Landloop atlete presteer

THABAZIMBI – Verlede Woensdag 1 Augustus het 19 van Laerskool Thabazimbi se landloop atlete aan die tweede Noordwes Noord liga byeenkoms te Mooinooi gaan deelneem. Altesaam 6 skole het aan hierdie byeenkoms deelgeneem wat elkeen 4 atlete in elke ouderdomsgroep ingeskryf het. Vyf atlete van Laerskool Thabazimbi het bewys dat hulle voorwaar lang asems het deur onder die eerste 10 te eindig. Die beste presteerders was Peter Malapane wat ‘n derde plek behaal het en Quinton Botes met ‘n tweede plek.