connie Molusi, Chairperson of the Board of Trustees of the “Super Trust” said that the mines’ neighbouring communities were the main beneficiaries of the trust. Five independent community organisations, of which one is in Thabazimbi, have been identified as beneficiary trusts for channelling funds and resources to these communities. The Thabazimbi Development Forum will look into the needs of the communities around the Thabazimbi mine. The other organisations are based in the Northern Cape.
Premier Peters said that the launch of the trust was a milestone event in the history of Kumba and the Sishen Iron Ore Company (SIOC), as well as the Northern Cape and Limpopo provinces. “This initiative is bound to impact greatly on the development of the mentioned areas. More importantly, however, it is will touch the lives of thousands of our people and create a better tomorrow for them.”
She congratulated Kumba on its decision to make the host communities of its mines, co-owners of the company through the establishment of the “Super Trust”. “This is true empowerment where it is needed the most… at grassroots level.”
Too many companies are still practising a new form of economic imperialism from their cosy corporate offices, she said. “Once the ore is on the ship to China and the money is in the bank in Gauteng, they couldn’t care less about the communities where they operate.” However, things are changing, thanks to the efforts of Government and of companies such as Kumba, Ms Peters said.
Posted in Business
Posted on 12 December 2008.
THABAZIMBI – Anneli van Wyk, oorspronklik van die distrik Matlabas, en deesdae van die plaas Maroelasfontein, het op 25 November 80 jaar oud geword.
Anneli is op 25 November 1928 gebore in die Matlabas-distrik en het daar grootgeword. Sy is in 1949 met Roelf van Wyk van Maroelasfontein getroud, waar hulle vir byna 50 jaar suksesvol geboer het met beeste en saailande.
In 1999 het hulle hul 50ste huweliksherdenking gevier, maar Roelf het haar in 2000 ontval.
Tans woon sy steeds onafhanklik in haar huis op Maroelasfontein. Haar seun, Theo van Wyk, en dogter, Mari Meintjes, en hul gesinne, woon ook op die plaas, waar hulle ‘n “wakende oog oor hul kosbare moeder hou”.
Posted in General
Posted on 12 December 2008.
SMASH BLOCK – Thabang’s traditional Christmas party in Smash Block means busy days for the staff but absolute fun for the children. The traditional end-of-year functions convened by Thabang Children’s Project were a big success.
The outing to the Forever Resorts in Bela Bela is always a very special treat. Thanks to the Resorts’ management, who provided free entrance for the children, the disadvantaged kids have an experience they could normally not afford.
Disco, cake and hotdogs – the Thabang Christmas Party at the Community Care Centre in Smash Block was the hit for 160 orphans and children from poor families. They really enjoyed it.
This is all made possible by the generosity of Thabang’s donors and, of course, the commitment of all of Thabang’s staff.
“Donors from the Thabazimbi community helped us to make this happen”, says Thabang manager Tessa White with a happy smile. “Thanks to Pick ‘n Pay and Thaba Spar for their wonderful cakes as well as sausages and rolls, Boere Slaghuis for wors, Swartklip Dairy for the juice and, last but not least, Afgri for their contribution. We really appreciate the support for our children and wish everybody a joyful and blessed Festive Season.”
Posted in Entertainment