Spelers gekeur vir Meesters Toernooi

THABAZIMBI – Die keuring vir die dames bo 45 en die mans bo 50 vir die Meesters Toernooi het op 1 September 2007 op Mokopane plaasgevind. Die meesterstoernooi vind gedurende 24 tot 27 September te Kroonstad plaas. Die volgende spelers sal die Limpopo Jukskei unie verteenwoordig. In die mans A afdeling , Jannie Engelbrecht, Pieter le Roux, Ben Wentzel en Bossie Liebenberg. In die mans B afdeling Giel van Rooyen, Nis Kotze, Daan Botha en Gert Kloppers (kaptein). In die dames 1 afdeling Joyce du Preez, Willie du Preez, Baba Douglas en Adrie Muller (kaptein). In die dames 2 afdeling Liefie Coetzee, Jenny Joubert, Helen van Rooyen en Christien Kloppers (kaptein). Die spanbestuurders is Piet Douglas en Willie Joubert. Maak ook ‘n aantekening van die Biltongfees ope dag wat aangebied word deur die Tarentale klub op 6 Oktober om 8:00. Die kontak persoon vir navra of om in te skryf is De Graaff Genis by 082 902 6997