Stapklub durf Stamvrugroete aan

THABAZIMBI – Stappers van die plaaslike klub het die naweek van 24 tot 26 Augustus 2007 die Stamvrug roete tussen Warmbad en Nylsrtroom gedoen. Dit is ‘n relatiewe maklike roete en is ook deel van die Battaleur Natuurreservaat. Wat besonders is van die roete in die Waterberg, is die hoeveelheid water steeds teenwoordig hierdie tyd van die jaar. Tydens reënseisoen behoort die roete rerig mooi te wees met afwisselende grasvlaktes, berge, rante, poele en tale spruite. Die lekkerste bly nog om vir ‘n naweek op jou eie tyd in die natuur te wees, van basies te lewe, medestappers te leer ken asook mekaar se kennis van die natuur te deel. Kom loop saam en kyk of jy ook so verfrisend terugkeer. Vir meer inligring aangaande Thabazimbi Stapklub, kontak Hugo Coetzee by 014 7721836 of 082 562 5774