Frikwensies hou 10 jaar reünie

THABAZIMBI – Die Frikwensies, revuegroep van Hoërskool Frikkie Meyer vier vanjaar hul 10de bestaansjaar. Gedurende die naweek van 21-22 September word hierdie feesviering aangebied by Hoërskool Frikkie Meyer. Op Vrydagmiddag, 21 September kom al die lede van die revuegroep vanaf 1998 tot 2007 bymekaar en gaan daar op egte Frikwensie wyse “Friends are friends forever” saamgekuier word. Saterdagoggend, 22 September gaan al die ou lede bietjie litte losmaak wanneer hulle ‘n paar Frikwensie treffers gaan inoefen vir die aand se vertoning aangesien daar op Saterdagaand om 18:00 ‘n vertoning aangebied gaan word in die skoolsaal. Die hele gemeenskap van Thabazimbi word uitgenooi om hierdie vertoning waar die oud lede saam met vanjaar se Dexa groep die verhoog gaan betree om hul slag te wys. Kaartjies is beskikbaar teen slegs R10 per persoon en sal vanaf 17:00 op Saterdag aand 22 September by die deure te koop wees. Moenie hierdie besonderse geleentheid misloop nie. Vir meer inligting kan Debré van der Merwe gekontak word by 082 441 4086 of Nelré Benadé by 082 634 4916.