Laerskool Thabazimbi krieket ligawenners

THABAZIMBI – Laerskool Thabazimbi se eerste krieketspanne is as ligawenner aangekondig nadat hulle Laerskool Krugerspark oortuigend gewen het. In hul wedstryd op Woensdag, 5 September. Die eerste span het maklik met 222 lopies gewen. Thabazimbi is ingestuur om te kolf en teken 267 lopies aan. Met goeie boulwerk deur Nico Tromp wat 3 paaltjies geneem het vir 5 lopies in slegs 4 beurte en Gert Hefer wat 4 paaltjies geneem het vir 8 lopies in 6 beurte, is Krugerpark almal uitgehaal vir 45 lopies. Die beste kolwers was Muller Lategan met 81 lopies en Marthinus van de Berg met 77 lopies. Die 0/11 span het Donderdag 6 September weg gespeel en wen die wedstryd met 4 paaltjies. Krugerpark het eerste gekolf en 75 lopies aangeteken. Thabazimbi het die telling maklik verbygesteek. Die beste kolwer was Evan Jacobs met 43 lopies sonder om ‘n paaltjie te verloor. Hy was ook die beste bouler wat 3 paaltjies geneem het. Die 0/10 span het op dieselfde dag hul weg wedstryd gespeel en daarin geslaag om met 8 paaltjies te wen. Krugerpark het eerste gekolf en is uitgehaal vir 34 lopies danksy goeie boulwerk deur Hansie van Staden wat 4 paaltjies vir slegs 5 lopies in 6 beurte geneem het. Shaun Steenkamp en Hansie van Staden het die wen lopies geslaan in die 7de beurt. Die tweede span wat tuis gespeel het , het ook hul wedstryd gemaklik met 173 lopies gewen. Die span van Krugerpark is almal uitgehaal vir 49 lopies. Kolwer van die wedstryd was, Marco Engelbrecht met 105 lopies en bouler van die wedstyd was Muller Latergan wat 4 paaltjies geneem het vir 6 lopies in 5 beurte.