Trentyre Pro-20 aandliga krieket

THABAZIMBI – Op Dinsdag 28 Augustus het Amandelbult teen Blue Chip gespeel en Blue Chip het eerste gekolf en 159 lopies aangeteken. Ruan met 39, Cornelius met 24 en Dereck met 19 het goed gevaar. Gerhard met 4/22 het goed geboul. Amandelbult is beperk tot 137 lopies in hul 20 beurte. Donald met 34, Lawrence met 26 en Francois met 23 het goed gevaar. Bertus, Albertus, Ruan, Barend en André het elk ‘n paaltjie geneem. Blue Chip het die wedstryd gewen en 4 punte verdien. In die wedstryd tussen HFM en Tyre Corp wat op Donderdag 30 Augustus plaasgevind het het sake soos volg verloop. Tyre Corp het eerste gekolf en 147 lopies aangeteken. James met 37, Brandt met 30 en Willem met 13 het goed gevaar. Die goeie boulers was Jacques met 3/29 en Rudo met 2/16. HFM is beperk tot 136 lopies in hul 20 beurte. Maurice met 50, Regardt met 27 en Jaco met 10 het baie goed gevaar. Die goeie boulers was Jan met 3/35 en Willem met 2/15. Tyre Corp het die wedstryd gewen en 4 pu nte verdien. Die puntestand lyk dan nou soos volg. Quick Sivils 5, HFM 4, Tyre Corp 4, Blue Chip 4, The Bike Shop 0, Swartklip 0 en Amandelbult 0. In die New Ware Sosiale liga het TC Mining teen Laerskool 1 gespeel. Laerskool het eerste gekolf 134 lopies aangeteken. Muller met 34, Maruis met 12 en Gert ook met 12 het ook goed gevaar. Tok met 3/15 en Smallies met 2/7 het goed geboul. TC Mining is beperk tot 124 lopies in hul 20 beurte. Theo met 39, Hein met 30 en Paul met 14 het goed gevaar. Muller met 2/15 het goed geboul. Laerskool 1 het dan ook die wedstryd gewen en 4 punte verdien.