Die Campbells by Bosveld Akademie fondsinsameling.

THABAZIMBI – Bosveld Akademie vir CVO het met hulle jaarlikse fondsinsamelings projek hierdie jaar Die Campbells as gaskunstenaars na Thabazimbi genooi. Hierdie vertoning het op Vrydag aand 7 September, by die Trollope saal wat tipies Country en Western opgemaak was vir die geleentheid, plaasgevind. Die kos was uit die boonste rakke en die gehoor het Die Campbells se optrede terdee geniet. Hulle het party van hul liedjies se woorde op die groot skerm vertoon en die gehoor genooi om hartlik saam te sing. Party se voete het so gejeuk, dat hulle selfs van die dans spasie gebruik gemaak het. Tussendeur is wynbottels en swepe opgeveil wat vir groot opwinding gesorg het aangesien ‘n klein seuntjie ewe braaf namens sy pa begin bie het. Gelukkig was sy pa darem nie te kwaad nie en het in die gees gedeel. Na afloop van die vertoning het Die Campbells CD’s verkoop en boodskappies vir hul bewonderaars geskryf. Dit was voorwaar ‘n baie suksesvolle en genotvolle aand. Hierdie twee broers Tony en Harry Campbell het al tot dusver 292000 cd’s as die Campbells verkoop, 5x goud, 5x platinum en 2x dubbel goud status verdien. Die Kwêvoël was ook daar om hulle tydens hul optrede in die Trollope saal af te neem.

New Boys