Jukskei liga uitslae Nylwyksbond

THABAZIMBI – Tien spanne het ingeskryf vir die eerste liga van die seisoen te Thabazimbi en meegeding in afdeling A en C. Die wisseltrofee is oorhandig aan die span wat eerste geëindig het. Uitslae is soos volg. Afdeling A – ses spanne in die eerste plek met 50 punte die Tarentale en die spellers wat die trofee ontvang het was, De Graff Genis (k) en Jan Davel (Mokopane), Koos le Roux (Modimolle) en Daan Nell (Bela- Bela). In die tweede plek was die Olifante van Groblersdal met 39 punte en Thabazimbi was in die derde plek met 36 punte. In die C – afdeling met 4 spanne in dubbelrondte is die eerste plek verower deur Naboompark (Mookgopong) met 59.5 punte. Die spelers wat die trofee in ontvangs geneem het was Helen van Rooyen (k), Peet Mostert, Piet Douglas en Frans Potgieter. Thabazimbi was in die tweede plek met 43.5 punte, die Olifante (Groblersdal) in die derde plek met 41.5 punte en in die vierde plek was die Tarentale (Mokopane) met 35.5 punte. Die volgende liga van die Nylwyksbond sal plaasvind op Groblersdal op 27 Oktober 2007 om 08:00 en word aangebied deur die Olifante Jukskeiklub. Indien enige iemand meer besonderhede verlang of belangstel om in te skakel by die klub kontak gerus vir Berrie Keyser by 082 559 8953.