Northam VLU hou boomplant dag

NORTHAM – Die VLU tak van Northam het verlede Donderdag hulle bome bespreek, wat gepaard gaan met die jaarlikse plant van bome. Hierdie jaar is daar egter besluit om ‘n uitloopsel van een van die bome te laat uitloop en dan te plant. Die jaarlikse bome vir die streek is die Taaibos en die Gifbruidsbos en die VLU het hulle daarop gefokus om die Taaibos te plant. Die Gifbruidsbos is nie eie aan hierdie streek nie en is ook nie so maklik aanpasbaar nie, maar die Taaibos wel. Die Taaibos se wetenskaplike naam is Rhus pyroides en kom wyd verspreid voor. Die boom is tot 6 m hoog, sy bas is glad, grys en het soms dorings. Eindstandige blaartjies 6-85mm met ‘n leeragtige, haring en graafrandig. Blommetjies van die boom kom in trosse voor wat hang tot en met 100mm, en blom van Augustus tot Maart. Die bessies is gelerig-rooi met ‘n soeterige smaak en is nie giftig nie. Die wortels het medisinale gebruike. Verder vir die oggend het die dames hulle toegespits aan die maak van tafelgewiggies en die beoordeling van alle handgemaakte items wat ingelewer is. Die lede het oudergewoonte ook gesorg vir lekker eetgoedjies wat die dames baie geniet het. As daar enige navrae is kan die skakelbeampte Mari Meintjies geskakel word by 014 786 0304 of 082 086 4915.

Southern African Trees: a Photographic Guide