Geliefde inwoner

THABAZIMBI – Die geliefde Ernst, of soos hy alom bekend was Ernie, Westerman is op Sondag 26 Augustus 2007 oorlede na ‘n kort siekbed. Ernie is op 21 November 1978 gebore. Sy ouers het gedurende 1985 Thabazimbi toe getrek waar Ernie dan ook skool gegaan het tot en met Standard 3.Nadat hy sy matriekjaar aan Meerhofskool voltooi het, het hy teruggekeer na Thabazimbi waar hy in die dorp en daarna by Amandelbult myn werksaam was. Hy het baie mense ontmoet, geken en aangeraak met sy glimlag, vriendelikheid en positiewe houding teenoor die lewe. Mag almal hom so onthou soos wat hy sy merk gemaak het. Hy laat sy ouers en twee susters agter. Die begrafnisdiens vind vandag, Vrydag 31 Augustus 2007, om 12:00 vanuit die AGS Kerk te Thabazimbi plaas.