Junior Gholftoernooi suksesvol

THABAZIMBI – ‘n Junior gholfkompetisie is op 9 Augustus 2007 te Thabazimbi Gholfklub aangebied. Die kompetisie was verdeel in een vir laerskool kinders en ee vir hoërskool kinders.
Die laerskool kompetisie was beslis oor nege putjies slagspel, terwyl die hoërskool kompetisie oor agtien putjies slagspel beslis was.

Die uitslae was as volg:
Laerskool
– 1ste plek Jannie Van Graan
– 2de plek Armand Azar
– 3de plek Michael Benzien
– 4de plek Zander Azar

Hoërskool
– 1ste plek Jaco Prinsloo (72 netto)
– 2de plek Chad Lugg (77netto)
– 3de plek Johan Smit (79 netto)

Na afloop van die kompetisie het die manne ‘n worsbroodjie en koeldrank geniet. Almal was dit eens dat hierdie soort van kompetisie op ‘n meer gereelde basis moet plaasvind en die bestuur van die gholfklub het onderneem om junior kompetisies op die kalender te skeduleer. Dankie ook aan die ouers wat saam met die jong manne gestap en ondersteun het .