Skou hoogtepunte

Plaaslike perde-ruiters sal deur die loop van Saterdag 28 Julie skougangers trakteer. Die wenners van die Kodak Baba- en Kleuterkompetisie word om 10:00 op Saterdag 28 Julie op die verhoog aangekondig. Alle ouers van die finaliste word versoek om asseblief die verrigtinge by te woon om te verseker elkeen ontvang hul pryse. Poy is vanjaar een van die kunstenaars wat optree en sal te sien wees tydens die aanwysing van die Babakompetisie wenners. John Edmond is ietwat van ‘n legende rondom kampvure in Zambië, Zimbabwe, Zululand en Walvisbaai en sal Saterdag 28 Julie om 14:30 op die verhoog te sien wees. Die Thabazimbi Boogklub gaan vanjaar gedurende die landbouskou ‘n stalletjie in die Hagel saal, langs die Trollope saal, hê. Daar sal geleentheid wees om met jou eie boog of met een van die klub se boë te skiet, na ‘n ware grootte van ‘n wildsbok. Die Thabazimbi Boogklub nooi ieder en elk uit, van ervare skut tot toeskouer. Rugbygeesdriftiges kan gerus die rugby tussen die Sharks en die Bulls gaan kyk in die biertuin om 15:00. Om 18:00 op Saterdag 28 Julie pak die skopboksers mekaar in die kryt. Die publiek sal dan die geleentheid kry om te sien wat skopboks werklik behels en hoeveel harde oefening hierdie studente insit om op die vlak te kom waarop hul tans kompeteer.