Vol lewe loop leeg

THABAZIMBI – Neil Stork, is op 13 Julie in die ouderdom van 77 oorlede. Neil, ‘n inowner van die dorp die afgelope 15 jaar, is die laaste drie maande van sy lang en geseënde lewe in die Tambotie Versorgingsentrum versorg. In sy vol lewe het hy deur Afrika gekruis as tegniese adviseur vir alle beesrasse en ook as groot wildjagter. Neil laat agter twee kinders, Win en Willem Wessels en hul twee seuns. Sy roudiens het plaasgevind op Vrydag 20 Julie vanuit die NG Kerk Thabazimbi. Die diens is gelei deur ds Benadé. Familie en vriende bedank elkeen wat die afgelope paar maande betrokke was by sy fisiese en geestelike versorging.