VLU Strewe steun Kansa

THABAZIMBI – Tydens die laaste vergadering het Ds Tinus die dames toegespreek en die onderwerp waaroor hy gepraat het was “Baan die weg vir vroue”. Opnuut het dit die dames weer laat besef hoe belangrik ons rol as vrou in die gesin en selfs in hierdie wêreld waarin ons vandag leef is. Susan Roets het ook tydens hierdie vergadering haar knopie ontvang aangesien dit haar 20ste jaar is wat sy lid is van die VLU. Bets was tydens die vergadering ‘n geskenkie ryker toe sy aangewys is as die lootjie wenner. Bettie Lee het ‘n geldinsamelingsprojek vir Kansa geloots waarin 5c muntstukke bygemekaar gemaak is. Die dames van Strewe het met liefde hul beursies behoorlik leeggemaak. Elke moontlike 5c is opgespoor en ‘n verstommende 6kg muntstukke wat by die R70 getel het is bymekaargekry. Kansa sal op ‘n latere stadium ‘n uitstalling hou waar almal na die miljoen vyf sente kan kom kyk. Kansa nader veral jong entrepreneurs en kleuterskole. Indien u dalk ‘n skenking wil maak of enige verdere besonderhede verlang kan Kansa geskakel word by 014 594 2424.