Kumba vier Vrouedag met glans

THABAZIMBI – Die jaarlikse Kumba – Thabazimbi Myn Vrouedag is op Vrydag 31 Augustus deur bykans 240 vroue bygewoon. Die maatstaf vir hierdie uithang geleentheid word met verloop van elke funksie ietwat gelig, maar die Kumba dames verveel nooit met hul verbeelding nie. Hierdie jaar het hulle, onder leiding van Nelmarie Schutte en Henriëtte Butcher, die dames soos ware koninginne laat voel met die rose en goud dekor, geskenkies vir ieder en elk op die tafels en uitmuntende sprekers, van ‘n skoonheidsdeskundige, ‘n dekor spesialis en ‘n huweliks guru tot Blou Bul afrigter, Heyneke Meyer wat ‘n motiveringspraatjie gelewer het. Moet beslis nie volgende jaar se Vrouedag vieringe misloop nie.