Denton’s Gholfdag reuse sukses

AMANDELBULT – Die afgelope naweek was dit die enige bedrywigheid op Amandelbult se gholfbaan met 64 gholfers wat vir die Denton’s Gholfdag ingeskryf het. Amandelbult gholfklub het weer soos oudergewoonte reggestaan met puik reëlings. So op die warm lente oggend verlede Saterdag het gholfers weer hulle par gewys. Die groot aantal spelers het die dag ook vir groot kompetisie gesorg. Oud en jonk mans en dames het die dag baie geniet. Dit gholfdag is aangebied ten bate van van die Max Ellof kleuterskool op Amandelbult. Volgens Anema Denton het elkeen sy deel gebring en sy beste spel gelewer. Die warm weer het vir hoë tellings gesorg. Daarby het Jacques Labuschagne op die 17de putjie‘n “hole in one” aangeteken. Al die pryse was geborg deur Denton’s vleismark. Anema wil net almal bedank wat die dag moontlik gemaak het, die deelnemers asook die dames van die kleuterskool. ‘n Spesiale dank aan Marilese Joubert, sy het haar kant 110% gebring. Die dames van die kleuterskool het by die watergat worsbroodjies en koue drinkgoed aan die baie dorstige spelers verkoop. Die wenners van die dag was 1ste plek, Chris Grobler, 2de Jacques van Ysen, 3de Anema Denton, 4de Rayn Lugg, 5de Nico Steenkamp, 6de Oupie Prinsloo, 7de Hans Human, 8ste Paul Lugg, 9de Scott Denton en 10de Johan Brits. Die wenner van die Nearest to the pin was J Payne. Baie geluk aan julle almal.

Science Of Sport – Golf

Great Golf Courses Of Southern Africa

Golf: Greatest Ever Moments